Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

Σχετικά έγγραφα
Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Die regering van die Kerk 1Tim 3: Tim 3:8-9 se diaken-merktekens en vers 10 se Gemeente-roeping daarby.

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Mark 12: Die koms van die Sadduseërs, hulle strikvraag oor die opstanding, en Jesus se reaksie daarop. Junie 2015

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Die regering van die Kerk 1Tim 3:6-7. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (d).

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met sy dissipels.

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Dan 6:1-29. Fokus: vers 1-25 Net soos in Babilon... is God ook in die ryk van die Meders-en-Perse besig... om sy Koninkryk te laat kom.

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

NAGMAAL TITUS 3:4. Beskrywings van die verlossingswerk van die Here in 1 Tim 1:12-18; 2:1-6; 3:14-16; 2 Tim 1:6-11; 2:8-11; Tit 2:11-14 (AV 1983/91)

Die genade gawes Van God:

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Psalm 13. Van klaaglied tot loflied.

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

1 TESSALONISENSE 1:3

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

Mark 15:16-28 Die aandeel van Pilatus se Romeinse soldate in Jesus se lyding. En die lering daarin. Desember 2016

οτε εγγιζουσιν Grammatika + Woordstudie

Die krag / vuur van God:

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Teks & Vers: Gestuurde Liefde EK IS DEUR DIE VADER GESTUUR! KERSFEES 2017 DIE HEILIGE GEES LEWENSLANGE GIDS ONS GESELS MET:

Skriflesing: Johannes 8:1-11; 1 Korinthiërs 6:12-20 Heidelbergse Kategismus: Sondag 41. Teks: 1 Korinthiërs 6:13c;

Dis oor hierdie saak wat die Here Jesus hier praat en, kort saamgevat, vir ons så: - vrees God, nie mense nie!

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Geseënd is dié wat rein van hart is!

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

1 Weeklikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asb. nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou eie

1 Daaglikse Gebed: Gebruik hierdie gebed slegs as n model (riglyn), moet dit asseblief nie woord vir woord aflees nie, onthou, hoe meer jy van jou

Die Sendbrief van Jakobus

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Jakobus hoofstuk 1 Agtergrond Die Skrywer: die halfbroer van Jesus

Die Vesperdiens vir Palmsondag

God is groter. 1. Wat ʼn ontoeganklike lig bewoon. Op soek na God se beeld. Beelde is verbode! Net n Stem!

Die Kerk. SKIETLOOD: 93e Uitgawe 12 Augustus 2016 saam met Koersvas 93

EKSODUS. Van slawerny tot aanbidding. Dr J de Koning

ישוע. familieboom van Jesus

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

Daar is verskillende woorde waarmee die Bybel beskryf hoe die besondere dinge aan die gelowiges openbaar word:

SKIETLOOD: 87e Uitgawe 20 Mei 2016 saam met Koersvas 87

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

Teen dié agtergrond is Maleagi se boodskap tot vandag toe aktueel: Die eise van God geld nou en vir altyd en is daar om nagekom te word!

Deur Christus Alleen

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

1 Donderdag. Moses probeer met die Here oor sy toekoms onderhandel. Hier by die brandende doringbos ~ 4 ~

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

deur CARIKA DU PLESSIS

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

HOOFSTUK 4 DIE ETIEK IN KOLOSSENSE

ALGEMENE SINODE 2012 SE TERUGVOERING

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Selibaat. Die verstaan van die konsep van ʼn selibate leefstyl, vanuit 1. Korintiërs 7:1-28, en die verantwoordelike gebruik van die.

REFORMASIE. Martin Luther

WIE HET WERKLIK DIE BYBEL GESKRYF?

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

DIE EERSTE BEGINSELS VAN DIE WOORD, DIE IMPLIKASIE VAN HEB 5:12 VIR KERK EN TEOLOGIE

Transcript:

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting November 2014

Ps-vooraf Ps 42: 2, 3 Ontmoetingsdiens. Votum. Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Amen Seëngroet Gemeente van ons Here Jesus: Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Heilige Gees Amen. Lofprysing Ps 122: 1, 2 Geloofsbelydenis Verootmoediging en Versoeningsdiens. Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20. Psalm na die wet Ps 25: 3, 4 1

Gebed om skuldbelydenis en verligting. Psalm na gebed Ps 36: 3 2

Woorddiens. Die Woord van die HERE spreek tot ons uit 1Tim 2-3 Psalm as antwoord op die Woord Ps 89: 6 Ons Fokus op 1Tim 3:14-16 Skrifverklaring Inleiding Geliefdes in vers 14 sê Paulus vir Timoteus: 1 Ek skryf jou hierdie dinge... Verduidelik 2 Nou vers 14 se hierdie dinge is dit waaroor Paulus so pas in 1Tim 2:1-3:13 geskryf het. So hierdie dinge van vers 14 gaan alles oor'ie inrigting-en-regering van die Kerk. Want dis mos waaroor Paulus in 1Tim 2-3 skryf. En die afgelope tyd kon ons meer hieroor leer. Maar nou sê Paulus oor hierdie Kerk-regering-en-inrigting dinge vir Timoteus in 1Tim 3:14-15: Ek skryf jou hierdie dinge in die hoop om gou na jou te kom. Maar as ek vertoef, (skryf ek, 3 sodat) jy kan weet 1 σοι by ταυτα σοι γραφω = persoonlike vnw 2de ev dat van συ, met die betekenis van 'vir/ aan jou'. Die 'jou' verwys hier terug na 'n vorige referent (Greek grammer beyond basics bl 324). In 1Tim 1:18, die vorige keer waar ek σοι aantref, identifiseer Paulus σοι as Timoteus ταυτην την παραγγελιαν παρατιθεμαι σοι τεκνον τιμοθεε. Dus: Paulus skryf 'hierdies' aan Timoteus; vgl ook 1Tim 1:1 (vgl Reformation study Bible bl 1755; Ridderbos se 1Tim komm bl 100; Knight se 1Tim komm bl 178). 2 ταυτα = aanwysende vnw (naby referent) ons mv van ου τος (Greek grammer beyond basics bl 325; Knight se 1Tim komm bl 178). Die mv ons van ου τος verwys hier nie na 'n spesifieke 'iets' wat in getal en geslag ooreenstem nie. Nee, die mv ons van ου τος word gebruik om terug te wys na 'n hele 'gedeelte' wat voorafgaan (Greek grammer beyond basics bl 333; Knight se 1Tim komm bl 178, 204). Nou is die vraag: Waarna presies verwys ταυτα terug? Ek meen dat die konteks van vers 14-15 my help om te weet waarna ταυτα terug verwys. Hoe so? Wel... die ταυτα wat Paulus aan Timoteus skryf het die groot doel dat Timoteus kan weet 'hoe dit moet dat opgetree/ geleef word in die huis van God' (vers 15). Dus: die ταυτα wat Paulus aan Timoteus skryf gaan oor en hou verband met regte optrede/ lewe in die huis van God nie net vir Timoteus nie, maar vir al die kinders van God in die huis van God. Die ταυτα moet dus vanaf 1Tim 3:14 af terug wys na sake wat gaan oor regte optrede/ lewe van kinders van God in die huis van God en dit is waaroor 1Tim 2-3 handel (Knight se 1Tim komm bl 178; Ryken se 1Tim komm bl 138; TDNT vol 7 bl 736): 3 ταυτα σοι γραφω van 14a is die logiese protasis by 15a se εαν δε βραδυνω (vgl Bouma se 1Tim komm bl 73; Ridderbos se 1Tim komm bl 101,102). Ek meen dat Paulus ταυτα σοι γραφω hier weglaat omdat dat dit uit die verband duidelik 3

hoe iemand hom moet gedra in die huis van God... Verduidelik 4 En net hier hoor ons Paulus se groot doel wanneer hy skryf oor die inrigting-en-regering van die Kerk. Ja Paulus skryf in 1Tim 2-3 met die doel dat ons kan weet hoe iemand hom moet gedra (of hoe daar opgetree moet word) in die huis van God... 5 Verduidelik En dan's hierdie moet ons vertaling van die Griekse woord δει. En in die Bybel is δει altyd God se moet. 6 So 1Tim 2-3 is nie Paulus se outydse reëls oor ons as gemeente se gebedslewe en die rol van vroue waaroor Paulus in 1Tim 2 skryf nie. Ons hoor ook nie in 1Tim 3 Paulus se outydse reëls oor ouderlinge en diakens en die vroue wat die diakens moet help nie. 7 Nee! Waaroor Paulus in 1Tim 2-3 skryf is God se moet vir sy Kerk se inrigting-en-regering. En juis daarom is'it so belangrik. Daarom moet ons 1Tim 2-3 ken en glo en aanneem en leef. hier moet inpas (Bragiologie) So werk hy ook woord-ekonomie in die hand (Binnewerk bl 116). 4 Met ινα ειδης... (15c) gee Paulus die groot doel vir waarom hy 'hierdies' wat so belangrik is skryf (Greek grammer beyons basics bl 472). 5 αναστρεφεσθαι = praes infin med/pas van α ναστρε φω, wat hier die subjek by δει is (Greek grammer beyond basics bl 600). α ναστρε φω het in die passief die betekenis 'woon'/ 'gedra'/ 'optree'/ 'wandel'/ 'leef'... In die NT briewe gaan dit dan veral om moreel regte/ verkeerde optrede of lewe bv 2Kor 1:12; Efes 2:3; 4:22; 1Pet1:18 (Baljon bl 65; TDNT vol 7 bl 717; NIDNTT vol 3 bl 933,934). πως δει εν οικω θεου αναστρεφεσθαι het dan hier die betekenis van 'hoe dit moet dat opgetree/ geleef word in die huis van God' (Baljon bl 65). 6 Vgl NIDNTT vol 2 bl 664-666; TDNT vol 2 bl 22-24 7 Vgl Clark se 1Tim komm bl 64; Calvyn se 1Tim komm bl 89 4

En hierby gaan ons vanoggend stilstaan wanneer ons ons preekreeks uit 1Tim 3 nou afsluit. Ja ons gaan stilstaan by: Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting En hierdie belangrikheid gaan ons raaksien in die dringendheid waarmee Paulus skryf in wat hy leer oor wat die Kerk is in wat hy leer oor wat die Kerk doen en in wat Paulus leer oor wat die Kerk verkondig. 1. So ons begin by die dringendheid waarmee Paulus skryf. Nou van hierdie dringendheid hoor ons as Paulus in vers 14 sê: Ek skryf jou hierdie dinge in die hoop om gou na jou te kom. Verduidelik 8 Nou wat Paulus hier sê is'at hy eintlik hierdie dinge van 1Tim 2-3 self en sommer gou ook aan Timoteus wil sê. Maar nou skryf Paulus tog maar in tussen tyd. Hoekom? 8 ελπιζων = praes par akt van ε λπι ζω. Die praes part kan hier die volgende funksies hê: ελπιζων ελθειν προς σε ταχιον sê wat gebeur terwyl Paulus skryf (γραφω). Hy skryf terwyl hy hoop dat hy vinnig na Timoteus sal kan gaan (Greek grammer beyond basics bl 623-626). ελπιζων ελθειν προς σε ταχιον sê vir my iets oor die gesindheid/ gemoedstoestand in Paulus terwyl hy skryf (Greek grammer beyond basics bl 626, 627). ελπιζων ελθειν προς σε ταχιον is konsessief en sê dus vir my dat Paulus, alhoewel hy hoop om gou te kom, tog ook hierdies (ταυτα) skryf (Greek grammer beyond basics bl 634; Ridderbos se 1Tim komm bl 102; Knight se 1Tim komm bl 179). Gevolgtrek: Ek kies veral vir die derde verstaansmoontlikheid. Parafrase: 'Hierdies skryf ek nou al vir jou, alhoewel ek tog hoop om vinnig na jou te kom om hierdies ook self aan jou te sê.' 5

Wel dit wys vers 15. Paulus sê daar: Maar as ek vertoef (of een een of ander oponthoud het 9 ), dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God... So sien u wat gebeur? Verduidelik Paulus wil eintlik self met Timoteus kom praat oor 1Tim 2-3 se Kerk-inrigting-en-regering. Dit sê vers 14. Maar nou's Paulus bang daar's dalk 'n oponthoud. Sê vers 15. Opmerking 10 En uit die manier waarop Paulus in die Grieks skryf kom ek agter dat hy eintlik nogal seker is dat daar so 'n oponthoud gaan wees. En juis daarom skryf Paulus nou. Hy wil graag self gaan praat. Maar daar kan dalk iets wees wat hom terughou. En nou's hierdie dinge van 1Tim 2-3 net so dringend dat Paulus nie daarmee kan wag nie. Verduidelik 11 Dit moet dringend by Timoteus uitkom. Daarom dat Paulus tog nou al met groot dringendheid skryf al sou hy self oor hierdie dinge wou kom praat. En dit sê vir ons net een ding. En dit is: Hei luister. As'it vir Paulus so dringend is 9 Vgl Baljon bl 167; Bouma se 1Tim komm bl 73 10 εαν + praes sub van βραδυ νω + praes ind γραφω = voorwaarde sin waarvan die uitkoms onseker is, maar tog baie waarskynlik (Greek grammer beyond basics bl 696-699; Knight se 1Tim komm bl 179; Macarthur se 1Tim komm bl 134). 11 Vgl Bouma se 1Tim komm bl 73; Calvyn se 1Tim komm bl 89 6

dat 1Tim 2-3 se Kerk-regering-en-inrigting by Timoteus moet uitkom dan'sit mos belangrik. 12 Terugblik Ja 1Tim 2:1-7 waar Paulus skryf dat daar gebede moet wees as die Kerk saam kom 13 is belangrik. Daarom dat Paulus so dringend daaroor skryf. En as Paulus in 1Tim 2:8 skryf dat die manne gebedsvoorgangers moet wees 14 Daarom dat Paulus so dringend daaroor skryf. dan'sit belangrik. En as Paulus in 1Tim 2:9-10 vir vroue skryf dat hulle in hulle mooi-maak altyd God sentraal moet laat staan 15 dan'sit belangrik. Daarom dat Paulus so dringend daaroor skryf. En 1Tim 2:11-15 waarin Paulus vroue weer fokus op hulle wonderlike ma-wees-roeping in plaas daarvan om ouderlinge te wil wees 16 is belangrik. Daarom dat Paulus so dringend daaroor skryf. En 1Tim 3:1-13 se leer oor die ouderlinge en die diakens en die diakens se vroue-helpsters waaroor ons verlede week kon leer 17 is belangrik. Daarom dat Paulus so dringend daaroor skryf. Oorgang Ja Timoteus en ons het dringend lering daaroor nodig. 12 Vgl Bouma se 1Tim komm bl 73; Calvyn se 1Tim komm bl 89 13 Vgl 1Timoteus 2,1-7(a).pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 14 Vgl 1Timoteus 2,8.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 15 Vgl 1Timoteus 2,9-10.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 16 Vgl 1Timoteus 2,11-12.pdf; 1Timoteus 2,13-14.pdf; 1Timoteus 2,15.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 17 Vgl die 1Timoteus 3:1-13 preke by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 7

Want dis belangrik. En hierdie belangrikheid word al hoe duideliker as ons meer begin leer oor wat Paulus in vers 15 skryf oor die Kerk. 2. En dis ons tweede punt waar'it gaan oor wat Paulus in vers 15 leer oor'ie Kerk. Opmerking En ons gaan raak sien God se huisgesin is dat Paulus leer dat die Kerk: waarmee God sy skeppingsdoel bereik En juis daarom is 1Tim 2-3 se Kerk inrigting-en-regering so belangrik. A. So ons begin by Paulus se leer dat die Kerk God se huisgesin is. En ons sien'it as Paulus in vers 15 sê: Maar as ek vertoef, (dan skryf ek sodat) jy kan weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God... Verduidelik Nou as Paulus in vers 15 praat oor'ie Kerk as die huis van God dan moet ons in 1Tim 3 die woord huis as huisgesin of huishouding verstaan. Bewys 18 Hierdie waarheid kon ons al raaksien by vers 4-5. Want vers 4-5 leer dat daar 'n ooreenkoms is tussen die regering-en-leiding van 'n pa in sy huisgesin 18 Vgl 1Timoteus 3,4-5.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 8

en die regering-en-leiding van 'n ouderling in die Kerk. Hoekom? Wel omdat die Kerk die huisgesin van God is. En omdat dit by die inrigting-en-regering van'ie Kerk as huisgesin van God moet gaan soos by die inrigting-en-regering van 'n verloste huisgesin. En hoe gaan dit in 'n verloste huisgesin? Wel soos Paulus bv daaroor leer in Efes 5:22-6:4. Maar nou sien ons hierdie waarheid dat die Kerk God se huisgesin is ook in 1Tim 3:15 self. Want kyk wat sê Paulus hier. Hy sê: Maar as ek vertoef, (dan skryf ek sodat) jy kan weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God... En dan verduidelik Paulus in vers 15 hierdie huis van God 19 as hy sê: Maar as ek vertoef, (skryf ek sodat) jy kan weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God... Hoor u hoe verduidelik Paulus die huis van God. Dis'ie gemeente van die lewende God. Opmerking En nou'sit wanneer ons meer leer 19 ητις lei 'n byvoeglike bysin in wat οικω θεου verder beskryf. ητις stem nie ooreen in geslag met οικω θεου nie as gevolg van die predikatiewe verhouding tot εκκλησια waarin ητις staan (vgl Greek grammer beyond baics bl 338; Knight se 1Tim komm bl 180). 9

oor'ie gemeente van die lewende God dat ons gaan sien dat die Kerk ook die huisgesin van God is. Hoe so? Verduidelik Wel omdat die woord gemeente as Paulus in vers 15 praat van die gemeente van die lewende God ons vertaling is van die Griekse woord εκκλησια. En die basiese betekenis van εκκλησια is 'n vergadering of 'n groep mense wat saam geroep is. 20 En as Paulus nou in vers 15 praat van die εκκλησια van die lewende God beteken'it dat God hierdie spesifieke εκκλησια saamgeroep het. 21 En weet u: So 'n vergedering of so 'n gemeente wat die lewende God saam geroep het is anders as 'n vergadering wat mense bymekaar geroep het. Want wanneer God mense bymekaar roep in 'n gemeente dan bly daardie mense nie maar net 'n vergadering nie. Nee! Hulle word 1Tim 3:15 se huisgesin van God. Hoekom? 20 εκκλησια is verwant aan καλεώ, en het die betekenis van 'die saamgeroepte of saam vergaderde vergadering' (vgl Baljon bl 290; Reymond, A new systematic theology of the Christian faith bl 807; TDNT vol 3 bl 505; Pop, Bijbelse woorden en hun geheim, bl 334). 21 Omdat εκκλησια verwant is aan καλεώ (NIDNTT vol 1 bl 291) neem ek die gen konstruk εκκλησιας θεου in die eerste plek as in subjek gen (vgl Greek grammer beyond basics bl 113). Dus: εκκλησιας θεου het die betekenis van 'die geroepenes/ die saam vergederdes van/deur God'... Die εκκλησια word sigbaar vergader daar waar God die verkiesing uitwerk in roeping (TDNT vol 3 bl 505; NIDNTT vol 1 bl 298). Daarom dat Paulus in 1Kor 1:2 kan praat van die gemeente (of εκκλησια) van God wat in Korinthe is... En net 'n entjie verder aan noem Paulus dan hierdie gemeente die geroepe heiliges. En Paulus kan dit doen want God het die εκκλησια in Korinte saamgeroep (Vgl NIDNTT vol 1 bl 298-299; Pop, Bijbelse Woorden en hun geheim, bl 337). 10

Heilsordelik 22 Wel omdat God as Hy mense saamroep daardie mense voor die skepping nog uitverkies het. So leer Paulus in Rom 8:30. En dan leer Paulus ons in Efes 1:5 dat God die mense wat God so uitverkies het ook voorbeskik het om... as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus... En dan? Wel dan sê Gal 4:4-5 dat toe die volheid van die tyd gekom het, God sy Seun uitgestuur het, gebore uit n vrou, gebore onder die wet, om die wat onder die wet was (en daar totaal verlore en verdorwe en geestelik dood in ons sonde was 23 ), los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. En dan? Wel dan maak God hierdie verlossingswerk deur sy Seun in die volheid van die tyd nou in elkeen van sy uitverkorenes se lewe 'n werklikheid. Hoe? Wel in 1Kor 1:9 vertel Paulus dat God ons tot die gemeenskap met sy Seun Jesus Christus roep om so by Jesus die saamgeroepte gemeente van God te wees. 22 Vgl ook Opperman, Die betekenis en ekklesiologiese implikasies van die uitdrukking οικος θεου in 1Timoteus 3:15: n openbaringshistoriese ondersoek, hfst 3 bl 9; NIDNTT vol 1 bl 299; Ryken se 1Tim komm bl 138 23 Vgl HK Sondag 2-4 11

Jesus verduidelik dit in Joh 6:44 so. Hy sê dat God ons na Jesus toe trek. En dis hierdie roep-werk en trek-werk van God wat ons ook laat glo in Jesus en vir Jesus laat aanneem. 24 En dan? Wel dan sê Joh 1:12 almal wat (Jesus) aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word... En dan? Wel dan word almal wat God in sy uitverkiesing voorbeskik het om... as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus... broers en suster van mekaar. En in Gal 4:6 leer Paulus dat omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! En Rom 8:15 leer dat ons as kinders van God nou self vir God ons Vader begin noem deur die werking van die Gees. En dan? Wel dan beteken'it dat as Paulus in 1Tim 3:15 oor'ie Kerk as die huis van God praat daardie huis die huisgesin van God is 24 Jak 1:18; 1Pet 1:23; HK Sondag 25 v/a 65 12

die (saam geroepte) gemeente van die lewende God wat kinders van die lewende God 25 geword het en nou mekaar se broers en susters is en vir God sê: Onse Vader in die Hemele. 26 Is dit nie wonderlik nie! Die Kerk die gemeente van die lewende God is ook die huisgesin van God. Toepassing Dit is die belangrike leer oor'ie Kerk hier in 1Tim 3:15. En in'ie res van die 1Tim-brief werk Paulus die heeltyd met hierdie waarheid van'ie Kerk as die huisgesin van God. 27 B. En dat die Kerk of die gemeente van die lewende God God se huisgesin is is werklik iets wonderliks. Want so bereik God sy skeppingsdoel. Opmerking So ons kon nou vanuit vers 15 se huis van God, wat die gemeente is van die lewende God leer dat die Kerk die huisgesin van God is. Die volgende ding wat ons moet leer is'at God met die Kerk as sy huisgesin sy skeppingsdoel bereik. En om'it raak te sien moet ons kyk wat in die begin by die skepping gebeur het. 25 Hos 1:10; Rom 9:26 26 Vgl ook Opperman, Die betekenis en ekklesiologiese implikasies van die uitdrukking οικος θεου in 1Timoteus 3:15: n openbarings- historiese ondersoek, hfst 4 bl 4-5 27 Vgl Poythress in Recovering Biblical manhood&womanhood bl 233-247 13

Openbaringshistories 28 In'ie begin het God Adam en Eva geskep en in Gen 1:28 hulle geseën en gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde... Hoekom? Hoekom moes Adam en Eva kinders hê en meer word? Wel die profeet Maleagi sê in Mal 2:15 dat God 'n geslag gesoek het 'n gesin 'n familie wat mekaar lief het en God lief het en eer. En toe? Wel toe verwoes ons alles met ons sondeval. Adam en Eva se gesin word 'n gemors met een broer wat die ander een vermoor. 29 Ja in plaas van 'n huisgesin vir God het ons 'n mensdom geword wat uit mekaar spat in haat vir mekaar en haat vir God. 30 Maar dan laat God dit nie daar nie. Hy laat die werke van sy hande nie vaar nie. Nee in'ie begin het God 'n geslag gesoek. En God die lewende God sal'it kry. Daarom red en roep die lewende God 'n gemeente uit 'n verlore mensdom. En in en deur Christus neem God ons as sy kinders aan sodat ons sy gesin word. 28 Vgl Beale, A NT Biblical Theology The unfolding of the OT in the New, bl 53, 57, 478-479, 631, 644, 880; Opperman, Die betekenis en ekklesiologiese implikasies van die uitdrukking οικος θεου in 1Timoteus 3:15: n openbaringshistoriese ondersoek, hfst 3 bl 3 29 Gen 4 30 Vgl HK Sondag 2-4 14

En hierdie verloste gesin van God is so anders. In Rom 3:18 sê Paulus oor'ie sondige-verlore-mensdom dat Daar (by hulle) geen vrees van God voor hulle oë is nie. Verduidelik So hulle gee nie om vir God nie. Hulle eer Hom nie. Hulle het God nie lief nie. Hulle verag God se gebooie. Maar so is God se verloste huisgesin nie. Bewys 31 Ons sien'it nogal mooi raak in Paulus se 1ste Tim-brief. Want in'ie 1ste Tim-brief leef God se gesin 'n lewe van Godsvrug of Godsvrees. Die Griekse woord wat Paulus gebruik is ευ σε βεια. Trouens ons is verlos om 'n lewe van ware Godsvrees te leef. Ons sal'it nou-nou sien as ons by vers 16 kom. So die Kerk is God se verloste huisgesin. Hier bereik God sy skeppingsdoel. Want die Kerk is God se gesin wat God van die begin af gesoek het. Ons is God se gesin met 'n lewe van Godsvrees. wat God weer dien-en-eer Verduidelik 32 En dis 'n lewe van ware eerbied vir God en liefde vir God en vertroue op God en gehoorsaamheid aan God. 31 Vgl Opperman, Die betekenis en ekklesiologiese implikasies van die uitdrukking οικος θεου in 1Timoteus 3:15: n openbarings- historiese ondersoek, hfst 4 bl 7 32 Vgl Waltke, An OT theology, bl 161, 483 15

Dis 'n lewe wat weer God-gesentreerd is en nie self-gesentreerd nie. Ook as dit kom by die inrigting-en-regering van die Kerk. C. En net hier sien ons hoekom 1Tim 2-3 se leer oor Kerk inrigting-en-regering so belangrik vir Paulus is. Verduidelik Dis belangrik. Want in die Kerk bereik God sy skeppingsdoel. En wat's dit? Wel dis om 'n geslag 'n gesin te hê wat nie meer self-gesentreerd leef nie maar God-gesentreerd. En daarom nou moet leef met ware Godsvrees. En God vanuit ware selfopofferende liefde moet dien soos God dit wil en nie soos ons wil nie. Ook as'it kom by die inrigting-en-regering van die Kerk. En daarom is 1Tim 2-3 se Kerk inrigting-en-regering so belangrik. Daarom dat Paulus in 1Tim 3:14-15 vir Timoteus sê: Ek skryf jou hierdie dinge... (sodat) jy kan weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God... Selfondersoek So wat sal God se ware huisgesin doen as ons hierdie gebod van 1Tim 3:14-15 hoor? Wel ons sal bid: 33 33 Vgl Sondag 49 v/a 124 16

'Onse Vader gee dat ons al meer ons eie self-gesentreerde wil sal prys gee om aan U wil ook oor Kerk-inrigting-en-regering soos U deur U apostel in 1Tim 2-3 leer sonder enige teëpratery gehoorsaam te wees.' Want dis belangrik! God het vir Hom uit 'n verlore self-gesentreerde eiewillige mensdom 'n huisgesin verlos om weer Godvresend God-gesentreerd te leef soos God dit in die begin bedoel het. Ook as dit kom by die inrigting-en-regering van die Kerk. Oorgang So ja 1Tim 2-3 se Kerk inrigting-en-regering is baie belangrik. Daarom dat Paulus in 1Tim 3:14-15 vertel hoe dringend dit vir hom is om daaroor te skryf. Want hier het ons God se huisreëls vir sy nuut verloste huisgesin wat nie meer mag nie en ook nie meer wil leef volgens ons ou self-gesentreerde en eiewillige maniere nie. Maar daar's nog iets wat ons wys waarom 1Tim 2-3 se Kerk inrigting-en-regering so belangrik is. En ons sien'it ook in vers 15 waar Paulus nie net skryf dat die kerk God se verloste huisgesin is nie maar ook skryf wat die Kerk moet doen. 3. En dis ons derde punt waar'it gaan oor wat Paulus leer oor wat die Kerk moet doen. 17

Nou hieroor leer ons as Paulus in vers 15 sê: as ek vertoef (skryf ek jou hierdie dinge sodat), jy kan weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, n pilaar en grondslag van die waarheid. En nou'sit in hierdie laaste woorde waar Paulus sê dat die Kerk as huisgesin van God ook n pilaar en grondslag van die waarheid is 34 dat Paulus ons leer oor wat die Kerk moet wees. Opmerking So kom ons gaan nou in op hierdie woorde. Paulus sê in vers 15 dat die Kerk as God se huisgesin ook 'n pilaar en die grondslag is of ons kan ook sê: 'n pilaar en die fondament 35 is. Verduidelik 36 Nou wanneer Paulus sê dat God se huisgesin of God se kinders ook 'n pilaar en fondament is beteken'it dat iets op ons staan. Dit beteken ons het die werk om iets bo te hou. Dis tog wat 'n fondament en 'n pilaar doen. Maar wat? Wat moet ons as huisgesin van God bo hou? Wat moet hier by ons 'n staanplek hê? Wel in vers 15 sê Paulus: dis die Waarheid. 34 στυλος και εδραιωμα is 'n verdere beskrywing van οικω θεου/ εκκλησια θεου ζωντος (vgl TDNT vol 2 bl 364, vol 5 bl 127-128; Knight se 1Tim komm bl 181). 35 εδραιωμα = ons ev, met die betekenis van 'grondslag'/ 'steun'/ 'fondament' (Baljon bl 263; Knight se 1Tim komm bl 181; Bouma se 1Tim komm bl 73; Lange se 1Tim komm bl 44). 36 στυλος και εδραιωμα beskryf die οικω θεου/ εκκλησια θεου ζωντος as 'n ondersteuning (vgl Bouma se 1Tim komm bl 74; Reformation study Bible ble 1755). 18

Verduidelik 37 En oor hierdie Waarheid en wat dit is leer ons meer vanuit 1Tim 2:4 en vers 7. 1Tim 2:4 is ook die eerste keer dat Paulus die woord Waarheid in sy 1ste Tim brief gebruik. En dan praat Paulus daar oor God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense... tot kennis van die waarheid kom. En in 1Tim 2:7 sê Paulus dat hy 'n leraar is van die heidene in geloof en waarheid. En dit sê vir ons dat hierdie Waarheid waarvan Paulus praat in 1Tim 3:15 as hy sê dat ons as huisgesin van God 'n pilaar en fondament van die waarheid moet wees die selfde Waarheid is as wat Paulus die heeltyd verkondig. Dis die Waarheid wat God wil hê dat alle mense moet ken. In Efes 1:13 praat Paulus oor hierdie Waarheid as die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding. 37 Die gen της αληθειας wys, na my mening, op die doel van στυλος και εδραιωμα (Greek grammer beyond basics bl 100). Dit het ten doel die ondersteuning van η α λη θεια 'n plek waar η α λη θεια kan 'staan'. So, die doel van οικω θεου/ εκκλησια θεου ζωντος is uiteindelik om 'n 'basis'/ 'staanplek' vir η α λη θεια te wees (Bouma se 1Tim komm bl 74; Ridderbos se 1Tim komm bl 103; Knight se 1Tim komm bl bl 181; Reformations study Bible bl 1755; Clark se 1Tim komm bl 64). Die lidwoord by α λη θεια is, na my mening anafories een wys terug na die eerste gebruik van α λη θεια in 1Tim 2:4 -... God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van α λη θεια kom. ; vgl ook 2:7 (vgl Greek grammer beyond basics bl 217-219; Knight se 1Tim komm bl 181). α λη θεια dui in 2:4,7 en in die Pastorale briewe op die geopenbaarde Evangelie van Jesus Christus wat staan teenoor die leuen van die dwaalleraars vgl Hand 20:27; 2Kor 4:2; 6:7; 13:8; vgl Rom 10:16 met Gal 5:7; Efes 1:13; Kol 1:5; 2Tes 2:10-12; Gal 1:7-8; 2Kor 11:4 (NIDNTT vol3 bl 884,887; TDNT vol 1 bl 244; Knight se1tim komm bl 120, 181; Bouma se 1Tim komm bl 74). 19

En in Kol 1:5 praat Paulus van die woord van die waarheid van die evangelie. En dis wat 1Tim 3:15 se waarheid is. Dis'ie Waarheid oor Jesus Christus. Dis'ie Waarheid van die Woord. Want in Luk 24:44 leer Jesus self dat die hele Woord oor Hom gaan. So hoor u wat sê Paulus in 1Tim 3:15 oor wat die Kerk moet doen? Verduidelik 38 Ons moet in hierdie wêreld 'n fondament en 'n pilaar wees waarop die waarheid van God en van Christus ja die waarheid van die Woord staan. By ons moet mense die waarheid kry. En van hier van die huisgesin van God af moet die Waarheid in die wêreld in gaan deur ons woorde en in ons dade. Toepassing 39 Maar juis daarom is 1Tim 2-3 se Kerk-inrigting-en-regering so belangrik. I Want as Paulus in 1Tim 2:1-8 reël dat ons in die eerste plek gebede moet doen wanneer ons saamkom dan moet ons ook bid 38 Vgl NGB art 29; Calvyn se 1Tim komm bl 90-91; Reymond, A new systematic theology of the Chritian faith, bl 831, 878; Reformation study Bible bl 1755; Horton, The Christian faith A systematic theology for pilgrims on the way, bl 192-193 39 Vgl HK Dondag 32 v/a 86; Vgl Opperman, Die betekenis en ekklesiologiese implikasies van die uitdrukking οικος θεου in 1Timoteus 3:15: n openbarings- historiese ondersoek, hfst 4 bl 8; Knight se 1Tim komm bl 181-182; Bybel met verklarende aantekeninge vol 3 bl 611. 20

dat ons 'n pilaar en fondament sal wees wat die Waarheid sal uitdra na alle mense. II En as Paulus in 1Tim 2:9-10 vir vroue leer dat hulle hulself so moet mooi-maak dat nie hulle en hoe hulle lyk nie maar God in die middelpunt staan dan leef vroue so die waarheid dat God deur Christus vir Homself 'n huisgesin verlos het wat nie meer slawe is van die sonde van self-gesentreerdheid nie maar nou God-gesentreerd geword het. III En as Paulus in 1Tim 2:11-15 vir vroue leer om te fokus op hulle ma-wees-roeping in plaas daarvan om God se skeppingsorde te verag en manne se hoofskap-posisie in God se skeppingsorde te verag en ouderlinge te word dan gaan dit daaroor dat vroue in God se huisgesin weer die wonderlike waarheid moet uitleef dat God deur Christus vir Hom 'n huisgesin verlos het om weer volgens God se goeie skeppingsorde te leef. IV En as Paulus in 1Tim 3:1-7 leer oor die ouderling-amp en sê dat ouderlinge bekwaam moet wees om te onderrig dan aan dit daaroor dat ouderlinge die huisgesin van God moet toerus om as stewige fondament en sterk pilaar die Waarheid kragtig in hierdie wêreld te dra. 40 V En as Paulus in 1Tim 3:8-13 praat oor'ie diaken-amp en die vroue-helpsters dan gaan'it daaroor 40 Efes 4:11vv 21

dat die diakens ons almal moet leiding gee in ons dien-van-mekaar met selfopofferende liefde sodat ons die waarheid in die wêreld vol haat en hartseer en alleenheid en gebrek kan uitleef dat God vir Hom deur Christus 'n huisgesin verlos het waar daar liefde en omgee is. So sien u waarom is 1Tim 2-3 so belangrik. Dis belangrik want sonder die Kerk-inrigting-en-regering wat Paulus daar gee kan ons nie waarlik die huisgesin van God wees wat ook 'n pilaar en fondament van die Waarheid is nie. 4. Maar dit bring ons nou by ons laaste punt waar ons gaan fokus op vers 16 en die verkondiging van die Kerk. Toepassing En ook hier vanuit vers 16 gaan ons weereens sien hoe belangrik 1Tim 2-3 se Kerk-inrigting-en-regering is. Nou in vers 16 sê Paulus: En, onteenseglik (of ongetwyfeld of: Ja hiermee moet almal instem 41 ), die verborgenheid van die godsaligheid (of die ευ σε βεια of die Godsvrees) is groot (of wonderlik 42 )... Verduidelik Nou met dit wat Paulus hier in vers 16 sê brei hy uit op die Waarheid waaroor hy gepraat het in vers 15. 41 Vgl Baljon bl 681; Knight se 1Tim komm bl 182; Ridderbos se 1Tim komm bl 106 42 Vgl Baljon bl 589-590; Knight se 1Tim komm bl 182; Ridderbos se 1Tim komm bl 103 22

Die Waarheid waarvoor die huisgesin van God 'n fondament en pilaar moet wees. 43 So die verborgenheid van vers 16 en die Waarheid van vers 15 is die selfde. Bewys En toe ons by vers 9 was waar Paulus praat oor die die verborgenheid van die geloof kon ons dit ook leer. Ja as Paulus oor die verborgenheid praat ook in sy ander briewe dan gaan'it oor die Waarheid van die evangelie wat eers verborge was eers toe was maar nou geopenbaar is. En dan brei Paulus in vers 16 wonderlik uit op hierdie Waarheid hierdie verborgenheid waarvan ons as huisgesin van God 'n pilaar en fondament moet wees. Paulus verduidelik dit verder as hy sê: En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid. 43 Wat is die verband tussen vers 16 en die voorafgaande in vers 14-15? Ek verstaan die και hier as 'n voegwoord wat 'n verduidelikende en 'n verder uitbreidende sin by στυλος και εδραιωμα της αληθειας inlei (vgl Greek Grammer beyond basics bl 673; Ridderbos se 1Tim komm bl 106). Verder wys die ooreenkoms in της αληθειας (15e) en το της ευσεβειας μυστηριον my dat vers 16 se verduideliking en uitbreiding veral fokus op της αληθειας van 15e. Albei, της αληθειας en το της ευσεβειας μυστηριον, gaan immers om die geopenbaarde Evangelie van Jesus Christus (NIDNTT vol 3 bl 504-505; TDNT vol 1 bl 244; Opperman, Die betekenis en ekklesiologiese implikasies van die uitdrukking οικος θεου in 1Timoteus 3:15: n openbarings- historiese ondersoek, hfst 4 bl 5-6; Ridderbos se 1Tim komm bl 103). 23

Verduidelik 44 En geliefdes wat ons hier hoor is een groot stuk Christus-verkondiging. Opmerking En ons sou lank by elkeen van die dinge wat Paulus hier noem kon stilstaan, maar die tyd haal ons nou in. Vir nou is dit belangrik dat ons moet raaksien dat Paulus hier in vers 16 sê dat die Waarheid wat ons as huisgesin van God uitdra Christus is. Christus in sy menswording. Christus in sy opstanding. Opmerking 45 Want dis se opstanding is waaroor dit gaan as Paulus sê dat God is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele... Ons sien dit bv raak in Rom 1:4. Ja dit gaan hier in vers 16 oor Christus in sy menswording en sy uiteindelike verheerliking in die hemele aan die regterhand van God die Vader. En vir hierdie Waarheid oor Christus moet ons as huisgesin van God met ons woorde en dade 'n pilaar en 'n fondament wees. Ja van hierdie Waarheid moet ons getuies wees. 44 Vgl HK Sondag 11-19 45 Vgl Knight se 1Tim komm bl 184-185; Ryken se 1Tim komm bl 144. 24

Maar wat nou belangrik is is dat wanneer Paulus in vers 16 oor hierdie Waarheid praat hy dit die verborgenheid van die godsaligheid (of die Godsvrees)... noem. Of ons kan ook sê: die geopenbaarde Waarheid van die Godsvrees. Verduidelik 46 En wat dit dan beteken is dat die verborgenheid of die Waarheid van die Evangelie die Waarheid van die Woord Godvrees produseer of voortbring of veroorsaak. En is dit nie wonderlik nie! Die Waarheid Christus bring ons weer by 'n lewe van ware Godsvrees. Nie die wet nie. Christus! Ja Christus en sy Waarheid maak ons vry uit die sonde-slawerny om weer 'n lewe van Godsvrees te leef om weer 'n lewe van liefde in gehoorsaamheid aan God se gebooie te kan leef. 47 Toepassing 48 En dan gee Paulus vir ons 1Tim 2-3 God se gebooie vir die inrigting-en-regering van die Kerk sodat ons as verloste huisgesin van God met die bevrydende Waarheid Christus by ons waarlik as huisgesin van God kan leef. 46 Hoe moet ek die gen της ευσεβειας verstaan? Ek meen dat ek hier te doen het met 'n gen van produk. Dus, το... μυστηριον bring της ευσεβειας voort (Greek grammer beyond basics bl 106) vgl Joh 17:17 (Macarthur se 1Tim komm bl 139). 47 Rom 6:1-6, 18-22 48 Vgl Knight se 1Tim komm bl 186 25

En juis daarom is 1Tim 2-3 so belangrik. Slot Geliefdes kom ons sluit af. In 2012 kon ons deur 1Tim 2 werk. Die afgelope tyd het ons deur 1Tim 3 gegaan. Ons kon leer oor God se wil vir die inrigting-en-regering van sy huisgesin. Vandag kon ons daarmee afsluit. Hier waar Paulus in 1Tim 3:14-16 ons wys hoe belangrik 1Tim 2-3 se Kerk-inrigting-en-regering is. Saamvat Dis belangrik want: God het van ons uit genade alleen sy huisgesin gemaak wat nie meer self-gesentreerd nie maar God-gesentreerd leef volgens God se huisreëls vir sy gesin. En daarby het God ons aangestel om in hierdie wêreld 'n pilaar en fondament te wees vir die Waarheid. En dit is ons juis wanneer ons 1Tim 2-3 uitleef. En hierdie Waarheid is die Waarheid oor Christus waaroor die hele Woord getuig. Dit is met hierdie Waarheid dat God sy huisgesin altyd deur heilig om al meer 'n lewe te leef in ware Godsvrees. Geliefdes kom ons bid dan dat God hierdie Waarheid al meer deel van ons sal maak. 26

Kom ons bid dat God hierdie Waarheid met die nagmaal al meer in ons harte sal bevestig sodat ons hier in Daspoort werklik 'n gesin van God sal wees. net-nou En dan in ware Godsvrees sal leef as 'n gesin van God gehoorsaam ook aan ons Vader se huisreëls in 1Tim 2-3. Antwoorddiens Amen Psalm as antwoord op die Woord Ps 89: 6 Gebed 27

Kom ons vier nou die nagmaal van ons Here Ons sing Ps 23:3 by bereiding van die tafel. Barmhartigheidsdiens Psalm tydens kollekte : Ps 84: 1, 2, 3 Slotpsalm : Ps 63: 3, 4, 6 Wegstuurseën. Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede. Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen. 28