GRAAD 11 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V3

Σχετικά έγγραφα
GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 MEMORANDUM

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 MEMORANDUM

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 DRAMATIESE KUNSTE

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 3: Elektrisiteit en magnetisme

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE Toets 7: Chemiese stelsels

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 1: Meganika

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 6 WISKUNDE TOETS PROVINSIE STREEK DISTRIK NAAM VAN SKOOL. KLAS (bv. 6A) VAN C C Y Y M M D D

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

Die genade gawes Van God:

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

GRAAD 12 JUNIE 2017 WISKUNDE V2

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

Wiskunde. CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Die hooffokus areas in die VOO-Wiskunde- kurrikulum: NOMMER

CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Wiskunde Graad 12

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 FISIESE WETENSKAPPE V1

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 4 WISKUNDE MODELVRAE

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

GRAAD 12 SEPTEMBER 2017 WISKUNDE V2

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

MEMORANDUM GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Vraestel 1

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 FISIESE WETENSKAPPE V2

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2017 AFRIKAANS HUISTAAL V2

PracMaths. Trigonometrie is Maklik Graad 10 & 11. Seeliger ~ Mouton. Set by / Opgestel deur

GRAAD 11 NOVEMBER 2013

MEMORANDUM VRAESTEL 2

WISKUNDE: VRAESTEL I LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Die regering van die Kerk 1Tim 3:14-16 Die belangrikheid van Paulus se leer in 1Tim 2-3 oor Kerk-regering-en-inrigting

GRAAD 11 NOVEMBER 2013

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 9 WISKUNDE TOETS DISTRIK

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Wiskunde. GRAAD 11_Kwartaal 1

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

Geseënd is dié wat rein van hart is!

METRO OOS ONDERWYS DISTRIK

LESPLAN 1 3: Fisika Voorbereidingslêer

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NAGMAAL. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19:30. Christus doen alles klaar. Psalm 2 : 6. Skrifberyming 59 (10-2) Psalm 65 : 2

Junie Openbaring 3:1-6 Fokus: vers 1-6 Christus se brief aan sy gemeente in Sardis wat eintlik dood is.

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

HOOFSTUK 6 Vergelyking van meer as twee groepe metings

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

DIE NAVOLGING VAN CHRISTUS DEUR GELOWIGES IN TEENSTELLING MET DIE NABOOTSING VAN GOD DEUR GEESTELIKE BEMAGTIGDE LEIERS

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

WISKUNDE: VRAESTEL I LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11

NATIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

DIE BOODSKAP OP DIE BERG...

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

SLEGS een antwoord per vraag. (ANTWOORDBLAD) Trek n kruisie oor die letter van die antwoord wat volgens jou die mees korrekte is.

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

Die krag / vuur van God:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Om driehoeke te klassifiseer en te konstrueer

Transcript:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *IAFRHL3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2014) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS: AFDELING A: Opstel (50) AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (25 x 2) (50) 2. Beantwoord EEN vraag uit AFDELING A. 3. Beantwoord TWEE vrae uit AFDELING B. 4. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 5. Jy moet jou werk beplan (bv. ʼn breinkaart/diagram/vloeidiagram/ kernwoorde, ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die finale produk gedoen word. 6. Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ʼn streep deur die beplanning as jy jou finale weergawe oorgeskryf het. 7. Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Voorsien elke teks van ʼn gepaste titel/opskrif. LET WEL: Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel word NIE. 9. Skryf netjies en leesbaar.

(NOVEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3 AFDELING A: KREATIEWE TEKSTE (OPSTEL) VRAAG 1 Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ʼn OPSTEL van 400 450 woorde. 1.1 Die lewe is nie n lang en kalm rivier nie. [50] 1.2 'n Pakslae help om dissipline en roetine in die huis te handhaaf. [50] 1.3 As ouers te veel druk. [50] 1.4 Die een ding wat die lewe my geleer het, is dat n mens nooit vir die regte oomblik moet wag nie. Die oomblik wanneer die omstandighede perfek is vir wat jy wil doen, wanneer die risiko s uitgeskakel is, en jy veilig voel om jou ding te doen dit breek nooit aan nie. Jy moet nόύ daardie droom navolg, daardie berg voor jou takel, daardie wedloop aanpak... risiko s en al. Maurice Chevalier [50] 1.5 Toe ek my oë oopmaak... [50]

4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2014) 1.6 1.6.1 [Bron: www.crystalgraphics.com] [50] 1.6.2 [Bron: www.gettyimages.com] [50]

(NOVEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5 1.6.3 [Bron: Internet] [50] TOTAAL AFDELING A: 50

6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2014) AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE VRAAG 2 Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf ʼn skryfstuk van 180 200 woorde elk. 2.1 BEDANKINGSBRIEF ʼn Voormalige bendeleier het onlangs ʼn motiveringstoespraak vir graad 11- leerders by jou skool gelewer. Skryf ʼn BEDANKINGSBRIEF waarin jy julle waardering uitspreek vir die belangrike lesse wat julle daaruit geleer het. [25] 2.2 TYDSKRIFARTIKEL ʼn Matriekleerder van jou skool het die skool se naam hoog gehou toe hy/sy uitmuntend in die 2013 eindeksamen presteer het. Na ʼn onderhoud met hom/haar, besluit jy om ʼn artikel oor hierdie matriekleerder te skryf. Skryf ʼn TYDSKRIFARTIKEL oor hierdie leerder. [25] 2.3 FORMELE BRIEF Jy het onlangs in ʼn tydskrif gelees van ʼn projek wat op ʼn praktiese manier ʼn wesenlike bydrae tot hoёrskoolleerders se opvoeding wil maak. Skryf ʼn brief aan die Reg tot opvoeding-projek waarin jy motiveer waarom die organisasie jou skool moet besoek. Rig jou brief aan: Die Koӧrdineerder Posbus 3609 Roggebaai 2017 [25] 2.4 BRIEF AAN DIE PERS Jy het ʼn berig in die koerant gelees van tienerdogters wat deur hul kêrels geslaan word. Skryf ʼn brief aan jul plaaslike koerant waarin jy jou opinie lug. [25]

(NOVEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7 2.5 KOERANTBERIG Bestudeer die volgende koerantopskrifte en skryf ʼn KOERANTBERIG oor EEN van die opskrifte. Hond gryp sy Samaritaan aan keel HooF LAAT SKOOL FLOREER ONDANKS PERSOONLIKE TERUGSLAE VROU STERF TOE MASSIEWE BOOMTAK BEWEGENDE MOTOR TREF 2.6 TOESPRAAK Draaiers skitter in Stellenbosch [25] As voorsitter van die leerlingraad word jy gevra om tydens die weeklikse saalbyeenkoms ʼn toespraak te lewer oor die tienerprobleme in julle gemeenskap asook moontlike oplossings oor hoe om dit te hanteer. Skryf die toespraak neer. [25] TOTAAL AFDELING B (25 x 2): 50 GROOTTOTAAL: 100

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V3 MEMORANDUM PUNTE: 100 Hierdie memorandum bestaan uit 14 bladsye.

2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2014) ANALISE VAN VRAESTEL AFDELING A: OPSTEL 1.1 Verhalend/Beskrywend/Bespiegelend/Argumenterend/ Beredenerend 1.2 Argumenterend/Beredenerend 1.3 Verhalend/Bespiegelend/Beskrywend 1.4 Bespiegelend/Verhalend/Beskrywend 1.5 Verhalend/Beskrywend/Bespiegelend 1.6 Verhalend/Beskrywend/Bespiegelend/Argumenterend/ Beredenerend AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE 2.1 Bedankingsbrief 2.2 Tydskrifartikel 2.3 Formele Brief 2.4 Brief aan Pers 2.5 Koerantberig 2.6 Toespraak ONTLEDING VAN VRAESTEL 3 DENKVLAK VAN DIE SKRYFSTUK VLAK 1: 3 PUNTE VLAK 2: 4 6 PUNTE VLAK 3: 7 9 PUNTE VLAK 1 VLAK 2 VLAK 3 Kandidaat se eie en onmiddellike gemeenskap en omgewing. O: Onderwerp Kandidaat se eie persoonlike en alledaagse leefwêreld. A: Aanbieding Baie hulp; riglyne, woordeskat in tekste, antwoordblad, ens. Minder hulp; minder riglyne, minder woordeskat in tekste, uitdagender antwoordblad. U: Uitdaging Skryf net woorde. Skryfstukke wat hoër skryfvaardighede vereis. Kandidaat en die wye wêreld. Net die onderwerp, min leiding. Moeiliker skryfvorme.

(NOVEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 3 AFDELING A VR. OPSTEL O A U TOTAAL DENKVLAK 1.1 Verhalend/Beskrywend/ Bespiegelend/Argumenterend/ Beredenerend 3 2 2 7 3 1.2 Argumenterend/Beredenerend 1 2 3 6 2 1.3 Verhalend/Bespiegelend/ Beskrywend 2 2 2 6 2 1.4 Bespiegelend/Verhalend/ Beskrywend 2 1 1 4 2 1.5 Verhalend/Beskrywend/ Bespiegelend 1 1 1 3 1 1.6 Verhalend/Beskrywend/ Bespiegelend/Beredenerend/ Argumenterend 3 3 2 8 3 AFDELING B VR. LANGER TRANSAKSIONELE O A U TOTAAL DENKVLAK TEKSTE 2.1 Bedankingsbrief 2 2 1 5 2 2.2 Tydskrifartikel 2 2 2 6 2 2.3 Formele Brief 2 2 2 6 2 2.4 Brief aan Pers 2 2 3 7 3 2.5 Koerantberig 3 3 3 9 3 2.6 Toespraak 1 1 1 3 1

4 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2014) ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE AFDELING A: AFRIKAANS HUISTAAL KREATIEWE TEKS (OPSTEL) AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerders mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf en hy/sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien. NASIENRIGLYNE: Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud: I = K6 21 Taal, styl en redigering: T = K4 8 Struktuur: S = K5 3 Skryf dan die totaal van die opstel in die regterkant (onder die opstel): 32 Dra die getal uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die beplanningsgedeelte te wees) langs die vraagnommer bo links. LET WEL: Indien die getal 38½ sou wees, dra dan die getal as 39 oor. DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekend gestel word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees. Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte. Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ʼn verhalende, beskrywende en bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ʼn argumenterende, beredenerende en verklarende opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël. Verwys na AFDELING A: Rubriek vir assesseringsrubriek vir opstel Huistaal [50 punte] wat op bladsye 12 13 gevind kan word. KRITERIA WAT VIR ASSESSERING GEBRUIK WORD KRITERIA PUNTE INHOUD EN BEPLANNING (60%) 30 TAAL, STYL EN REDIGERING (30%) 15 STRUKTUUR (10%) 5 TOTAAL 50

(NOVEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 5 VRAAG 1 RIGLYNE Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die kandidaat se oogpunt en volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige tipe opstel aan, soos byvoorbeeld: 1.1 Die lewe is nie ʼn lang en kalm rivier nie. Die leerder kan ʼn storie vertel of spekuleer waarom die lewe nie ʼn lang en kalm rivier is nie. Verhalende, beskrywende, bespiegelende, argumenterende of beredenerende opstelle kan hier verwag word. 1.2 ʼn Pakslae help om dissipline en roetine in die huis te handhaaf. Leerders kan hierdie onderwerp op ʼn negatiewe of positiewe vlak interpreteer. Hier kan dit argumenterend of beredenerend wees. 1.3 As ouers te veel druk. Die leerder kan ʼn geestesprentjie interpreteer/spekuleer oor ouers wat te veel druk op kinders plaas en die gevolge daarvan. Hierdie opstel sal verhalend, beskrywend of bespiegelend van aard wees. 1.4 Die regte oomblik: Leerders kan hierdie onderwerp baie wyd interpreteer. Dit kan fokus op een of meer van sy ervaringe/goeie of slegte situasie/spesiale geleenthede of enige iets anders wat hom/haar tot die besef gebring het dat enige kans/geleentheid of droom onmiddellike aksie vereis. Beskrywende, bespiegelende of verhalende opstelle kan hier verwag word. 1.5 Toe ek my oë oopmaak: Leerders kan hier ʼn storie vertel oor wat gebeur het toe hy/sy sy/haar oë oopgemaak het. Die onderwerp kan letterlik of figuurlik interpreteer word. Dit kan verhalend, beskrywend of bespiegelend van aard wees. 1.6 1.6.1 Sprong in die lug: oop onderwerp. Kan tot verskillende inhoude en tipes opstelle lei. 1.6.2 Vrou met hande voor gesig: oop onderwerp. Kan tot verskillende inhoude en tipes opstelle lei. 1.6.3 Sportballe: oop onderwerp. Kan tot verskillende inhoude en tipes opstelle lei.

6 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2014) TIPES OPSTELLE: VERHALENDE OPSTEL Dit is ʼn interessante vertelling van ʼn storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word. Hou die volgende in gedagte: Dit gaan oor iets wat gebeur het en vertel word (ʼn storie/gebeurtenis). ʼn Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig. Dit is opreg en met entoesiasme geskryf. Die verlede tyd word gewoonlik gebruik, maar die teenwoordige tyd kan gebruik word om ʼn gevoel van die hede te skep. Die inhoud is boeiend, interessant, dit oortuig en ontwikkel logies; dus is die inhoud samehangend. Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar kan fiktief wees. Karakterisering oortuig en die atmosfeer/agtergrond is geslaagd. ʼn Kort, treffende inleiding wat die leser boei. Die slot moet ongewoon, interessant en onvoorspelbaar wees. Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. BESKRYWENDE OPSTEL Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef. Hou die volgende in gedagte: Waarnemings met al vyf sintuie en ʼn goeie woordeskat word vereis. Insig, begrip, ʼn eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die opnoem van waarnemings). Tekste kan varieer van meer realisties na ʼn verdieping in die aanbieding. Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word. Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf. Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik. Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ʼn oorspronklike wyse aangewend. Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet.

(NOVEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 7 BEREDENERENDE OPSTEL Dis objektief en probeer om ʼn gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ʼn argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ʼn spesifieke gevolgtrekking kom aan die einde van die opstel, maar die argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel. Hou die volgende in gedagte: Die opstel handel oor ʼn onderwerp waaroor standpunt ingeneem word, alreeds in die inleiding. BEIDE kante van die argument moet beredeneer word. Die inhoud moet oortuig en ontwikkel logies en helder. ʼn Gevolgtrekking word in die slotparagraaf bereik wat aansluit by die inleiding. Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor. Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. BESPIEGELENDE OPSTEL Die skrywer oorweeg, deurdink ʼn idee/lewensverhaal en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Bespiegel oor ʼn droom of wense. Hou die volgende in gedagte: Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf. Die onderwerp word bepeins, oordink. Verskillende opsies word teen mekaar opgeweeg. ʼn Eie logiese en sistematiese mening word gevorm. Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. ARGUMENTERENDE/BETOGENDE OPSTEL Die skrywer het ʼn spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Dit is ʼn subjektiewe opstel. Hou die volgende in gedagte: Dit is subjektief en definitiewe opinies moet gestel word. ʼn Eie mening word op ʼn baie oorspronklike wyse en treffende manier gegee. ʼn Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee. Daar moet op argumente vir/teen die standpunt gekonsentreer word. n Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word. Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word. Daar moet ʼn duidelik en oortuigende slot wees. Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. TOTAAL AFDELING A: 50

8 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2014) AFDELING B: LANGER TRANSAKSIONELE TEKSTE AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste moet nagesien word. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks nagesien. NASIENRIGLYNE: Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan: Voorbeeld: Inhoud, beplanning en formaat I = K5 10 Taal, styl en redigering T = K5 6 16 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks). Dra die getal uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (die begin van die afdeling). LET WEL: Indien die getal 17½ sou wees, dra dan die getal as 18 oor. Verwys na AFDELING B: Rubriek vir assesseringsrubriek vir transaksionele tekste Huistaal [25 punte] wat op bladsy 14 gevind kan word. KRITERIA WAT VIR ASSESSERING GEBRUIK WORD KRITERIA KRITERIA INHOUD EN BEPLANNING (60%) 15 TAAL, STYL EN REDIGERING (40%) 10 TOTAAL 25 VRAAG 2 2.1 BEDANKINGSBRIEF Hierdie brief is ʼn skryfstuk waarin die kandidaat sy/haar waardering teenoor ʼn motiveringspreker uitspreek vir die lesse wat ʼn hy/sy oorgedra het. Hou die volgende in gedagte: Bedanking en opoffering moet beklemtoon word. Gebruik informele taal, register en styl. Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal. Skryf logies en volgens ʼn spesifieke doel. Skryfstukke moet ʼn inleiding, liggaam/inhoud en slot hê. Skryfstukke moet die skrywer se adres en die datum waarop die brief geskryf is, onder die adres bevat. Na die skrywer se adres volg ʼn informele aanhef. Sluit die brief informeel of semi-formeel af, gevolg deur die skrywer se naam. Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. [25]

(NOVEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 9 2.2 TYDSKRIFARTIKEL Hierdie artikel is ʼn skryfstuk oor ʼn matriekleerder wat uitsonderlik in die eindeksamen presteer het en sy/haar wenresep vir sukses. Hou die volgende in gedagte: Inligting oor die leerder moet beklemtoon word. Daar is ʼn ooreenkoms tussen ʼn feitelike opstel en ʼn artikel. Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees. Die artikel kan in paragrawe of in kolomme aangebied word. Aanhalings kan gebruik word. Die titel/opskrif is kort en treffend en moet by die onderwerp pas. ʼn Subtitel kan ook gegee word. Die inleidingsparagraaf moet die inhoud ontsluit. Dit moet kort en kragtig wees. Die meeste feite word in die eerste paragraaf gegee. Wie, wat, waar, wanneer, waarom en hoe. Die wat, waar en wanneer word in die volgende paragrawe uitgebrei. Meer inligting die hoe en hoekom word nou gegee. Die slotparagraaf bevat die gevolgtrekking waartoe gekom word. [25] 2.3 FORMELE BRIEF In hierdie brief word gemotiveer waarom die Reg tot opvoeding-projek die skool moet besoek. Daar moet dus gefokus word op leerders se behoeftes/gebreke t.o.v. hul opvoeding by die skool. Hou die volgende in gedagte: Die formaat van die brief moet korrek wees: adres van die sender, datum, adres van ontvanger, aanhef, opskrif/doel, paragrawe, afsluiting. Daar word nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie. Die datum word voluit geskryf: 19 Oktober 2014. Die adres van die ontvanger van die brief word links in blokvorm geskryf. Geen leestekens word in die adresse gebruik nie. ʼn Reël word tussen die adres van die sender en die aanhef van die briefoopgelaat. Die doel van die brief word in hoofletters geskryf dit kan in kleinletters geskryf word en dan onderstreep word. Geen leestekens word na Die uwe gebruik nie. Die brief word deur die persoon wat die korrespondensie rig, onderteken/korrespondensie kan ook hul noemname en vanne gee. Die hoedanigheid van die sender word onder die handtekening uitgeskryf. Die taal, styl, toon en register is formeel. Skryf nugter en saaklik. Geen mooiskrywery nie. [25]

10 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2014) 2.4 BRIEF AAN DIE PERS In hierdie brief aan die pers moet die kandidaat sy opinie lug oor tienerdogters wat deur hul kêrels geslaan word. Die inhoud van sulke skryfstukke is baie belangrik. Die briefskrywer moet ʼn definitiewe standpunt inneem. Die inhoud moet ondubbelsinnig, saaklik en bondig wees. Die saak waaroor die brief handel, moet duidelik gestel word. Die saak moet logies, objektief en beredeneerd, sonder om emosioneel betrokke te raak, gestel word. Skryf in eenvoudige, direkte taal. Gebruik ʼn formele register. Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. Die formaat van die brief moet korrek wees: Die adres van die sender kom regs, boaan, in blokvorm. Daar word nie ʼn reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie. Die datum word voluit geskryf. ʼn Reël word tussen die adres van die sender en die ontvanger oopgelaat. Geen leestekens word in die adresse gebruik nie. Die brief aan die pers word altyd aan die redakteur gerig. Die doel van die brief word in hoofletters geskryf, dit kan in kleinletters geskryf en dan onderstreep word. Dit moet die essensie van die brief saamvat. Sluit af met ʼn treffende slotparagraaf. Die brief word afgesluit met Die uwe geen leestekens word na Die uwe gebruik nie. Wanneer ʼn skuilnaam gebruik word, word dit eerste aangebring en dan die sender se regte naam en handtekening. Let op die streep wat onder die skuilnaam getrek word. [25] 2.5 KOERANTBERIG Hier moet die leerder berig lewer oor een van die opskrifte. Hou die volgende in gedagte: Feite moet kortliks en akkuraat weergee word; ʼn akkurate opsomming sonder om die feite te verdraai. ʼn Subtitel kan ook gegee word. Die styl moet maklik verstaanbaar en interessant wees. Die berig kan in paragrawe of in kolomme aangebied word. Direkte aanhalings kan gebruik word. Vermeld belangrike feite alreeds in die eerste paragraaf. (Wie? Hoekom? Waar? Wanneer? Wat? Hoe?) In die inhoudsgedeelte word die vrae (Wie? Hoekom? Waar? Wanneer? Wat? Hoe?) uitgebrei; meer inligting word nou gegee.

(NOVEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 11 Paragrawe moet volgens die logiese verloop van die gebeure wees. Gebruik semi-formele of formele taal, register en styl. ʼn Objektiewe skryfstyl word deurgaans gebruik. Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag geniet. [25] 2.6 TOESPRAAK Die toespraak word voor die tyd voorberei en gelewer om die gehoor te oortuig, in te lig, geluk te wens of te bedank. In hierdie toespraak moet die leerders ingelig word oor die probleme wat tieners in die gesig staar in hulle omgewing en moontlike oplossings moet gegee word. Hou die volgende in gedagte: ʼn Interessante inleiding is belangrik om die gehoor se aandag te trek. Openingsin is belangrik, bv. Geagte Leerders. Elke paragraaf handel oor ʼn nuwe feit. Inhoud is logies en georden. Onderwerp, taal, styl en register moet by die gehoor pas. Interessante voorbeelde, staaltjies en grappies maak die toespraak lewendig. [25] TOTAAL AFDELING B (25 x 2): 50 GROOTTOTAAL: 100

12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2014) LET WEL: Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A). Punte van 0 50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel. Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ʼn hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings. Struktuur word nie deur die verdeling in ʼn hoë en lae vlak beïnvloed nie. ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL HUISTAAL [50 PUNTE] Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende 27 30 22 23 15 17 9 11 3 5 - Respons is - Respons baie goed; - Respons bevredigend - Wisselvallige - Respons heeltemal uitsonderlik/treffend getuig van vaardigheid. - Idees redelik samehangend samehang in irrelevant. en bo verwagting. - Idees heeltemal en oortuigend. respons. - Idees deurmekaar - Idees is intelligent, relevant, interessant en - Redelike organisasie en - Idees onduidelik, en nie op onderwerp volwasse en stem leser lewer bewys van redelik samehangend, nie oorspronklik gefokus nie. tot nadenke. volwassenheid. insluitend inleiding, liggaam nie. - Vaag en herhalend. - Uitsonderlike - Organisasie baie goed en samevatting/slot. - Min bewys van - Geen organisasie organisasie en en samehangend, organisasie en nie en is samehang, insluitend insluitend inleiding, samehang. onsamehangend. inleiding, liggaam en liggaam en samevatting/slot. samevatting/slot. INHOUD EN BEPLANNING (Respons en idees) Organisering van idees vir beplanning; Bewustheid van doel, gehoor en konteks 30 PUNTE 24 26 18 21 12 14 6 8 0 2 - Respons goed; getuig - Respons bevredigend, - Respons is van vaardigheid. maar verval soms in grootliks - Idees relevant en onduidelikheid. irrelevant. interessant. - Idees redelik - Idees begin los - Organisasie goed en samehangend en staan en kan samehangend, oortuigend. verwarrend insluitend inleiding, - ʼn Mate van organisasie wees. liggaam en en samehang, insluitend - Skaars ʼn bewys samevatting/slot. inleiding, liggaam en van organisasie samevatting/slot. en samehang. - Respons uitmuntend, maar uitsonderlik treffende eienskappe van ʼn opstel ontbreek. - Idees intelligent en volwasse. - Knap organisasie en samehang, insluitend inleiding, liggaam en samevatting/slot. - Geen poging aangewend om in ooreenstemming met onderwerp te wees nie. - Heeltemal irrelevant en ontoepaslik. - Deurmekaar en geen fokus nie.

(NOVEMBER 2014) AFRIKAANS HUISTAAL V3 13 ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL HUISTAAL [50 PUNTE] (vervolg) TAAL, STYL EN REDIGERING Toon, register, styl en woordeskat is geskik vir doel/effek en konteks; Woordkeuse; Taalgebruik en konvensies, punktuasie, grammatika, spelling 15 PUNTE STRUKTUUR Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende 14 15 10 11 6 7 2 3 0 - Toon, register, styl en - Toon, styl, register en - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en - Taal woordeskat hoogs woordeskat baie gepas vir woordeskat gepas vir woordeskat nie gepas onverstaanbaar. gepas vir doel, gehoor doel, gehoor en konteks. doel, gehoor en vir doel, gehoor en - Toon, register, styl en konteks. - Taalgebruik effektief en ʼn konteks. konteks nie. en woordeskat - Taalgebruik getuig van deurlopende gepaste toon - Gepaste taalgebruik - Taalgebruik baie minder gepas vir vertroue; word gebruik. om betekenis oor te basies. doel, gehoor en indrukwekkend. - Grammatika en spelling dra. - Toon en woordkeuse konteks. - Toon retories treffend grootliks foutvry. - Toon is gepas. skaars toepaslik. - Woordeskat so en effektief. - Baie goed gedoen. - Retoriese middele - Baie beperkte beperk dat dit - Grammatika en gebruik om betekenis woordeskat. onmoontlik is om spelling feitlik foutvry. te versterk. sin te maak. - Knap gedaan. Kenmerke van teks; Paragraafontwikkeling en sinskonstruksie 12 13 8 9 4 5 0 1 - Taalgebruik toepaslik en - Voldoende oor die algemeen taalgebruik, maar effektief. teenstrydighede word - Toon gepas en effektief opgemerk. - Enkele foute in - Toon oor die grammatika en spelling. algemeen gepas en - Goed gedoen. beperkte gebruik van - Taalgebruik uitstekend en toon is retories effektief. - Grammatika en spelling feitlik foutvry. - Baie goed tot knap gedaan. - Uitstekende ontwikkeling van onderwerp. - Uitsonderlike detail. - Sinne en paragrawe uitsonderlik gekonstrueer. - Taalgebruik onvoldoende. - Weinig indien enige sinsverskeidenheid. - Woordeskat baie beperk. retoriese middele. 5 4 3 2 0 1 - Logiese ontwikkeling van - Relevante detail - Sommige punte geldig. details. ontwikkel. - Sinne en paragrawe - Samehangend. - Sinne en paragrawe foutief. - Sinne en paragrawe goed gekonstrueer. - Opstel maak nog sin. logies en toon variasie. - Opstel maak nog effens sin. - Noodsaaklike punte ontbreek. - Sinne en paragrawe foutief. - Opstel maak nie sin nie. 5 PUNTE VERSPREIDING VAN PUNTE 40 50 30 39 20 29 10 19 0 9

14 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2014) ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE HUISTAAL [25 PUNTE] INHOUD, BEPLANNING EN FORMAAT Respons en idees; Organisering van idees vir beplanning; Doel, gehoor, kenmerke/konvensies en konteks 15 PUNTE Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende 12 15 9 11 6 8 4 5 0 3 - Respons uitsonderlik, bo - Respons baie goed - Respons voldoende en - Basiese respons toon - Respons toon geen verwagting. en demonstreer toon voldoende kennis geringe kennis van kennis van - Idees intelligent en goeie kennis van van kenmerke van die kenmerke van die kenmerke van die volwasse. kenmerke van die soort teks. soort teks. soort teks nie. - Grondige kennis van soort teks. - Nie heeltemal gefokus - Aanduiding van - Betekenis kenmerke van dié soort - Behou fokus geen nie enkele afwykings. fokus, maar met onduidelik met groot teks. afwyking nie. - Redelike samehang in afwykings. afwyking. - Skryfwerk behou fokus. - Samehang in inhoud en idees. - Inhoud en idees nie - Geen samehang in - Samehang in inhoud inhoud en idees; - Sommige detail altyd samehangend idees en inhoud nie. en idees. baie goed uitgebrei ondersteun die nie. - Baie min detail - Idees behoorlik met detail wat die onderwerp. - Min detail ondersteun die uitgebrei met detail onderwerp - Formaat oorwegend ondersteun die onderwerp. wat die onderwerp ondersteun. gepas, maar met onderwerp. - Nodige reëls van ondersteun. - Gepaste formaat enkele foute. - Nodige reëls van formaat nie - Gepaste en akkurate met onbeduidende formaat vaagweg toegepas nie. formaat. foute. toegepas. TAAL, STYL EN REDIGERING Toon, register, styl, doel/effek, gehoor en konteks; Taalgebruik en konvensies; Woordkeuse; Punktuasie en spelling 10 PUNTE VERSPREIDING VAN PUNTE - Kritiese foute begaan. 8 10 6 7 4 5 2 3 0 1 - Toon, register, styl - Toon, register, styl en - Toon, register, styl en en woordeskat baie woordeskat is geskik woordeskat minder geskik vir doel, vir doel, gehoor en geskik vir doel, gehoor en konteks. konteks. gehoor en konteks. - Grammatika oor die - Enkele - Grammatika algemeen korrek en grammatikafoute. onakkuraat met etlike goed gekonstrueer. - Voldoende foute. - Baie goeie woordeskat. - Basiese woordeskat. woordeskat. - Foute belemmer nie - Betekenis belemmer. - Oorwegend betekenis nie. foutloos. - Toon, register, styl en woordeskat hoogs geskik vir doel, gehoor en konteks. - Grammatika akkuraat en goed gekonstrueer. - Feitlik foutloos. - Toon, register, styl en woordeskat stem nie ooreen met doel, gehoor en konteks nie. - Besaai met foute en verward. - Woordeskat nie geskik vir doel nie. - Betekenis ernstig belemmer. 20 25 15 19 10 14 5 9 0 4