Voerkraaltegnologie om wins te verseker

Σχετικά έγγραφα
NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Die genade gawes Van God:

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor: Ons kinders se toegang tot Hom... en ons almal se ingang in die Koninkryk.

Hosea se boodskap is Keer terug na God." 15 keer in die 14 hoofstukke word die woord keer terug gebruik. In Hebreeus is dit sjoeb = Bekeer.

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11

Reeks 1: Wie is God? God die Vader Skriflesing: Joh. 14:8-11; 1 Joh 2:28-3:3; 1 Joh 5:1-2

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

Vraag: Watter inligting kan ek as melkboer uit melkaantekening bekom en hoe gaan dit help om my inkomste te verhoog?

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

Prediker 4:7 12. Geliefdes, vandag sê die Here vir jou: TWEE VAAR BETER AS EEN N DRIEDUBBELE TOU BREEK NIE MAKLIK NIE

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

Mattheus 5:1-2 & 7:28-29 Jesus se Bergpredikasie: Ons oorsig daarvan.

Elektriese Aandryfstelsels 324

1 EN daar was n man uit die Fariseërs met die naam van Nikodémus, n owerste van die Jode.

Markus 16:9-20(a) Wanneer Jesus, ons Here wat opgestaan het, jou ontmoet, oorwin Hy ongelof, en verander Hy jou lewe radikaal.

Dan 7:1-28. Die HERE se lering in Daniël 7 oor 'n regte wêreldbeskouing (a).

Die regering van die Kerk 1Tim 2:1-7. Die plaaslike kerk moet n biddende kerk wees (a).

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van verskille (d)

WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 12 VRAESTEL 2 AUGUSTUS TOTAAL: 150 TYD: 3 UUR

Vraestel 1 NOVEMBER Hierdie vraestel bestaan uit 7 vrae. Beantwoord alle vrae.

Mark 10: Fokus: vers Jesus se dissipel-onderrig oor ons ingang in God se Koninkryk in sy gesprek met die ryk-jong-man.

Vir die mens anders as vir Jesus is die tyd altyd ryp

Die regering van die Kerk 1Tim 3:2-3. Paulus se vereiste vir die ouderling-amp en die merktekens daarby (b).

Mark 9: Fokus: 9:21-29 Jesus op sy lydingsweg... en pa met n besete kind.

Wedergeboorte, bekering en geloofsekerheid

HOOFSTUK 6 Vergelyking van meer as twee groepe metings

NOVEMBER 2013 TOTAAL: 150. INSTRUKSIES 1. Die vraestel bestaan uit 6 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word.

EXPANDO VERWAG EN VERKONDIG DIE WEDERKOMS SÓ OM TE KAN GROEI. Dr. Malan van Rhyn

Die regering van die Kerk 1Tim 3:8. Die diaken-amp en wat ons daaroor leer vanuit die ooreenkoms met die ouderling-amp.

Rom 14:1-9. Fokus: Rom 14:5-9 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (c)

1. Hierdie vraestel bestaan uit 8 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word, tensy anders vermeld.

1. Die vraestel bestaan uit 8 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word.

WISKUNDE: VRAESTEL I LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

SNYMAN. 2 b1 Jacobus Christoffel SNYMAN (1/x), ±1690,

Wiskunde. CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Die hooffokus areas in die VOO-Wiskunde- kurrikulum: NOMMER

CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Wiskunde Graad 12

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE Toets 7: Chemiese stelsels

SAMESANG: 33 15:7,10 49:4 TYDENS EREDIENS:

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 6 WISKUNDE TOETS PROVINSIE STREEK DISTRIK NAAM VAN SKOOL. KLAS (bv. 6A) VAN C C Y Y M M D D

Mark 13:1-4 Jesus se profesie oor die verwoesting van die Tempel

Julie Lees: Mark 13:9-13. Skrifverklaring.

DOOPVIERING. Lesing 1. Doopviering in die lig van die doop. 1. Wat sê die Sinode aangaande doop en doopviering?

Teks: Matt 3:2; 11:28; 16:15-16; Hand 4:8-10, God se Seun, Jesus Christus

Geseënd is dié wat rein van hart is!

( ) ( ) BYLAE A Metode om presiese vertrouensinterval vir. enψ te bepaal. A.1 Twee onafhanklike groepe: Dit geld dat indien x 1

VITAL HEALTH FOODS (PTY) LTD VOUBILJET. **Ginsengwortel (Panax ginseng) Pampoensaad- olie. Koënsiem Q10 1 mg

Ef 3:14 21 Paulus se Tweede Gebed

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Rom 15:1-7. Fokus: vers 1-7 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (j)

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

e-hervormer Weeklikse nuusbrief met kommunikasie en kommentaar

Oktober Skrifverklaring. Inleiding. A. Geliefdes in Mat 7:1 sê Jesus lewensbelangrike woorde: Moenie oordeel nie...

Wiskundige Geletterdheid

e-hervormer VOORBLAD Verstaan julle wat Ek vir julle gedoen het? Ons droom is dat alle mense in Jesus Christus sal glo as hoop vir die wêreld

e-hervormer VOORBLAD In hierdie uitgawe Voorblad Beroepe en standplase Predikante en gemeentes

Mat 11:25-26 Die lering vanuit Jesus se lofprysing in vers

Uitgawe Junie 2017 saam met Koersvas 114

ANALISE VAN KOVARIANSIE

1 TESSALONISENSE 1:3

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

Mattheus 6:11-13 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

1. MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 2. GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2014 GRAAD 9 WISKUNDE MODELVRAE MEMORANDUM

Die eerste Kersfees. 1 Uitgawe Desember 2017 saam met Koersvas 126

CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Wiskunde. GRAAD 11_Kwartaal 1

Nadat die hoofstuk voltooi is, moet die student:

SEPTEMBER-EKSAMEN 2008

1 Bekering: Kom tot inkeer Die bekende Griekse woord wat hier gebruik word is μετανοέω metanoéō.

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 9 WISKUNDE TOETS DISTRIK

Romeine 14. Wanneer moet ons mekaar se standpunte verdra

September Toepassing Vraag is: Wat sê-ie HERE met 2Kon 9-10 vir ons wat leef in n land-en-wêreld vol politieke-onrus.

April Openbaring 2:1-7 Fokus: vers 1-7 Christus se brief aan sy gemeente in Efese

ל או נ מ ע immanuel Ἐμμανουήλ

Junie Openbaring 2:12-17 Fokus: vers Christus se brief aan sy gemeente in Pergamus waar Satan woon.

Efes 6:1-4. Fokus: Efes 6:4 Kinderopvoeding in God se nuwe-mensdom

e-hervormer VOORBLAD Dankbaar in voorspoed én teëspoed

e-hervormer VOORBLAD Geestelike leierskap Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien. (Josua 24: 15)

Die krag / vuur van God:

e-hervormer VOORBLAD In gesprek oor die kerk

JOHANNES 21: Votum en seën. Psalm 145 : 1, 2, 5. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1983/91) Psalm 119 : 63

SNYMAN. 11 [f4] Johannes Petrus VILJOEN (7/x), ±..1799, Graaff-Reinet November :06

GRAAD 12 SEPTEMBER 2017 WISKUNDE V2

Mark 11:27-33 Mark 11:27-33 wys vir ons Jesus besig om in sy genade-tyd sy ware volk uit sy komende toorn uit te red.

Meesters vir transparante. 5.1 Meganika

Transcript:

Mei 2013 Ulrich Müller, Voermol Voere Voerkraaltegnologie om wins te verseker Weens die relatief hoë voerkoste is die winsgewendheid van voerkrale onder druk. Dit is dus uiters belangrik om doeltreffend te voer ten einde die koste per kilogram vleis geproduseer, te verlaag. Die grootste insetkoste is die aankoop van die speenkalf. Die speenkalfprys word bepaal deur vraag en aanbod. Gedurende die wintermaande is die speenkalfprys onder afwaartse druk, omdat die aanbod die vraag na speenkalwers oorskry. Die tweede grootste inset naas die aankoop van die speenkalf, is die voerkoste. Die voerkoste word grotendeels bepaal deur die koste van graan en/of hominy chop, wat tussen 60 % en 70 % van die rantsoen uitmaak. Teen hierdie agtergrond is dit dus uiters belangrik om aandag te gee aan doeltreffendheid deur gebruik te maak van beskikbare tegnologie. Graag verwys ek hier na 'n aanhaling van dr Jude Capper, 'n aktivis vir volhoubare produksie: Sustainable beef production means producing safe, affordable, nutritious beef, caring for cattle and land and giving back to the community (SAFA, Pretoria, 2013). Landbou sal nie in die vraag na voedsel kan voorsien sonder die gebruik van tegnologie nie. Die gebruik van 'n β-agonis in kombinasie met 'n inplantaat, sal die impak op die omgewing met 12 % verlaag en die koste van produksie met 9,9 % verlaag. Ionofore het sekerlik die grootste impak op die verhoging van produktiwiteit en word reeds vir meer as 35 jaar in voerkraalrantsoene gebruik. Daar 2 'n Voerkraal. Foto: Isabel Pieterse 1

1 word algemeen aanvaar dat ionofore verantwoordelik was vir die geweldige groei en ontwikkeling van die voerkraalbedryf. Wat is die waarde van die tegnologie? Inplantaat: 'n Inplantaat behoort die gemiddelde daaglikse toename (GDT) met tussen 7 % en 17 % te verbeter en die voeromsetverhouding (VOV) met tussen 4 % en 12 %. Ionofoor: 'n Ionofoor behoort die GDT met tussen 6 % en 14 % te verbeter en die VOV met tussen 10 % en 15 %. β-agonis: 'n β-agonis soos Zilpatherol- HCL word teen die einde van die voerperiode gebruik en sal die GDT met tot 21 % verbeter en die VOV-verhouding met sowat 18 % verlaag. Hierdie drie produkgroepe het waarskynlik die grootste impak op produktiwiteit en word algemeen in voerkrale gebruik. Daar is egter ander produkte wat ook produktiwiteit sal verbeter, soos plantekstrakte, essensiële olies, buffers, mikroörganismes, spoorminerale, ens. Goed gebalanseerde rantsoene met 'n hoë energie-inhoud is uiters belangrik om bogenoemde respons te verwesenlik. Voermol poog om met volgehoue produkontwikkeling deurgaans produkte beskikbaar te stel wat die nuutste tegnologieë benut om goeie resultate te verseker. Voermol-konsentrate Voermol SB 100 (V4498) is reeds in Julie 1978 verander om die ionofoor, Monensin-Na, in te sluit. Destyds was dit 'n moeilike besluit, aangesien navorsing getoon het dat die insluiting van Monensin-Na diere se voerinname met tussen 30 % tot 35 % sou verlaag. Bemarkers was negatief aangesien die persepsie bestaan het dat die gebruik van 'n ionofoor verkope sal verlaag. Die teendeel het egter plaasgevind en verkope van Voermol SB 100 het rekordvlakke bereik. Oor die jare het Voermol Voere 'n verskeidenheid voerkraalkonsentrate ontwikkel wat met groot sukses in die bedryf gebruik word. Voermol Beefmaker (V7535), 'n konsentraat waar beeste sonder die gebruik van ruvoer suksesvol op kraal afgerond kan word. Voermol Super 80 (V6059), 'n hoogs gekonsentreerde konsentraat wat veral in kombinasie met mieliekuilvoer uitstekende resultate lewer. Voermol Vloeivoere, 'n reeks vloeibare konsentrate (melasse-basis) vir groter krale (500 bees plus), word as 'n kliëntemengsel bemark. 'n Vloeivoer word spesifiek volgens die voerkraal se behoefte geformuleer om optimale resultate te lewer. 'n Verdere voordeel van vloeivoere is dat die gebruik van hande-arbeid tot 'n groot mate uitgeskakel word. 'n Vloeivoer word in los maat en volvrag-hoeveelhede van sowat 27 000 liter gelewer. Vir meer besonderhede skakel gerus u naaste Voermol-agent of besoek ons webblad by www.voermol.co.za Voermol se borgskap aan die Bovelder Beesstudiegroep CT du Plessis, Voermol Op 22 Januarie 2013 het Voermol Voere 'n tjek ter waarde van R94 548,83 aan die Bovelder Beesstudiegroep oorhandig tydens die groep se vergadering in Vrede. Die borgskap verteenwoordig aankope van Voermol Bovelderlek deur groeplede in die 2012 seisoen. Voermol Bovelderlek en -konsentraat is in samewerking met die Bovelder Beesstudiegroep spesifiek ontwikkel vir die suurveldgebiede en strawwe wintersomstandighede waaronder meeste van die groep se lede boer. Die studiegroep bestaan uit ongeveer 60 lede wat grotendeels in die distrik van Harrismith/Warden/Vrede woonagtig is. Daar is egter ook lede van so ver as Vryburg en Limpopo. Die studiegroep onder leiding van dr At Viljoen, word as een van die suksesvolste beesstudiegroepe in Suid-Afrika bestuur. Die tjek is deur Kenny Crampton (links), Voermol se nasionale verkoopsbestuurder aan mnr Cas Joubert (regs) oorhandig, wat dit namens die Beesstudiegroep ontvang het. (Berig uit Veeplaas Feb. 2013) 2

Voermol Premix 450 Die tydlose waarde-vir-geld winterlek vir beeste Hendrik van Pletzen, Voermol Voermol Premix 450 (V4676) is n ou bekende in die Voermolstal en uitstekende praktykresultate oor baie jare bevestig die waarde van hierdie beeslek. Premix 450 is ook in onafhanklike proewe op strawwe winterveld getoets en die resultate wys inderdaad dat Premix 450 van die mees kosteeffektiewe winterlekke vir beeste is. Die grootste probleem met winterweidings in die somerreënstreke, is dat die voedingswaarde van veld drasties daal en daarmee saam die smaaklikheid en inname van droë veld. Oor die algemeen bevat doodgerypte droë veld baie energie, maar dit is nie vir diereproduksie ontsluit nie (let gerus op hoeveel energie vrygestel word met veldbrande). Vul aan met Premix 450 Premix 450 is by uitstek geskik om voedingstekorte in winterveld aan te vul, inname van winterveld te stimuleer en gevolglike massaverlies by beeste te beperk. Premix 450 is 'n onderhoudslek wat proteïen en spoorelemente aanvul om mikroörganismes in die grootpens te stimuleer, ten einde vertering van droë winterweiding te verbeter. Proteïen in die lek is gekonsentreerd en slegs die noodsaaklike elemente word aangevul om dit 'n koste-doeltreffende lek te maak. Die melasse in Premix 450 het baie voordele, soos die voorsiening van energie vir doeltreffende stikstofbenutting in die lek, voorkoming van droë galsiekte, smaaklikheid wat goeie lekinname verseker en geen lekverliese as gevolg van uitdroging en wegwaai nie. Premix op die plaas Dit is egter op plaasvlak waar Premix 450 hom herhaaldelik bewys as een van die beste winterlekke vir beeste. In praktyk is daar verskeie boere wat Premix 450 met groot welslae in hul beesboerderye gebruik. Carl Durow van die FC Durow Trust by Clocolan hou by sy jare lange wenresep met Premix 450. Carl was ook die Nasionale Beesboer van die Jaar en in die jaar toe hy die kompetisie gewen het, was sy gemiddelde speenpersentasie 95,5 % (speenpersentasie is kalwers gespeen per koeie gedek). Sy bestuurspraktyke is sterk gefokus om 'n hoë reproduksiesyfer in sy kudde te verseker. Bestuur van eerstekalfkoeie, dit wil sê verse wat die eerste keer gekalf het, is 'n hoë prioriteit en hierdie Voermol Premix 450 kan met graan gemeng word vir 'n produksielek vir koeie met kalwers groep diere se speenpersentasie met hul tweede kalfgeleentheid was 96,8 % met 'n gemiddelde speengewig van 238 kg. Gerrit van Zyl van Dewetsdorp gebruik ook Premix 450 met groot welslae en hy was by twee geleenthede die LNRwenner en in 2011 die Nasionale Bees- Bestanddeel Laat dragtig lakterend (Kg) Vers-lek (Kg) Voermol Premix 450 500 400 Graanmeel 500 500 Voermol Rumevite 12P (V11994) 50 50 Voermol Procon 33 (V12701) - 50 TOTAAL 1 050 1 000 boer van die Jaar. Gerrit boer net op veld en het in die jaar waarin hy die toekenning ontvang het, 'n gemiddelde speenpersentasie van 94,7 % oor sy kudde behaal. Gebruiksaanwysings Voermol Premix 450 kan ongemeng as 'n winteronderhoudslek gevoer word teen 'n inname van 400 tot 600g/bees/dag. Dit kan ook in gelyke dele met graan gemeng word vir 'n produksielek. Vir laatdragtige en lakterende vleisbeeskoeie en vir die uitgroei van verse, is die mengverhouding vir produksielekke soos volg: Aanbevole inname Die aanbevole inname van die produksielek is 1,5 tot 1,7 kg/koei/dag en die vers-lek 1 tot 1,5 kg/dag. Met hoë graanpryse is dit koste-doeltreffend om die helfte van die graan in produksielekke met Voermol Melassemeel (V1995) te vervang. 3

Voermol Verkoop- en Tegniesespan Kenny Crampton Nasionale Verkoopsbestuurder 082 888 2184 Noord-westelike Span Mark Barlow Noord-wes Verkoopsbestuurder 082 456 6252 Oostelike Span CT du Plessis Oos Verkoopsbestuurder 072 441 5663 Daan Bosman Aranos, Karasburg, Keetmanshoop, Mariental 082 929 8406 Jeremy Bosman Hartbeesfontein, Klerksdorp, Oberholzer, Potchefstroom, Ventersdorp 076 423 4785 Gawie Coetzer Delareyville, Kameel, Louwna, Madibogo, Mafekeng, Mareetsane, Piet Plessis, Reivilo, Rostrataville, Sannieshof, Stella, Tosca, Vergelegen, Vryburg 082 774 3874 Ampie de Jager Boons, Brits, Dwaalboom, Johannesburg, Koedoerskop, Krugersdorp, Magaliesburg, Northam, Pretoria, Randburg, Randfontein, Roodepoort, Ruimsig, Rustenberg, Soshanguve 1+2, Thabazimbi, Westonaria, Wonderboom 078 355 3406 Jannie de Klerk Balfour, Bronkhorstspruit, Cullinan, Delmas, Grootvlei, Heidelberg, Kinross, Nigel, Ogies 082 564 3139 DJ Malan Alldays, Alma, Baltimore, Dendron, Ellisras, Lephalale, Letsitele, Louis Trichardt, Marken, Messina, Naboomspruit, Nylstroom, Pienaarsrivier, Polokwane, Roedtan, Settlers, Tolwe, Tomburke, Trichardsdal, Tzaneen, Vaalwater, Venda, Vivo, Warmbad 083 507 7965 Dunell Pienaar Gobabis, Grootfontein, Karibib, Okahandja, Omaruru, Opuwo, Otavi, Otjiwaronga, Outjo, Tsumeb, Windhoek 00264 81 124 2860 Jacques Pretorius Danielskuil, Deben, Groblaarshoop, Hotazel, Kakamas, Kenhart, Kuruman, Marydale, Olifantshoek, Pofadder, Postmasburg, Prieska, Upington, Van Zylsrus 072 875 9726 Douw Steyn Barberton, Belfast, Burgersford, Groblersdal, Hoedspruit, Komatipoort, Lydenburg, Machadodorp, Malelane, Marble Hall, Middelburg, Nelspruit, Witbank 082 927 2471 Gerrit van Niekerk Bamboespruit, Bothaville, Leeudoringstad, Makwassie, Migdol, Ottosdal, Schweizer-Reneke, Wolmaransstad 083 627 5162 Willie van Tonder Boschpoort, Biesiesvlei, Buhrmansdrift, Coligny, Gerdau, Grootpan, Koster, Lichtenburg, Nooitgedacht, Skuinsdrif, Swartruggens, Zeerust 082 305 5283 Klasie Klopper Bergville, Dundee, Ladysmith, Winterton 082 802 8002 Schalk Pienaar Amsterdam, Paulpietersburg, Piet Retief, Pongola, Vryheid 082 463 4777 Johan Potgieter Afrikaskop, Eeram, Harrismith, Verkykerskop, Warden 083 290 2449 Mark Scott Creighton, Ixopo, Underberg 082 771 6659 Neels van der Merwe Amersfoort, Memel, Newcastle, Utrecht, Volkrust 082 893 5204 Hendrik van Tonder Bethal, Carolina, Ermelo, Hendrina 082 577 3038 Dirk Viljoen Acsent, Cornelia, Morgenzon, Standerton, Val, Vrede, Woudtsight 082 449 2789 Gavin Rogers Cedarville, Harding, Kokstad, Matatiele, Port Shepstone, Swartberg, 082 080 0280 Angus Williamson Empangeni, Greytown, Howick, Mooirivier, Pietermaritzburg 082 564 5481 4

Sentrale Span Leon van Dijkhorst Sentraal Verkoopsbestuurder 072 910 4040 Suidelike Span Leon de Klerk Suid Verkoopsbestuurder 082 901 1073 Opkomende Markte Danie Claasen Frankfort, Oranjeville, Petrussteyn, Reitz, Tweeling, Villiers 082 377 8849 Jan Coetzee Bloemhof, Boshof, Bultfontein, Christiana, Dealesville, Hartsvalley, Hartswater, Hertzogville, Hoopstad, Jan Kempdorp, Theunissen, Tierfontein, Wesselsbron 083 300 0989 Robert Harris Bloemfontein, Brandfort, Dewetsdorp, Hobhouse, Ladybrand, Petrusburg, Reddersburg, Smithfield, Tweespruit, Verkeerdevlei, Wepener 083 282 8110 Sas le Roux Kroonstad, Odendaalsrus, Ventersburg, Viljoenskroon, Welkom, Winburg 082 417 1791 Frans Loots Heilbron, Koppies, Meyerton, Parys, Vereeniging, Vredefort 082 565 4480 Eugene Nel Barkly-Wes, Bethulie, Britstown, De Aar, Douglas, Edenburg, Fauresmith, Griekwastad, Hopetown, Jacobsdal, Kimberley, Koffiefontein, Lückhoff, Modderrivier, Petrusville, Philippolis, Phillipstown, Rietrivier, Springfontein, Strydenburg, Tromsburg 072 018 0191 Henk Vermooten Clocolan, Excelsior, Ficksburg, Marquard, Rosendal, Senekal 083 274 9024 David Whitfield Arlington, Bethlehem, Clarens, Danielsrus, Fouriesburg, Kransfontein, Libertas, Lindley, Paul Roux 082 632 4165 Vuyo Bangani Verkoopsbestuurder: Opkomende Markte 083 720 6570 Hans Burger Ceres, Citrusdal, Clanwilliam, Darling, Durbanville, Eendekuil, Garies, Graaffwater, Hermon, Klawer, Kraaifontein, Malmesbury, Moorreesburg, Op die Berg, Paarl, Philippi, Piketberg, Porterville, Riebeeck Wes, Simondium, Springbok, Stellenbosch, Tulbagh, Vanrhynsdorp, Velddrif, Vredenburg, Vredendal, Wellington, Wolseley 071 208 7090 Peter Dormehl Aliwal-Noord, Barkly-Oos, Boesmanskop, Burgersdorp, Elliot, Jamestown, Lady Grey, Maclear, Rouxville, Steynsburg, Ugie, Zastron 083 272 3199 André Fourie Bredasdorp, Caledon, Klipdale, Krige, Napier, Ou Plaas, Protem, Rietpoel, Riviersonderend, Stanford 082 497 0619 Nico Klinck Albertinia, Ashton, Barrydale, Bonnievale, George, Heidelberg, Herbertsdale, Kleinberg, Knysna, Ladismith, Laingsburg, Montagu, Mosselbaai, Plettenbergbaai, Riversdal, Robertson, Swellendam, Worcester 082 893 6863 Nelius Rossouw Cathcart, Dordrecht, Hofmeyr, King William's Town, Komga, Molteno, Oos-Londen, Queenstown, Sterkstroom, Stutterheim, Tarkastad 082 297 7214 Raymond Rudman Aberdeen, Adelaide, Alexandria, Bathurst, Bedford, Cookhouse, Cradock, Golden Valley, Graaff-Reinet, Grahamstad, Jansenville, Mortimer, Paterson, Pearston, Somerset-Oos 082 571 2944 Arnold van der Merwe Beaufort-Wes, Brandvlei, Calvinia, Carnarvon, Colesberg, Fraserburg, Hanover, Loxton, Middelburg, Murraysburg, Nieuwoudtville, Richmond, Sutherland, van Wyksvlei, Victoria-Wes, Vosburg, Williston 082 229 4497 Paul van der Westhuizen Addo, Avontuur, Calitzdorp, De Rust, Herold, Humansdorp, Joubertina, Kareedouw, Misgund, Oudtshoorn, Port Elizabeth, Prins Albert, Steytlerville, Uitenhage, Uniondale, Willowmore 082 453 0141 Tegniese Bestuurders Ulrich Müller Tegniese Bestuurder 083 414 5928 Hendrik van Pletzen Tegniese Bestuurder 083 456 3636 Dr. Francois van de Vyver Tegniese Bestuurder 083 419 4562 5 5

"Beste van die Bestes" boeredag David Whitfield, Voermol 'n Baie suksesvolle boeredag is onlangs op die plaas Bloemhoek van mnr Linde du Plessis en sy seuns, Chris en Koos, gehou. Sowat 150 boere en belangstellendes, waaronder studente van die Universiteit van die Vrystaat, het die dag bygewoon. Die borge het interessante lesings aangebied en besoekers is getrakteer met heerlike kos en 'n pragtige uitsig. Linde is gekroon as die 2012 Nasionale Beesboer van die Jaar in die 'Beste-vandie-Bestes' kompetisie wat die afgelope tien jaar al aangebied word. Hy is verkies deur 'n komitee wat onder andere bestaan uit prof Johan Greyling en prof Hennie Snyman van die Universiteit van die Vrystaat. Die du Plessis-familie boer op sowat 6000 hektaar in die Fouriesburg-distrik. Hul boerdery is 'n gemengde boerdery wat mielies, koring, suikerbone, Merinoskape en 1000 beeste insluit. Die beeste wei op natuurlike veld wat weens die hoë reënvalsyfer in die omgewing, meestal uit suurveld bestaan. Dit word aangevul met aangeplante Eragrostis-weidings en oesreste in die wintermaande. Die beeskudde bestaan uit die Brandwater Brahman-stoeterye. Dié stoet maak ongeveer 15 % van die beeskudde uit en is een van die voorste Brahman-stoete in die land. Die kudde het talle toekennings Sprekers en borge: Prof Hennie Snyman, Universiteit van die Vrystaat, Jan van Zyl, FNB, Leon van Dijkhorst, Voermol, Linde du Plessis, Brandwater Brahmane, Hendrik van Pletzen, Voermol, Kenny Crampton, Voermol, en André du Toit, BKB. gewen, waaronder die Goue Beker vir vleisbeeste by beide die Vryburg- en die Royal Skoue in 2012. 'n Onlangse toevoeging tot die kudde is 'n kernkudde van Droughtmaster-beeste waarin 'n embrioprogram gevolg word om goeie gehalte Droughtmasters se getalle so gou moontlik te vermeerder. Die res van die kudde bestaan uit ongeveer 800 koeie wat die werklike kommersiële gedeelte van die boerderybesigheid vorm. Hierdie koeie is grootendeels Brahman x Simmentaler en Brahman x Droughtmaster kruisings. Top gehalte bulle word gebruik om uitstekende speenkalwers te produseer. Weens die hoë kwaliteit van die diere, glo Linde in waardetoevoeging wat op 'n aantal maniere gedoen word, onder andere deur twee produksieveilings per jaar. 'n Veiling van vroulike diere word in Februarie aangebied en 'n bulveiling 7 Boere het die geleentheid gehad om deel te neem aan praktiese demonstrasies en om beeste te besigtig 6

Voermol Volledige Kalfkorrels as 'n alternatiewe kruipvoer aan vleisbeeskalwers CT du Plessis, Voermol Voermol Volledige Kalfkorrels (V14603) kan met groot sukses as 'n alternatiewe klaargemengde kruipvoer gegee word aan vleisbeeskalwers. Mnr Fanie Burgers van Harrismith het met groot welslae die produk aan sy kalwers as 'n kruipvoer begin toedien in Desember 2012. Hy het foto s van spesifieke kalwers geneem aan die begin en weer 3 maande later. Op die foto s kan gesien word hoe indrukwekkend die kalwers gepresteer het met die kruipvoer. Die produk kan veral in ag geneem word vir boere wat nie wil meng nie en na 'n klaar gemengde opsie wil kyk. VOOR. Hierdie foto van die os is geneem op 27 November 2012. Voermol Volledige Kalfkorrels is begin toedien op 4 Desember 2012 Skakel gerus vir Hendrik van Pletzen by 083 456 3636, vir verdere inligting. VOOR. Die foto van die vers is ook op 27 November 2012 geneem NA. Hierdie foto is op 18 Januarie 2013 geneem van dieselfde vers, soos bo NA. Hierdie foto is op 4 Februarie 2013 geneem van dieselfde os, soos bo Kruipvoerder wat self deur Fanie Burgers se skoonpa gebou is 6 in Augustus elke jaar. Die speenkalwers word in 'n voerkraal op die plaas afgerond met byprodukte uit die saaigedeelte van die plaas. Dit bestaan uit klein mieliepitte (sifsels) en oesreste in 'n mengsel met Voermol Super 80 (V6059), Voermol Procon 33 (V12701) en Voermol Melassemeel (V1995). Goeie resultate in die voerkraal word behaal met 'n GDT van 1.9 kg/dag en 'n uitslag persentasie van 60 %. Nog 'n vorm van waardetoevoeging is om uitskotkoeie en verse op besproeide raaigras wat met Voermol Molovite (V7266) aangevul word, af te rond. Die koeie tel meer as 2 kg/dag op en word binne ses weke bemark. Linde gebruik die Nasionale Karkaskompetisie oor baie jare as n belangrike maatstaf. Hy het die kompetisie reeds talle kere gewen. 'n Paar van die belangrike lesse wat hy hieruit geleer het, behels watter tipe diere goed presteer, karkas bouvorm en vetverspreiding. Hoe beter die bul, hoe beter die resultaat op die haak. Linde gebruik die Voermol drie-fase lekprogram bestaande uit Voermol Rumevite 12P (V11994), Voermol Melassemeel en sout in die somer. In die winter gee hy Voermol Dundee Lekkonsentraat (V10737), Voermol Melassemeel en sout en in September en Oktober 'n Voermol Dundee Lekkonsentraat-gebaseerde produksielek. Geluk aan Linde du Plessis, 'n veeboer in die ware sin van die woord! 7 7

Voermol weer by Nampo Mark Barlow, Voermol Dit is weer NAMPO-tyd en Voermol Voere is oudergewoonte trots om deel te wees van een van die wêreld se grootste en mees gerespekteerde landbouskoue. Die jaarlikse Nampo-oesdag bestaan al vir amper 50 jaar en lok jaarliks meer as 70 000 besoekers oor n tydperk van vier dae, waartydens dit oop is vir landbouers en ander besoekers. Nampo bied aan landbouers die geleentheid om verskaffers van landbouprodukte te besoek, nuwe tegnologieë en produkte te bespreek en die gasvryheid en feestelike atmosfeer te geniet. Voermol Voere maak graag van hierdie geleentheid gebruik om veeboere uit te nooi om met ons te kom gesels. Die Voermol-stalletjie is reg langs die bekende Beeskompleks geleë. Daar sal jy met ope arms deur die Voermolspan verwelkom word. Ons bedien u graag met advies rakende die voer- en voedingkundige behoeftes van jou diere. Ons gesels graag oor 'n lekker koppie Mark Barlow, Voermol, word hier bygestaan deur Zylia Wium van Bonsmara SA, tydens die gelukkige trekking vir 'n Voermol leatherman koffie of koeldrank oor ons innoverende produkreeks and produksiestelsels. Die Voermol-stalletjie met sy uitstalling van plaasdiere asook tafels en stoele met sambrele op die sypaadjie, bied vermaak vir die hele gesin. Maak gerus 'n draai en laat rus daardie moeë voete in 'n ontspanne en vriendelike omgewing. Voermol Voere bied ook aan veeboere die geleentheid om Voermol se vetmaakkonsentrate teen uitstekende Nampo-pryse te bestel. Bestel julle Voermol SB 100 (V 4498), Voermol SS 200 (V 8592) en Voermol Super 80 (V 6059) by die Voermol stalletjie en julle sal 'n nuttige geskenk van Voermol ontvang (minimum bestelling geld) en sal outomaties kwalifiseer vir ons gelukkige trekkings wat daagliks oor die vier dae sal plaasvind. Geluk aan die wenners van die 2012 gelukkige trekking: Herman Weiss van Koppies, Koos van Niekerk van Heilbron, Piet Meyer van Vredefort, Solly Vermaak van Bothaville, Kobus Boshof van Middelburg, Bismark Boerdery van Wesselsbron, Johan van Rooyen van Hertzogville en Abraham van der Merwe van Wesselsbron, wie elk 'n Leatherman veeldoelige gereedskapstuk ter waarde van R1 000 ontvang het. Die span van Voermol Voere sien daarna uit om ou vriendskappe te hernu en nuwe vriendskapsbande te smee tydens die Nampo-oesdag by Nampo Park net buite Bothaville van 14 tot 17 Mei 2013. Silwer vir die 2013 KZN dames kushengel-span Shelley Cornish, Voermol Voermol Voere was die borg vir die KwaZulu-Natalse dames kushengelspan se beskermende klere. Die span het in Februarie vanjaar deelgeneem in die dames kushengel-kampioenskappe in die Boland. Ons gelukwense aan die span wat tweede uit die elf deelnemende spanne geëindig het. Tish Yelland is gekies vir die Protea-span wat teen Namibië sal meeding en ook in die Wêreldkampioenskappe in Spanje sal deelneem. Lisa Arlow is vir die Presidentspan gekies. Vanjaar se toernooi was nie 'n maklike een nie, vertel Krissi Scott, die spankaptein. Nog voor ons begin het, was daar baie praatjies oor skeurtand haaie. Maar soos dit die geval is by hengelary, het dié kalante verdwyn die dag toe ons begin. Ons het die dae deurgebring deur vioolvisse, oftewel sandhaaie, te jaag. Om dié vis te vang moet jy vinnig en aggressief hengel. Hulle moet meer as 2 kg weeg om vir punte in aanmerking te kom (vir 'n nie-eetbare vis kry jy slegs Agter: Lisa Arlow, Cara Cowan, Tish Yelland, Louise Herrison en Sharene van Vuuren. Voor: Jacques Malherbe, Krissi Scott, Theo Herbst en Neil Fourie een punt/kg terwyl 'n eetbare vis twee punte/kg verdien). Die wyfievisse is groter as hulle manlike eweknieë, maar die manlike visse is weer meer aggressief as dit by kos kom. Die gevolg is dat 'n mens meestal mannetjiesvisse vang wat nie geweeg kan word nie. Wanneer 'n mens hierdie tipe vis vang, is werkstempo krities jy moet die vis so vinnig as moontlik uithaal, weeg, weer aas aansit en terugkom in die water. Meestal is dit nodig om tot borshoogte in die water te stap sodat jy die lyn kan gooi tot by die banke waar die visse voer. Die spanbestuurder, Tish, het Voermol bedank vir hul ondersteuning en vriendskap wat die span gehelp het om hulle status as 'n top hengelspan te handhaaf. Die span het die afgelope sewe jaar een brons medalje, twee silwer medaljes en drie goue medaljes verower. 8 Terwyl Voermol alles in sy vermoë gedoen het om die juistheid te verseker van inligting in hierdie inligtingstuk vervat, is ons nie aanspreeklik vir enige foute wat moontlik onopsetlik ingesluit is nie.