Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Σχετικά έγγραφα
Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Die genade gawes Van God:

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

1 TESSALONISENSE 1:3

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

Die krag / vuur van God:

Geseënd is dié wat rein van hart is!

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Die Sendbrief van Jakobus

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

ישוע. familieboom van Jesus

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Die Vesperdiens vir Palmsondag

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

Deur Christus Alleen

VOLUME AUGUSTUS 2007

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

REFORMASIE. Martin Luther

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

deur CARIKA DU PLESSIS

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

VERSE VAN VEROOTMOEDIGING VERSET. deur. E. van Nantes

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

Meesters vir transparante. 5.1 Meganika

Transcript:

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel Junie 2016 Ps 146: 1, 3 - vooraf Ps 68: 1, 7, 9 - lofpsalm Ps 99: 1, 4, 5 na wet Ps 48: 1, 4, 5 as antwoord op die Woord Ps 63: 2, 3, 6 tydens Barmhartigheidsdiens Ps 46: 1, 2, 3 slotpsalm Lees: Mark 13:1-27. Fokus: vers 1-4 Skrifverklaring. Inleiding Geliefdes wat 'n klomp goed wat Jesus hier sê!? Rowwe goed. Wonderlike goed ook. Verduidelik In vers 2 profeteer Jesus oor-ie verwoesting van-ie Tempel. In vers 26-27 hoor ons van sy finale koms om-ie Koninkryk in al sy volheid en vreugde en vrede en lewe op-ie nuwe aarde te laat kom. 1 Tussen in hoor ons Jesus se waarskuwings teen verleiers valse Christusse valse profete. Jesus vertel van verdrukking. Ook oor sy wil dat die Evangelie aan alle volke verkondig moet word. Nou dit alles begin by Jesus se profesie in vers 2 oor-ie vernietiging van-ie Jerusalem-Tempel. En-it kan ook nooit daarvan losgemaak word nie ook-ie Jesus se wederkoms-ie. 2 1 26a - Die woorde τον υιον του ανθρωπου ερχομενον εν νεφελαις neem ons terug na Dan 7:13-14 - Ek het gesien in die naggesigte, en kyk, met die wolke van die hemel het Een gekom soos die Seun van n mens, en Hy het gekom tot by die Oue van dae, en hulle het Hom nader gebring voor Hom. En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap; en al die volke en nasies en tale het Hom vereer; sy heerskappy is n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie. (Comm on the NT use of the OT bl 227). Jesus profeteer dus hier dat net na die vernietiging van Jerusalem en die Tempel, die vlug verdrukking en die verleiding wat daarmee saamgaan, Hy sal kom met die wolke van die hemel, soos Hy gegaan het, maar nou bekleed met sy ewig onvernietigbare heerskappy en eer en koningskap... Ja, hier profeteer Jesus oor niks anders nie as dat Hy nou die ewige Koninkryk van vrede bring nie (vgl Van Bruggen se Mark komm bl 316-317; Groenewald se Mark kom bl 331-332; Comm on the NT use of the OT bl 228-229). 2 24a - ἀλλά = adversatiewe voegwoord wat 24a vv verbind aan die voorafgaande... maar dan in kontras daarmee (Greek grammer beyond basics bl 671). Wat nou volg is dus nou verbind aan vers 14-23 en die Tempel-vernietiging en ontsettende verdrukking waaroor dit daar gaan (vgl France se Mark komm bl 532). Wat nou volg kom staan egter teenoor daardie gebeure. Hier gaan nou iets anders gebeur. Dis wat die voegwoord ἀλλά vir ons wys (vgl Frqnce se Mark komm bl 532). Verder wys die herhaling van vers 17 se εν εκειναις ταις ημεραις en vers 19 se θλιψιν my ook op die nou verbintenis met vers 14-23 (vgl France se Mark komm bl 532). Die voorsetsel-frase εν εκειναις ταις ημεραις bind vir ons die gebeure van vers 24-25 aan die tyd-sfeer van die vernietiging van Jerusalem en die Tempel, die vlug, verdrukking en verleiding wat daarmee saamgaan dit waarvan vers 14-23 praat (vgl Stein se Mark komm bl 611; France se Mark komm bl 530, 532). Die voorsetsel-frase μετα την θλιψιν εκεινην plaas weereens, soos εν εκειναις ταις ημεραις, die gebeure van vers 24-25 in die tyd-sfeer van die vernietiging van Jerusalem en die Tempel, die vlug, verdrukking en verleiding wat daarmee saamgaan (vers 14-23) (vgl Evans se Mark komm bl 327; Stein se Mark komm bl 611-612). Dit sê egter nog iets. Dit sê ook dat die verdrukking van daardie tyd nou verby is (vgl Evans se

Mar dan met dit alles is Jesus besig om sy dissipels te onderrig te leer te waarsku te bemoedig vir 'n lewe van ware dissipel-wees in-ie wêreld waarin Jesus hulle uitgestuur het om as sy dissipels vir Hom te leef. Toepassing En so is-it ook met ons. Ja wanneer ek en jy in ons lewe waarlik na Jesus gaan en by Hom verlossing uit genade ontvang en 'n nuwe lewe waarin Jesus ons deur sy Gees al meer laat stry teen ons sonde en al meer God-gesentreerd wil laat leef en ons elke keer weer wanneer ons sonde doen na Hom toe bring. Ja wanneer-it so is met ons dan's Jesus se profesie in Mark 13 sy lering sy waarskuwings sy bemoedigings ook vir ons. En nou gaan ons vanoggend wanneer ons weer met ons Markus-preek-reeks aangaan eers net stil staan by vers 1-4 van Mark 13. So Verduidelik Ons gaan kyk hoe hierdie profesie begin en hoe-it inpas by wat in Mark 11-12 gebeur. Want dis nogal belangrik. Ons gaan leer oor hoe Jesus se profesie in vers 2 oor-ie vernietiging van-ie Tempel net mooi alles te doen het met Jesus se wederkoms. Ons gaan ook bietjie ingaan op-ie manier waarop Jesus hier profeteer. En hoe dit wat Jesus hier sê ook op ons van toepassing is. daarom is ons tema Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel En dan gaan ons stil staan In vers 1 by hoe hierdie profesie van Jesus begin en die konteks daarvan. In vers 2 gaan ons fokus op Jesus se profesie self en wat dit te doen het met Jesus se wederkoms die manier waarop Jesus hier profeteer en wat dit vir ons sê. En dan in vers 3-4 gaan ons stil staan Mark komm bl 327; France se Mark komm bl 530, 532). Gevolgtrek: die gebeure van vers 14-23 en die gebeure van vers 24vv is dus baie nou aanmekaar gekoppel. Dis goed wat saamgaan. Vgl ook Mat 24:29 wat sê: En dadelik ná die verdrukking van daardie dae... (Stein se Mark komm bl 612; Van Bruggen se Mark komm bl 311, 315; France se Mark komm bl 532; Ridderbos, De Komst van het Koninkrijk, bl 416-420). 1

by die dissipels se vraag aan Jesus en wat ons daaruit moet leer. 1. So ons begin by hoe Jesus se profesie oor-ie verwoesting van-ie Tempel begin het. A. Vers 1 vertel daarvan. Daar staan: En toe Hy uit die tempel uitgaan, sê een van sy dissipels vir Hom: Meester, kyk watter klippe en watter geboue! Of: 'hoe wonderlik die klippe en hoe wonderlik die geboue' 3 Verduidelik 4 En dan praat hy natuurlik van-ie Tempel waar hulle saam met Jesus besig 5 is om uit te gaan. En regtig: Die boustene en geboue van-ie Tempel was wonderlik indrukwekkend. Verduidelik 6 Miskien moet ons gou iets oor-ie Tempel sê. Hierdie Tempel kan ons ook-ie Herodus-Tempel noem. Herodus en sy seuns het in-ie tyd toe Jesus op aarde was oor Israel regeer. Nou Herodus was-ie 'n Israeliet nie. Hy was 'n Edomiet afstammeling van Esau. En nou-tie Israeliete en die Edomiete nie lang-ie selfde vuur gesit nie. Opmerking Dis 'n waarheid waarvan ons al in Gen 25 lees. En ek gaan nie nou daarop ingaan nie. In elk geval om-ie ondersteuning van die Israeliete te probeer kry het Herodus baie moeite gedoen om-ie Tempel een van-ie indrukwekkendste geboue van daai tyd te maak. 3 1b Ek verstaan die frases ποταποι λιθοι en ποταπαι οικοδομαι as adjek konstruksies (vgl Baljon bl 810). Die ESV gee vir my die betekenis goed weer: what wonderful... what wonderful...! of: 'hoe wonderlik' (France se Mark komm bl 496). Ons het dus hier met 'n opgewonde emosionele uitroep van verwondering te doen (Greek grammer beyond basics bl 60; TDNT vol 3 bl 235; Van Bruggen se Mark komm bl 286). Ek sal vertaal met: 'hoe wonderlik die klippe en hoe wonderlik die geboue' (TDNT vol 5 bl 145). 4 As Mattheus hierdie selfde geskiedenis in Mat 24:1 oorvertel dan vertel hy daar dat toe Jesus... van die tempel vertrek het... sy dissipels nader gekom het om Hom die geboue van die tempel te wys. (Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 286). 5 1a - εκπορευομενου = praes part dep gen ml ev van ε κπορευ ομαι. Die gen part saam met die gen pers vnw αυτου vorm hier 'n gen abs, wat 'n bywoordelike bysin vorm by die hoof-ww λεγει. Hierdie bywoordelike bysin sê vir ons wanneer die hoof-ww plaasgevind het (Greek grammer beyond basics bl 654-655). Omdat ons hier te doen het met 'n praes hoof-ww en 'n praes gen abs, wys die gen abs daarop dat die hof-ww plaasvind tydens die gebeure van die gen abs (Greek grammer beyond basics bl 625-626). Dus: εκπορευομενου αυτου εκ του ιερου het dan die betekenis van 'terwyl Hy uit gaan uit die Tempel' 6 Vgl Duvenage, Dekor van die NT bl 176; TDNT vol 3 bl 233; Van Bruggen se Mark komm bl 286; Stein se Mark komm bl 588; Edwards se Mark komm bl 387; Bybelse Ensoklopedie bl 136 2

Daarom het hy die Tempel uitgebou en vergroot en baie mooier gemaak. Daar was stene in-aai Tempel van 11x5x3 m. Die goed het oor-ie 600 ton geweeg. En verder was-aar marmer en goud en silwer in oorvloed. Josephus 'n Israelitiese geskiedenis-skrywer uit daardie tyd skryf-at die Tempel in die sonlig behoorlik geskitter het. En ouens wat die geskiedenis ken meen dat daar i-naai tyd se bekende wêreld nie nog so 'n indrukwekkende Tempel was nie. En nou staan hier in Mark 13:1 En toe (Jesus) uit die tempel uitgaan, sê een van sy dissipels vir Hom: Meester, kyk hoe wonderlik die klippe en hoe wonderlik die geboue! Verduidelik 7 En dis dit. Hierdie dissipel van Jesus wat sê: Meester, kyk watter klippe en watter geboue! wat Jesus toe in vers 2 laat reageer en profeteer met: Sien jy hierdie groot geboue? en dan praat Jesus oor-ie Tempel Daar sal sekerlik nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie! So dis hoe Jesus se profesie begin. Wat hierdie dissipel in vers 1 vir Jesus oor-ie indrukwekkendheid van-ie Tempel sê bring Jesus by sy profesie in vers 2. B. Maar nou doen vers 1 nog iets. Dit gee ook-ie konteks van Jesus se profesie. Kyk vers 1 sê: En toe Hy uit die tempel uitgaan, sê een van sy dissipels vir Hom: Meester, kyk watter klippe en watter geboue! En dan profeteer Jesus oor-ie Tempel in vers 2. Maar nou-sit as ons hoor dat Jesus sy Tempel-profesie gee as Hy by die Tempel uit gaan dat ons-ie konteks kry. Jesus was by die Tempel. Dis-ie konteks. 8 So wat maak Jesus by die Tempel? Verduidelik 9 Wel miskien moet ons net eers dit sê. Dis nou al-ie derde dag dat Jesus by die Tempel is. En weer van die Tempel af vertrek het. 7 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 288; Evans se Mark komm bl 299; Groenewald se Mark komm bl 317-318 8 1a - Die gen abs frase και εκπορευομενου αυτου εκ του ιερου het die doel om Mark 13:1-2 maar ook die hele Mark 13 te verbind aan die voorafgaande gebeure in die Tempel. Ja, die voorafgaande gebeure van Mark 11-12 is die baie belangrike konteks of agtergrond in die lig waarvan Mark 13 verstaan moet word (France se Mark komm bl 495). 9 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 285 3

Bewys Mark 11:1-11 vertel van-ie eerste dag. Mark 11:12-19 van-ie tweede dag. Die derde dag begin in Mark 11:20. In vers 27 is Jesus weer in-ie Tempel. En dan's Jesus in-ie tempel tot aan die einde van Mark 12. Opmerking Dis waar ons in ons Markus-prediking verlede jaar was. Mark 11-12. En dan-sit nou op hierdie derde dag se laatmiddag dat Mark 13:1 vertel: En toe (Jesus) uit die tempel uitgaan, sê een van sy dissipels vir Hom: Meester, kyk watter klippe en watter geboue! Maar nou-sie vraag: Wat maak Jesus in Jerusalem? Hoekom is Hy by die Tempel? Terugblik 10 Wel in ons Markus-prediking het ons nou al geleer dat Markus van Mark 1:1-8:29 fokus op Jesus se werk in Galilea. Met sy prediking sy wonders sy demoon-uitdrywing wys Jesus: 'Ek-sie Messias die Christus oor Wie die OT-profete geprofeteer het. Ek bring God se Koninkryk op-ie nuwe aarde. Ek oorwin Satan sonde boosheid dood.' 'By My is-aar vergifnis en verlossing uit genade alleen. By My leef jy weer vry onder My goeie heerskappy in diens van God en jou naaste.' En toe? Wel in Mark 8:29 het Jesus se dissipels toe bely: U is die Christus. Maar net daarna van Mark 8:31 af het Jesus begin om vir sy dissipels te sê: ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en die skrifgeleerdes, en hulle sal Hom tot die dood veroordeel en Hom oorlewer aan die heidene; en hulle sal Hom bespot en Hom gésel en op Hom spuug en Hom doodmaak; en op die derde dag sal Hy opstaan. 11 Opmerking Ons hoor-it ook in Mark 9:31 en 10:33-34. En hoekom? 10 Vgl Mark preke by http://gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 11 Mark 10:33-34 4

Verduidelik Wel omdat Jesus nie net die oorwinnende Messias is-ie. Nee! Jesus is ook-ie lyende Kneg oor wie Jes 53 profeteer wat Homself oorgee as 'n losprys aan-ie kruis sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 12 Opmerking In ons prediking kon ons hierby stil staan. En ook by Jesus se dissipel-onderrig wat saamgaan met sy lyding-prediking. Terug by vandag Maar goed dis hoekom Jesus in Mark 13:1 nou al vir-ie derde dag in Jerusalem in-ie Tempel is. Hy's hier om te ly en vir sy gelowiges-ie ewige lewe te gee. Soos Hy in Mark 8:31 en 9:31 en 10:33-34 verkondig het. Oorgang Maar nou-saar tog iets wat ons moet laat wonder. Jesus is nou al vir drie dae in Jerusalem. Elke dag was Hy en sy dissipel by-ie Tempel. Vir wat op aarde is-it dan dat hierdie dissipel nou eers op die derde dag as hulle by die Tempel uitgaan vir Jesus in vers 1 sê: Meester, kyk watter klippe en watter geboue! Verduidelik 13 En by-it alles. Die Tempel is mos-ie vir hierdie ouens iets nuuts nie. Ek meen hulle is Israeliete. Hulle kom al van kleins af by die Tempel. So ja hoekom nou op-ie derde dag vir Jesus sê: Meester, kyk watter klippe en watter geboue! Wel dis as ons hierop ingaan dat ons nog 'n belangrike stuk konteks kry vir Jesus se profesie in vers 2. C. So kom ons doen-it. Kom ons probeer bietjie agterkom wat in hierdie dissipel aan-ie gang was. Dit wat maak dat hy in vers 1 toe hulle by die Tempel uitgaan vir Jesus sê: Meester, kyk watter klippe en watter geboue! Terugblik 14 Ons kom-it nogal agter as ons terugdink aan ons Mark 11-12-prediking verlede jaar. Toe't ons geleer dat hierdie derde dag in-ie Tempel 'n rowwe dag was. 12 Joh 3:16 13 Vgl Stein se Mark komm bl 588; Van Bruggen se Mark komm bl 286-287 14 Vgl Mark 11-12 preke by http://gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 5

Dit was 'n dag waarin-ie Tempel-owerhede die Skrifgeleerdes en die owerpriesters se vyandigheid teenoor Jesus behoorlik uit hulle geborrel het. Van Jesus as Messias wou hulle net niks weet-ie. En nou was-it op hierdie derde dag dat hulle aanmekaar probeer het om Jesus uit te lok om iets te sê wat hulle in 'n saamsweer-hofsaak teen Jesus kon gebruik om Jesus skuldig te bevind en Hom dood te kry. Nou ja hulle kon-it toe nie reg kry nie. Maar daar'tit nie gebly nie. Jesus het hierdie Tempel-owerhede se valse skyn-godsdiens en vyandigheid behoorlik ontmasker. Bewys Mark 12:35-44 vertel daarvan. Maar Jesus het nog verder gegaan. Met absolute Messiaanse en Goddelike gesag het Jesus sy oordeel oor hulle verkondig. Bewys I In-ie gelykenis van die bose wingerd-boere in Mark 12:1-12 doen Jesus-it. II Maar Jesus doen-t ook as Hy die Tempel reinig. Mark 11:17 vertel daarvan. Verduidelik Jesus sê daar: Is daar nie geskrywe: My huis moet n huis van gebed genoem word vir al die nasies nie? En dan haal Jesus aan uit Jes 56:7. Maar met al die skyn-godsdiens en self-gesentreerde geldmakery in-ie Tempel was-ie Tempel nie meer 'n plek waar mense uit alle volke soos-it al in-ie OT die HERE se wil was die HERE kon ontmoet nie en met die HERE in 'n lewende verbondsverhouding kon tree nie. Daarom dat Jesus verder gepraat het in Mark 11:17 en gesê het: Is daar nie geskrywe: My huis moet n huis van gebed genoem word vir al die nasies nie? Maar julle het dit n rowerspelonk gemaak. En dan kom hierdie laaste woorde van Jesus uit Jer 7:11. En dis wanneer Jesus aanhaal uit Jer 7:11 dat sy oordeel ook oor-ie Tempel begin deurskemer. Verduidelik Want wanneer Jesus uit Jer 7:11 die Tempel 'n rowerspelonk noem dan kan ons-itie losmaak nie van Jer 7:14 6

waar die HERE sê: daarom sal Ek... die huis (die Tempel) waaroor my Naam uitgeroep is... en... die plek wat Ek aan julle en julle vaders gegee het... verwoes. Terug by vandag En nou-sit na dit alles aan-ie einde van hierdie verskriklike drie dae in-ie Tempel met aan-ie een kant hierdie vyandigheid teen Jesus en-ie verwerping van Jesus en aan-ie anderkant Jesus se oordeel oor-ie Tempel-owerhede en sy oordeel teen die Tempel self wat begin deurskemer dat hierdie arme dissipel in Mark 13:1 toe Jesus uit die tempel uitgaan... vir Hom sê: Meester, kyk watter klippe en watter geboue! En dit moes sekerlik in hierdie ou se hart gewoel het. Wat gaan nou gebeur? Wat hou Jesus se oordeel oor-ie Tempel-owerhede vir-ie Tempel in? Verduidelik 15 Ja dit moes erg gepla het. Want die Tempel was vir-ie Israeliete geweldig belangrik. Dit was tog die teken die simbool van-ie HERE se teenwoordigheid. 16 In Ps 68:17 het hulle byvoorbeeld gesing: die HERE sal daar woon tot in ewigheid. So ja wat gaan gebeur? En-is teen hierdie agtergrond van vyandigheid teenoor Jesus die verwerping van Jesus Jesus wat sy oordeel uitspreek en die onsekerheid van-ie dissipels dat ons vers 1 moet verstaan: Meester, kyk watter klippe en watter geboue! Verduidelik En dan-sit nie maar net om te sê nie soos 'n toerus: 'Wow Jesus kyk aan jou regterkant die pragtige Tempel!' Nee as hierdie dissipel hier praat dan gaan-ie afgelope drie dae se kan wurms oop met 'n hele klomp goed wat in-ie dissipels se harte woel. Oorgang En dan? Wel dan kom Jesus se profesie in vers 2: En Jesus antwoord en sê vir hom: Sien jy hierdie groot geboue? Daar sal sekerlik nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie! 15 Vgl NIDOTTE vol 4 bl 1314-1315; Van Leeuwen se Mark komm bl 229-230; Morris se Mat komm bl 595; France se Mark komm bl 436-437; Van der Walt, Die Messias het gekom, bl 255 16 Bv Eks 28:8 7

2. En kom ons staan nou hierby stil. By Jesus se Tempel-verwoesting profesie: Daar sal sekerlik nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie! Verduidelik 17 So baie reguit sê Jesus-it nou. Dit wat in die afgelope drie dae begin deurskemer het is nou baie duidelik: Dis verby. Die Tempel gaan verwoes word. Alles afgebreek word. Kultuur-histories 18 En-it het gebeur. So 37 jaar na Jesus se kruisiging het-it gebeur! Dit was verskriklik. Titus, die seun van die Romeinse keiser, Vespasianus, met sy weermag van 65 000 man het teen Jerusalem opgetrek. Dit was-ie tyd van-ie pasga-fees. Duisende Israeliete het opgetrek na Jerusalem. Titus het gewag tot almal in Jerusalem was. Toe omsingel hy-it. En toe begin die uitdelging. Van huis tot huis het die gevegte gewoed. Die bloed het geloop. Vlugtelinge is by hulle hordes gekruisig. Ander se hande is afgekap en skreeuend van pyn is hulle terug in Jerusalem in gejaag. En in-ie stad? Wel daar-tie kos al minder geword. So min dat mammas hulle eie babas geëet het. En-ie Tempel? Dis totaal vernietig. A. So Jesus praat-ie waarheid hê? Kom ons leer dit vandag van Jesus. Hy praat die waarheid. Dit wat hy profeteer gebeur. En verder: Jesus se oordeel woed verskriklik teen 'n Tempel vol skyn-godsdiens waar alles van buite pragtig skitter maar in tussen is-aar geen ware geloof-ie geen ware verhouding met-ie HERE geen slef-opofferende liefde en God-gesentreerdheid nie wat dan maak dat die Tempel nie meer 'n plek is waar mense uit alle volke 17 Vgl Edwards se Mark komm bl 388; Stein se Mark komm bl 588; Van Bruggen se Mark komm bl 288; Evans se Mark komm bl 299; Groenewald se Mark komm bl 317-318 18 Vgl Duvenage, Die Dekor van die NT bl 127 8

die HERE in 'n ware verbondsverhouding kan ontmoet-ie. Dit wat volgens Jes 56:7 die HERE se doel met-ie Tempel is. Ja teen so 'n Tempel woed Jesus se oordeel. Dis wat Jesus in vers 2 sê. Toepassing 19 Weet julle: Jesus se profesie van vers 2 teen-ie Jerusalem-Tempel moet ook met ons praat. Onthou in-ie NT is-ie plaaslike Kerk die Tempel van God. Nie ons Kerk-gebou nie. Ons as Kerk. Paulus leer dit bv in 1Kor 3:16. So watter soort Godsdiens gaan Jesus by ons kry? En gaan Jesus van ons kan sê: 'Ja hier's 'n Tempel in Daspoort waar mense uit alle volke My kan ontmoet.' Hê geliefdes hoe lyk-it met my en jou? B. Maar weet julle. Nou's Jesus se profesie nie net vol waarskuwing en oordeel-ie. Nee Jesus se Tempel-verwoesting-profesie van vers 2 gee ook wonderlike troos en hoop. Hoe so? Wel ons sien-it as Jesus in sy profetiese-onderrig aan sy dissipels in vers 14-27 in meer detail praat oor-ie verwoesting van-ie Tempel. So kom ons kyk na vers 14-27. Daar staan in vers 14: En wanneer julle die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan waar dit nie behoort nie laat hom wat lees, oplet dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug. Verduidelik 20 En ons sal nog in ons prediking in meer detail hierop ingaan. Vir nou-sit belangrik dat ons moet weet dat-ie gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël... oor niks anders gaan-ie as-ie verwoesting van-ie Tempel. Lukas vertel byvoorbeeld in Luk 21:20 dat Jesus hier ook gepraat het van: En wanneer julle Jerusalem deur leërs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting (en dan ook-ie Tempel sin) naby is. So ja in Mark 13 van vers 14 af gaan Jesus in meer detail in op-ie Tempel-verwoesting waaroor Hy in vers 2 profeteer. 19 Vgl Stein se Mark komm bl 592 20 Vgl Ridderbos, De Komst van het Koninkrijk, bl 416-418; Van Bruggen se Mark komm bl 305, 307, 311. 9

En dan sê Jesus daar: En wanneer julle die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan waar dit nie behoort nie... dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; en wie op die dak is, moet nie afkom in die huis en ook nie ingaan om iets uit sy huis weg te neem nie; en wie op die land is, moet nie omdraai na wat agter is om sy kleed weg te neem nie. Dis vers 14-16. Kyk wat sê Jesus in vers 19 oor hierdie Tempel-verwoesting tyd. Hy sê: daardie dae sal daar n verdrukking wees soos daar nie gewees het van die begin van die skepping af wat God geskape het tot nou toe, en ook nooit sal wees nie. Maar kyk nou wat gebeur as Jesus by vers 24-27 kom. Jesus sê daar: Maar in daardie dae, ná dié verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word. En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid. En dan sal Hy sy engele uitstuur, en Hy sal sy uitverkorenes uit die vier windstreke versamel, van die einde van die aarde af tot by die einde van die hemel. Verduidelik 21 Nou waaroor Jesus in vers 24-27 praat gaan oor niks anders-ie as sy wederkoms en-ie finale koms van-ie Koninkryk. Bewys 22 Want Jesus is-ie Seun van-ie mens wat kom op die wolke vers 26. Nou met hierdie woorde vat Jesus ons natuurlik terug na Dan 7:13-14. Dis-ie profesie oor-ie Seun van-ie mens. Hy-sie ware regverdige mens die tweede sondelose Adam die Messias uit Dawid wat tegelyk ook God is. Nou in Dan 7:13-14 word gesê dat die Seun van-ie mens kom op die wolke En aan Hom is gegee heerskappy en eer en koningskap... sy heerskappy is n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, 21 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 316-317; Groenewald se Mark kom bl 331-332; Comm on the NT use of the OT bl 228-229 22 Vgl Comm on the NT use of the OT bl 227 10

en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie. So dis waaroor vers 24-27 gaan. Dit gaan oor Jesus se wederkoms. Dit gaan oor-ie finale koms van-ie Koninkryk van vrede op-ie nuwe aarde. Verduidelik 23 Maar sien julle nou wat maak Jesus? Jesus bind die verwoesting van Jerusalem en-ie Tempel en-ie skrikwekkende verdrukking daarmee saam direk vas aan-ie finale koms van-ie Koninkryk: Maar in daardie dae, ná dié verdrukking... sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom... As Mattheus hieroor vertel in Mat 24:29 dan wys hy dat Jesus-it eintlik nog sterker gestel het. Jesus sê daar: En dadelik ná die verdrukking van daardie dae... Opmerking Nou oor hoe ons-it nou presies moet verstaan sal ons nou-nou 'n bietjie dieper op ingaan. Toepassing Vir nou moet ons raaksien: Daar's ook hoop en troos in Jesus se Tempel-vernietiging-profesie van vers 2. Want Tempel-vernietiging en-ie finale koms van-ie koninkryk op-ie nuwe aarde bind Jesus net onlosmaaklik aan mekaar. Dis wat Jesus ons wys in sy profetiese-onderrig in vers 14-27. Ja Jesus wil hê ons moet dit sien! Tempel-vernietiging lê op-ie pad na die nuwe aarde en-ie nuwe Jerusalem waaroor Openb 21 praat. En dan sê Johannes in Openb 21:22 En n tempel het ek nie daarin (die nuwe Jerusalem) gesien nie, 23 24a - ἀλλά = adversatiewe voegwoord wat 24a vv verbind aan die voorafgaande... maar dan in kontras daarmee (Greek grammer beyond basics bl 671). Wat nou volg is dus nou verbind aan vers 14-23 en die Tempel-vernietiging en ontsettende verdrukking waaroor dit daar gaan (vgl France se Mark komm bl 532). Wat nou volg kom staan egter teenoor daardie gebeure. Hier gaan nou iets anders gebeur. Dis wat die voegwoord ἀλλά vir ons wys (vgl Frqnce se Mark komm bl 532). Verder wys die herhaling van vers 17 se εν εκειναις ταις ημεραις en vers 19 se θλιψιν my ook op die nou verbintenis met vers 14-23 (vgl France se Mark komm bl 532). Die voorsetsel-frase εν εκειναις ταις ημεραις bind vir ons die gebeure van vers 24-25 aan die tyd-sfeer van die vernietiging van Jerusalem en die Tempel, die vlug, verdrukking en verleiding wat daarmee saamgaan dit waarvan vers 14-23 praat (vgl Stein se Mark komm bl 611; France se Mark komm bl 530, 532). Die voorsetsel-frase μετα την θλιψιν εκεινην plaas weereens, soos εν εκειναις ταις ημεραις, die gebeure van vers 24-25 in die tyd-sfeer van die vernietiging van Jerusalem en die Tempel, die vlug, verdrukking en verleiding wat daarmee saamgaan (vers 14-23) (vgl Evans se Mark komm bl 327; Stein se Mark komm bl 611-612). Dit sê egter nog iets. Dit sê ook dat die verdrukking van daardie tyd nou verby is (vgl Evans se Mark komm bl 327; France se Mark komm bl 530, 532).Gevolgtrek: die gebeure van vers 14-23 en die gebeure van vers 24vv is dus baie nou aanmekaar gekoppel. Dis goed wat saamgaan. Vgl ook Mat 24:29 wat sê: En dadelik ná die verdrukking van daardie dae... (Stein se Mark komm bl 612; Van Bruggen se Mark komm bl 311, 315; France se Mark komm bl 532; Ridderbos, De Komst van het Koninkrijk, bl 416-420). 11

want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam. wat eenmaal die ou-jerusalem-tempel vol skyn-godsdiens uitgewis het. Oorgang Dis wonderlik hê? Jesus se Tempel-vernietiging-profesie van Mark 13:2 waarsku vanoggend maar-it gee ook wonderlike troos en hoop. C. Maar nou-saar nog een iets hier by Jesus se Tempel-vernietiging-profesie in vers 2. En dis-at as-it so is en-it is so dat Jesus sy wederkoms direk vasmaak aan-ie verwoesting van-ie Tempel hoe moet ons-it verstaan? Dis tog goed uit die res van-ie Bybel leer ons-it tog wat nie so opmekaar en by mekaar lê nie. En nou sal bose ongelowige mense iets soos hierdie vat en vol arrogansie sê: 'Ja kyk nou daar! Jesus was toe verkeerd. Jesus se wederkoms het toe nie dadelik na-ie verwoesting van-ie Tempel gekom-ie. So pe-we die Bybel is-ie betroubaar nie.' So wat-s dan ons antwoord? Verduidelik 24 Wel ons moet onthou Jesus is in Mark 13 besig met profesie. En profesie is-ie die selfde as 'n stuk geskiedenis waar moeite gedoen word om gebeure in presiese volgorde met datums weer te gee nie. Nee Hoe? profesie werk anders. Wel ons sien-it nogal baie in-ie OT-profete ek dink nou bv aan Joël 2:18-32. 25 Joël profeteer oor-ie HERE se oordeel deur 'n sprinkaan-plaag. Daar en toe in Israel. Maar dan beloof-ie HERE ook herstel. Maar dan direk daarna so beloof die HERE sal Hy die Heilige Gees uitstort. Iets wat eers in Hand 2 gebeur na Jesus se heelvaart So dinge wat oor 'n lang tye gebeur en ver uitmekaar word in profesie baie maal saam gebondel. 24 Vgl Ridderbos, De komst van het Koninkrijk, bl 416-419, 444-445; Ladd, A Theology of the NT, bl 198. 25 Vgl Reformation study Bible bl 1256-1257, 1261-1262 12

En dis wat Jesus hier in Mark 13 doen. Jesus bondel Tempel-verwoesting en-ie finale koms van die koninkryk bymekaar juis omdat Hy ons wil wys dat dit goed is wat bymekaar hoort en met mekaar te doen het. Voorbeeld Ek weet-ie wie van julle het al bv in-ie Drakensberge geklim-ie. Maar as jy daar voor-ie berg by die kamp-plek opkyk na die piek toe waarheen jy wil klim dan sien jy net een groot stuk berg wat op en op loop tot by die piek. Maar as jy eers in die berg is dan sien jy 'n hele klomp valleie voor jy by die piek kom. So daar van die kamp-plek af het jy die een groot prentjie gesien nie al die detail nie. En dis wat Jesus hier in Mark 13 ook doen. Hy gee ons-ie groot prentjie. Hy gee ons-ie een groot berg die groot eenheid. En hierin sit Tempel-verwoesting en-ie finale koms van-ie koninkryk in 'n eenheid bymekaar. Maar dan net so belangrik is-at Jesus in Mark 13 ook vir ons merkers gee om te sien dat dit goed is wat nie in tyd so bymekaar lê nie. So alhoewel Tempel-vernietiging en wederkoms saam hoort oor die selfde waarhede gaan en ons dan ook in-ie Tempel-verwoesting iets oor Jesus se wederkoms moet leer is-it nie goed wat in tyd bymekaar is nie. Opmerking En soos deur Mark 13 gaan werk sal ons nog meer hieroor by Jesus leer. Oorgang 26 En ook oor wat ons moet verwag op pad na die finale koms van die Koninkryk en baie belangrik: Ook oor hoe ons nou-en-hier vir Jesus moet leef terwyl-ie Koninkryk nog-ie finaal gekom het nie. Toepassing Want dit gebeur so maklik dat dissipels ook ons vandag so op die verwoesting van-ie Tempel en-ie einde fokus dat ons nie hier-en-nou vir die HERE leef-ie. En-it was nogal 'n probleem by Jesus se dissipels. En ons sien-it in hulle vraag in vers 4. 26 Vgl Edwards se Mark komm bl 390; Groenewald se Mark komm bl 318; Grogan se Mark komm bl 223; Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 3 bl 117; Van Der Walt, Die Messias het gekom, bl 255-256 13

3. So kom ons gaan na die dissipels se vraag toe sodat ons hulle fout kan raaksien en hoe nodig ons Jesus se onderrig in vers 5-37 het. Nou na Jesus se Tempel-verwoesting-profesie van vers 2 toe Jesus-hulle teen laatmiddag by die Tempel weg is was die dissipels maar stil. 27 Dis eers as hulle saam met Jesus op-ie Olyf-berg aan kom soos vers 3 vertel dat hulle weer praat in vers 4. Verduidelik 28 Nou die Olyf-berg lê oos van Jerusalem en-ie Tempel. Julle kan in-ie Basuin kyk daar-s 'n kaart wat jou darem 'n idee gee. En dan was-ie Olyf-berg ook hoër as-ie koppie waarop-ie Tempel daar in Jerusalem gestaan het. Dit lyk vir my so omtrent 70m hoër. So as jy op die Olyf-berg was dan het jy 'n lekker uitsig op die Tempel gehad. En nou sê vers 3: En toe Hy (Jesus) gaan sit het op die Olyfberg, regoor die tempel, vra Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas Hom afsonderlik. Of op hulle eie. 29 Verduidelik 30 So daar'sie meer tempel-owerhede en 'n skare mense by Jesus en sy dissipels nie. Nee hulle is nou op hulle eie. En dan vra Petrus en Jakobus en Johannes en Andréas in vers 4 vir Jesus: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken wanneer al hierdie dinge volbring word? 27 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 289 28 Die Olyfberg is oos van Jerusalem Sag 14:4 (Vgl Bybelse Ensoklopedie bl 77, 79, 360). Vanaf die Olyfberg kan jy uitkyk oor Jerusalem en die Tempel (Luk 19:29,37). Die berg is dus hoër (809 m bo see vlak) as die stad en die Tempel-berg (740 m bo seevlak). Tussen die Tempel-berg en die Olyfberg lê die Kedron vallei (Bybelse Ensoklopedie bl 360; Edwards se Mark komm bl 389). 29 3a - Die voorsetsel-frase κατ ιδιαν het die betekenis van 'apart' (Baljon bl 446) en is bywoordelik en sê hoe πετρος και ιακωβος και ιωαννης και ανδρεας Jesus gevra het. Die ESV vertaal met: Peter and James and John and Andrew asked him privately... 30 3a - 'Op hulle eie' beteken nie dat net πετρος και ιακωβος και ιωαννης και ανδρεας met Jesus kom praat het, en dat die ander dissipels nie ook daar was nie. Nee. Wanneer Mattheus hierdie geskiedenis in Mat 24:3 vertel sê hy: kom die dissipels alleen na Hom en sê... Dit lyk dus asof die dissipels hier alleen saam met Jesus is. Die skare van die tempel (11:27-12:44), is nou nie meer saam met hulle nie. En dan tree πετρος και ιακωβος και ιωαννης και ανδρεας op as die woordvoerders (vgl Van Bruggen se Mark komm bl 290). 14

Verduidelik 31 Nou as Petrus-hulle praat oor hierdie dinge dan gaan-it oor Jesus se Tempel-verwoesting-profesie in vers 2. So in vers 4 vra hulle vir Jesus wanneer die Tempel verwoes gaan word. En dan vra hulle daarby vir 'n teken. 32 Iets wat vir hulle duidelik sal wys dat dit verwoesting van die Tempel nou op die punt is om te gebeur. 33 Skrif met Skrif 34 As Mattheus in Mat 24:3 vertel van hierdie vraag van-ie dissipels dan sien ons dat dit ook vir die dissipels baie vas gestaan het dat Tempel-verwoesting en-ie einde van-ie wêreld op die selfde tyd gaan gebeur. Toepassing 35 Maar nou net hier in-ie dissipels se vraag moet ons 'n gevaar raak sien. Vir hulle maar ook vir ons. I En dis-at jy so besig raak met die wanneer en die tekens van-ie einde dat jy die lewe hier-en-nou in gehoorsaamheid aan Koning Jesus onder vergeet dis-ie meer vir jou belangrik nie. En dis verkeerd. Want dan raak ons self-gesentreerd besig om in ons eie kloosters te leef. Want ons net besig met die einde en nie om hier-en-nou God-gesentreerd vir Jesus te leef nie. II Verder en dis nogal veral 'n gevaar vir-ie dissipels daar by Jesus op die Olyf-berg. Die dissipels het net hulle fokus op Jerusalem en dat die einde kom saam met die verwoesting van die Tempel En so verloor hulle hul fokus op-ie wonder van-ie finale koms van die Koninkryk en die nuwe aarde deur Jesus. En dis vir ons ook 'n gevaar. 31 4b - ταυτα = naby aanwysende vnw ons mv van ου τος, met die betekenis van 'hierdies'/ 'hierdie dinge'. Die naby aanwysing van 'hierdie dinge' is dan dit waaroor Jesus praat in vers 2 as Hy profeteer oor die Tempel se vernietiging en wat daarmee gepaard gaan... want die Tempel se verwoesting gaan mos gepaard gaan waarskynlik met iets soos 'n oorlog (vgl Greek grammer beyond basics bl 333; Van Leeuwen se Mark komm bl 230; Stein se Mark komm bl 590; Evans se Mark komm bl 304). 4d - παντα ταυτα is, so meen ek, die selfde goed as waarna ταυτα verwys in 4b. Dit gaan dus hier steeds om die verwoesting van die Tempel waaroor Jesus profeteer in vers 2. So verstaan Lukas dit ook wat in Luk 21:7 net ταυτα het en nie παντα ταυτα soos Markus nie (vgl Stein se Mark komm bl 590; France se Mark komm bl 507). 32 Vgl Van Leeuwen se Mark komm bl 231; Stein se Mark komm bl 590, 591; Evans se Mark komm bl 304 33 Vgl TDNT vol 7 bl 231, 232; Van Leeuwen se Mark komm bl 231; Evans se Mark komm bl 304 34 Vgl Edwards se Mark komm bl 390; Groenewald se Mark komm bl 318; Grogan se Mark komm bl 223; Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 3 bl 117 35 Vgl Van Der Walt, Die Messias het gekom, bl 255-256 15

As ons vasgevang word deur die hier-en-nou sonder fokus op Jesus en-ie finale kom van-ie Koninkryk dan word ons morbiede moedelose depressiewe gefrustreerde mense sonder hoop. Want regtig. Niks in hierdie wêreld gee regtig hoop en vreugde nie. Dis alleen Jesus. Maar juis daarom het die dissipels Jesus se onderrig in vers 5-37 so nodig. Maar ook ons. Ons wat vandag dissipels is. Ons het dit ook nodig. Slot 36 En as die HERRE wil sal ons volgende week met Jesus se onderrig begin. En sien dat dit onderrig is I wat ons realisties maak oor die wêreld waarin ons leef. Moenie nou al die paradys verwag nie. Die pad oor-ie verwoeste Tempel na die finale koms van die Koninkryk is 'n pad vol krisisse. II Daarom roep Jesus se onderrig in vers 5-37 ons weereens op om ons self te verloën en ons kruis te neem en Jesus te volg. Soos Jesus ons geleer het in mark 8:34. Ja verlos uit genade alleen om nou dissipels van Jesus te wees en om Hom te volg beteken dat ons soos Jesus deur 'n klomp krisisse en verdrukkinge die Koninkryk gaan ingaan. III Maar dan gee Jesus ook die heeltyd hoop en troos. Want so seker as wat die Tempel verwoes is so seker sal die volheid van die Koninkryk van vrede op die nuwe aarde kom Hoekom? Wel omdat Jesus ons vandag gewys het dat Hy hierdie twee goed onlosmaaklik aan mekaar bind. Tempel-verwoesting en-ie finale koms van die Koninkryk gaan altyd saam. IV En by-it alles is Jesus almagtig-soewerein in beheer. Die heeltyd is Jesus besig om te regeer. Soos Hy profeteer so sal-it gebeur. Amen. 36 Vgl English se Mark komm bl 209-210; Stein se Mark komm bl 591-592 16