FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Σχετικά έγγραφα
FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

NOVEMBER 2016 AL: 150. TYD: 3 uur

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

FISIESE WETENSKAPPE VRAESTEL 2 (CHEMIE)

GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 FISIESE WETENSKAPPE V2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur

METRO-SUID ONDERWYSDISTRIK GRADE 12

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 FISIESE WETENSKAPPE V2

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 FISIESE WETENSKAPPE V2

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 FISIESE WETENSKAPPE V2

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 WISKUNDE V2

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V2

Materie en Materiale Atoomkombinasies: Molekulêre Struktuur en Intermolekulêre Kragte

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE Toets 7: Chemiese stelsels

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 3: Elektrisiteit en magnetisme

FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL I LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 FISIESE WETENSKAPPE V2

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

Graad 11 Fisika. Kennisarea: Meganika

KAAPSE WYNLAND ONDERWYS DISTRIK

GRAAD 11 NOVEMBER 2013

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 2

KLASTOETS GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Toets 1: Meganika

JUNIE-EKSAMEN 2014 FISIESE WETENSKAPPE 1/2 MEMORANDUM GRAAD 12

GRAAD 11 NOVEMBER 2013

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 FISIESE WETENSKAPPE V2

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 MEMORANDUM

WISKUNDE: VRAESTEL I LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Wes-Kaap Onderwys Departement. Eksamenvoorbereiding LEERMATERIAAL 2016 TRIGONOMETRIE Formules. Graad 12 Wiskunde

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 FISIESE WETENSKAPPE V1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

LESPLAN 1 3: Fisika Voorbereidingslêer

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 6 WISKUNDE TOETS PROVINSIE STREEK DISTRIK NAAM VAN SKOOL. KLAS (bv. 6A) VAN C C Y Y M M D D

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

WISKUNDE: VRAESTEL I LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

GRAAD 12 JUNIE 2017 WISKUNDE V2

SLEGS een antwoord per vraag. (ANTWOORDBLAD) Trek n kruisie oor die letter van die antwoord wat volgens jou die mees korrekte is.

Ontdek die eienskappe van 'n sirkel

GRAAD 11 NOVEMBER 2015 FISIESE WETENSKAPPE V1

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 9 WISKUNDE TOETS DISTRIK

WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 12 VRAESTEL 2 AUGUSTUS TOTAAL: 150 TYD: 3 UUR

GRAAD 12 SEPTEMBER 2018 FISIESE WETENSKAPPE V1

Hoofstuk 9 Induktansie in die Induktor

Hoofstuk 13 -Transformatorwerking

Nadat die hoofstuk voltooi is, moet die student:

NOVEMBER EKSAMEN VRAESTEL DEKBLAD Naam: Gr. 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

KAAPSE WYNLAND PLC GEMEENSKAPLIKE VRAESTEL FISIESE WETENSKAPPE - VRAESTEL 1 SEPTEMBER 2018

GRAAD 12 SEPTEMBER 2017 WISKUNDE V2

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

Fisiese Wetenskappe Vraestel 1. Afdeling A. Vraag 1: Eenwoorditems

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT EKSAMEN FISIESE WETENSKAP (V1) JUNIE 2015 EKSAMEN VRAESTEL GRAAD 10

1. Die vraestel bestaan uit 8 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Hoofstuk 4 Die Weerstand en Potensiometer

Vraestel 1 NOVEMBER Hierdie vraestel bestaan uit 7 vrae. Beantwoord alle vrae.

Hoofstuk 6 Kragverbruik in Gelykstroomkringe.

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 FISIESE WETENSKAPPE V1

Week 1. n Geleentheid om vir n mynkontrak te tender. Skagtorings en myn-wenasse

Teken 'n skets van die vektore vertikaal (y-as) en horisontaal (x-as) op die Cartesiese vlak.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NOVEMBER 2013 TOTAAL: 150. INSTRUKSIES 1. Die vraestel bestaan uit 6 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word.

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN

MEMORANDUM GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Vraestel 1

FISIESE WETENSKAPPE EKSAMENRIGLYNE GRAAD 11. Hierdie riglyne bestaan uit 33 bladsye.

GR 12 FISIESE WETENSKAPPE EKSAMENVRAESTELLE & MEMO'S

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

University of Pretoria etd

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Graad 11 Fisiese Wetenskappe. Meganika. Hersieningsoefening. Vrae

WETENSKAP GRAAD 10 ONDERWYSERSGIDS

CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Wiskunde. GRAAD 11_Kwartaal 1

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

1. MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 2. GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2014 GRAAD 9 WISKUNDE MODELVRAE MEMORANDUM

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 ELEKTRIESE TEGNOLOGIE

Die genade gawes Van God:

FISIESE WETENSKAPPE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE KABV GRAAD 12 LEERDERGIDS

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 DRAMATIESE KUNSTE

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

METRO OOS ONDERWYS DISTRIK

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

1. Hierdie vraestel bestaan uit 8 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word, tensy anders vermeld.

ONDERWYSERSKLUBEKSAMEN GRAAD 11. FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA Vraestel 1

Transcript:

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2015 FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Tyd: 3 uur 200 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Die vraestel bestaan uit 16 bladsye, 'n geel Antwoordblad van 2 bladsye (i ii) en 'n groen Datablad van 3 bladsye (i iii). 2. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. 3. Verwyder die Databoekie en die Antwoordblad van die middel van die vraestel. Skryf jou eksamennommer op die geel Antwoordblad. 4. Lees die vrae noukeurig deur. 5. AL die vrae in die vraestel moet beantwoord word. 6. Vraag 1 bestaan uit 10 meervoudige keusevrae. Daar is slegs een korrekte antwoord op elke vraag. Die vrae word beantwoord op die Antwoordblad verskaf op die binneblad van jou Antwoordboek. Die letter wat ooreenstem met jou keuse van die korrekte antwoord moet met 'n kruisie gemerk word soos aangetoon in die voorbeeld hieronder: A B C D Hier is die antwoord C as korrek gemerk. 7. BEGIN ELKE VRAAG OP 'N NUWE BLADSY. 8. Maak asseblief seker dat die antwoorde soos die vrae genommer is. 9. Gebruik die data en formules waar ook al nodig. 10. Toon al die nodige stappe in berekeninge. 11. Waar toepaslik, rond jou finale antwoorde af tot 2 desimale plekke, tensy anders vermeld. 12. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en om jou werk netjies uiteen te sit. BLAAI ASSEBLIEF OM

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 2 van 16 VRAAG 1 MEERVOUDIGE KEUSEVRAE Beantwoord hierdie vrae op die meervoudige keuse Antwoordblad op die binneblad van jou Antwoordboek. Maak 'n kruisie (X) in die blokkie wat ooreenstem met die letter wat jy as die regte een beskou. 1.1 Die korrekte chemiese formule vir magnesiumfosfaat is: A Mg(PO 4 ) 2 B Mg 2 (PO 4 ) 3 C MgPO 4 D Mg 3 (PO 4 ) 2 1.2 Watter een van die volgende stellings verteenwoordig die beste verduideliking vir die term 'elektronegatiwiteit'? A B C D 'n Maatstaf van die neiging van 'n atoom om 'n paar bindingselektrone aan te trek. 'n Maatstaf van die neiging van 'n atoom om 'n elektron aan te trek. 'n Maatstaf van die sterkte van 'n kovalente binding. 'n Maatstaf van die sterkte van 'n ioniese binding. 1.3 Oorweeg die volgende energie-profiel grafiek. Potensiële energie-waardes X, Y en Z word op die grafiek aangedui. Die aktiveringsenergie vir die voorwaartse reaksie word gegee deur: A B C D Z Z Y Z X X Y Potensiële energie Z Y X 1.4 'n Basis word gedefinieer as: Verloop van reaksie A B C D 'n protonskenker 'n elektronskenker 'n protonontvanger 'n elektronontvanger 1.5 Watter een van die volgende indikators is die meeste geskik vir gebruik in die titrasie van natriumhidroksied met etanoësuur? INDIKATOR ph-gebied VAN INDIKATOR A kresolblou 1,2 1,8 B metieloranje 3,1 4,4 C broomtimolblou 6,0 7,6 D fenolftaleïen 8,4 10,0

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 3 van 16 1.6 1 mol N 2 O 4 (g) word geplaas in 'n leë 1 dm 3 houer en toegelaat om te ontbind by 'n sekere temperatuur om NO 2 (g) te vorm. Die houer word dan verseël. Die reaksie het toe ewewig bereik volgens die volgende gebalanseerde chemiese vergelyking: N 2 O 4 (g) 2NO 2 (g) By ewewig, het x mol van die N 2 O 4 (g) ontbind. Wat is die waarde van die ewewigskonstante, K c, as jy aanvaar dat die temperatuur konstant gebly het? A 2x (1 x) 2x (1 x) B 2 C D 2 4x (1 x) 2 4x (1 x) 2 1.7 Stikstofgas en waterstofgas word in 'n houer geplaas, wat dan verseël word en toegelaat word om ewewig te bereik. Die gebalanseerde chemiese vergelyking vir die reaksie is: N 2 (g) + 3H 2 (g) 2NH 3 (g) ΔH < 0 By t = 40 s word 'n verandering gemaak aan die reaksie in ewewig. Die grafiek hieronder toon die veranderinge in die tempo's van die voorwaartse en terugwaartse reaksies met tyd. Tempo 0 0 20 40 60 Tyd (s) Watter een van die volgende beskryf die verandering by t = 40 s gemaak, die beste? A B C D Toename in temperatuur Toename in druk Afname in temperatuur Afname in druk BLAAI ASSEBLIEF OM

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 4 van 16 1.8 Vier tin (Sn) blikkies word elkeen met 'n ander oplossing gevul soos deur die etikette op die blikkies in die diagramme hieronder aangetoon. Elke oplossing het 'n konsentrasie van 1 mol dm 3 by 25 C. Watter een van die tin blikkies sal oksidasie ondergaan? Fe(NO 3 ) 2(aq) Zn(NO 3 ) 2(aq) Cu(NO 3 ) 2(aq) Ba(NO 3 ) 2(aq) A B C D 1.9 Watter een van die volgende organiese verbindings sal broomwater vinnig ontkleur? A CH 3 CH 2 COOH B CH 3 CH 2 CH 3 C CH 2 CHCH 3 D CH 3 COOCH 3 1.10 Die reaksie van etaan met chloor in die teenwoordigheid van ultra-violetlig word gegee deur die gebalanseerde chemiese vergelyking: C 2 H 6 + Cl 2 C 2 H 5 Cl + HCl Watter een van die volgende beskryf die tipe chemiese reaksie wat plaasvind? A B C D substitusie addisie eliminasie verbranding [20]

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 5 van 16 VRAAG 2 CHEMIESE BINDINGS 2.1 Gebruik slegs stowwe van die lys hieronder wanneer jy Vraag 2.1.1 tot 2.1.6 beantwoord. Die toestand-simbole (fase-aanduidings) stel die fisiese toestand van elkeen van die stowwe by kamertemperatuur voor. SiO 2 (s) HCl(g) H 2 O(l) PH 3 (g) Mg(s) He(g) KF(s) Kies een stof van die lys wat die volgende het: (Skryf slegs die vraagnommer neer en die formule van die stof langsaan.) 2.1.1 Suiwer kovalente intramolekulêre bindings. (1) 2.1.2 'n Hoë smeltpunt as gevolg van die sterk elektrostatiese aantrekking tussen die katione en die anione in die kristalrooster. (1) 2.1.3 Waterstofbinding-intermolekulêre kragte. (1) 2.1.4 'n Baie hoë smeltpunt as gevolg van sy reuse kovalente netwerkstruktuur. (1) 2.1.5 Gedelokaliseerde valenselektrone. (1) 2.1.6 Dipool dipool intermolekulêre kragte. (1) 2.2 Oorweeg die tabel hieronder, wat die kookpunt van die halogene aandui. Halogene F 2 Cl 2 Br 2 I 2 Kookpunt ( o C) -188-35 59 184 2.2.1 Noem die spesifieke tipe intramolekulêre binding wat voorkom tussen die atome in 'n fluoor-molekuul. (2) 2.2.2 Die tabel toon dat die kookpunt van die halogene toeneem van F 2 na I 2. Verduidelik die tendens deur te verwys na die toepaslike intermolekulêre kragte tussen die halogene molekules en die faktor wat die sterkte daarvan beïnvloed. (4) [12] BLAAI ASSEBLIEF OM

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 6 van 16 VRAAG 3 ENERGIEVERANDERING EN REAKSIETEMPO'S Mandy en Siya voer 'n reeks eksperimente uit om die effek van verandering in temperatuur, konsentrasie en oppervlakarea op die tempo van reaksie tussen soutsuur en kalsiumkarbonaat te ondersoek. Die gebalanseerde chemiese vergelyking vir die reaksie wat plaasvind is: CaCO 3 (s) + 2HCl(aq) CaCl 2 (aq) + H 2 O(l) + CO 2 (g) Hulle voer elke eksperiment in 'n koniese fles uit, wat bo-op 'n sensitiewe digitale balansskaal geplaas word soos in die diagram hieronder getoon. Hulle monitor die afname in massa van die koniese fles en sy inhoud oor 'n sekere tydperk. Poreuse watte CaCO 3 (s) + HCl(aq) Digitale balansskaal Plato Learning (UK) Ltd 3.1 Mandy maak die volgende stelling: 'Die rede waarom die massa van die koniese fles en sy inhoud oor 'n sekere tydperk afneem, is omdat die reaktante opgebruik word.' Stem jy saam met Mandy? Verduidelik jou antwoord. (2)

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 7 van 16 Mandy en Siya voer VIER verskillende eksperimente uit deur die toestande te gebruik soos aangedui in die tabel hieronder. Eksperiment Temperatuur ( C) Konsentrasie van HCl (mol dm 3 ) Toestand van CaCO 3 1 20 0,1 Groot stukke 2 15 0,1 Groot stukke 3 20 0,1 Poeier 4 20 0,2 Groot stukke In elk van die vier eksperimente het Mandy en Siya die volgende gedoen: Dieselfde volume soutsuur gebruik. Dieselfde massa kalsiumkarbonaat gebruik. Seker gemaak dat die kalsiumkarbonaat altyd in oormaat was. Seker gemaak dat die kalsiumkarbonaat altyd ten volle bedek was met die suur. Die resultate van EKSPERIMENT 1 is gebruik om die grafiek te skets wat op jou ANTWOORDBLAD getoon word. 3.2 Op dieselfde stel asse waarop die grafiek vir Eksperiment 1 geskets is, op jou ANTWOORDBLAD, teken sketsgrafieke om die resultate van Eksperimente 2, 3 en 4 voor te stel. Daar word aanbeveel dat jy 'n SKERP, DONKER potlood gebruik vir elke grafiek. MERK ELKE GRAFIEK BAIE DUIDELIK deur die sleutel te gebruik wat hieronder aangedui word. Eksperiment 2 Gebroke lyn Eksperiment 3 Soliede lyn Eksperiment 4 Gebroke/kolletjie lyn (6) 3.3 Siya maak die volgende stelling: 'Op tyd X bereik die reaksie wat in die fles in Eksperiment 1 plaasvind, dinamiese chemiese ewewig, wat verduidelik hoekom die grafiek ná tyd X afplat.' Stem jy saam met Siya? Verduidelik jou antwoord volledig en maak enige fout reg wat jy dink Siya kon gemaak het. (3) BLAAI ASSEBLIEF OM

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 8 van 16 3.4 Die Maxwell-Boltzmann kurwe hieronder toon die verspreiding van molekulêre energieë van reagerende molekules in 'n chemiese reaksie by lae temperatuur. Aantal molekules E a (aktiveringsenergie) Molekulêre (kineties) energie (kj) 3.4.1 Definieer aktiveringsenergie. (2) 3.4.2 Sê wat word voorgestel deur die geskakeerde area getoon op die grafiek hierbo. (2) 3.4.3 Op dieselfde stel asse gebruik om die Maxwell-Boltzmann kurwe in Vraag 3.4 te teken, op jou ANTWOORDBLAD, teken 'n nuwe kurwe om die verspreiding van molekulêre energieë by 'n hoër temperatuur aan te dui. Gebruik van 'n SKERP, DONKER potlood word aanbeveel. (2) 3.4.4 Gebruik die grafiek wat jy in Vraag 3.4.3 geteken het om te VERDUIDELIK wat die effek is van 'n toename in temperatuur op die reaksietempo. (3) [20]

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 9 van 16 VRAAG 4 CHEMIESE EWEWIG 4.1 Salpetersuur word in die industrie berei deur middel van die Ostwald Proses. Die eerste stap van die proses sluit in die katalitiese oksidasie van ammoniak, soos deur die gebalanseerde chemiese vergelyking hieronder gegee. 4NH 3 (g) + 5O 2 (g) 4NO(g) + 6H 2 O(g) In 'n eksperiment word 'n mengsel van NH 3 (g), O 2 (g), NO(g) en H 2 O(g) toegelaat om dinamiese chemiese ewewig te bereik in 'n silinder wat toegerus is met 'n beweegbare suier. 4.1.1 Stel Le Chatelier se beginsel. (3) 4.1.2 Sê wat bedoel word met dinamiese chemiese ewewig. (2) 4.1.3 Terwyl die temperatuur konstant gehou word, word die druk verhoog deur die volume van die silinder kleiner te maak. Stel die effek van hierdie verandering op elkeen van die volgende: (Antwoord slegs TOENEEM, AFNEEM of GEEN EFFEK.) (a) die tempo van die voorwaartse reaksie. (1) (b) die opbrengs van NO(g) (1) 4.1.4 Pas Le Chatelier se beginsel toe om jou antwoord op Vraag 4.1.3 (b) te verduidelik. (3) BLAAI ASSEBLIEF OM

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 10 van 16 4.2 In 'n nuwe eksperiment word ammoniakgas en suurstof in 'n houer geplaas by 'n sekere temperatuur, wat dan verseël word en die reaksie wat plaasvind, bereik dinamiese chemiese ewewig volgens die volgende gebalanseerde chemiese vergelyking: 4NH 3 (g) + 5O 2 (g) 4NO(g) + 6H 2 O(g) Die grafiek hieronder toon die veranderinge in die konsentrasie van NH 3 (g), O 2 (g), NO(g) en H 2 O(g) met tyd. NH 3 Konsentrasie (mol dm 3 ) O 2 H 2 O NH 3 H 2 O O 2 NO NO 0 t 1 t 2 t 3 t 4 Tyd (s) 4.2.1 Indien numeriese waardes gegee sou word vir die konsentrasie op die konsentrasie-as, sou dit moontlik wees om die ewewigskonstante (K c ) te bereken vir hierdie reaksie by tyd t 1? Verduidelik jou antwoord. (2) 4.2.2 Identifiseer die verandering (stres) wat aangebring word aan die reaksie by tyd t 2 en verduidelik die gevolglike veranderinge in konsentrasies van al die stowwe onmiddellik na tyd t 2. (4) 4.2.3 By tyd t 3 word die temperatuur van die houer verlaag. (a) Is die voorwaartse reaksie endotermies of eksotermies? (1) (b) Oorweeg die veranderinge in konsentrasie aangetoon in die grafiek tussen tyd t 3 en t 4 en pas Le Chatelier se beginsel toe om jou antwoord op Vraag 4.2.3 (a) te verduidelik. (4) [21]

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 11 van 16 VRAAG 5 SURE EN BASISSE 5.1 Gebruik slegs die verbindings in die lys hieronder wanneer jy Vraag 5.1.1 tot 5.1.6 beantwoord. Al die stowwe is in die vloeistoffase (aq). H 3 PO 4 HCl Li 2 SO 4 NaOH CH 3 COOH MgSO 4 K 2 SO 3 NH 4 OH Kies van die lys 'n verbinding wat die volgende is: (Skryf slegs die vraagnommer neer en die formule van die verbinding langsaan.) 5.1.1 'n Sterk suur (1) 5.1.2 'n Sterk basis (1) 5.1.3 'n Swak monoprotiese suur (1) 5.1.4 'n Poliprotiese suur (1) 5.1.5 'n Neutrale sout (1) 5.1.6 'n Basiese sout (1) 5.2 Oorweeg die hidrolise van NH 4 NO 3 in water, soos voorgestel deur die gebalanseerde chemiese vergelykings hieronder: NH 4 NO 3 (s) H 2 O(l) NH 4 + (aq) + NO 3 (aq) OH (aq) + H + (aq) Met verwysing na die vergelykings hierbo, verduidelik waarom 'n waterige oplossing van die sout NH 4 NO 3, swak suuragtig sal wees. (4) 5.3 Oorweeg die gebalanseerde chemiese vergelykings (i) en (ii) en ewewigskonstantes (K a ) vir die ionisasie van suur HF en HI in water respektiewelik, by 25 C, soos hieronder gegee. (i) HF(g) + H 2 O(l) H 3 O + (aq) + F (aq) K a = 6,6 10 4 (ii) HI(g) + H 2 O(l) H 3 O + (aq) + I (aq) K a = 3,2 10 9 5.3.1 Definieer 'n sterk suur. (2) 5.3.2 Watter suur is sterker, HF of HI? Verduidelik jou keuse. (3) 5.3.3 Watter suur sal 'n beter elektriese geleier wees, HF of HI? Verduidelik jou antwoord. Aanvaar dat die konsentrasie van beide sure dieselfde is. (2) 5.3.4 Reaksie (ii) bereik ewewig. 'n Oplosbare sout wat I ione bevat word dan bygevoeg. Pas Le Chatelier se beginsel toe en lei af wat die effek sal wees op elkeen van die volgende: (Antwoord slegs TOENEEM, AFNEEM of GEEN EFFEK.) (a) Konsentrasie van H 3 O + ione. (1) (b) ph (1) (c) Konsentrasie van OH ione. (1) BLAAI ASSEBLIEF OM

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 12 van 16 5.3.5 Die konsentrasie van die hidroniumione (H 3 O + ) in 'n oplossing van hidrofluoorsuur (HF) by ewewig by 25 C, is 0,02 mol dm 3. (a) (b) (c) Bereken die konsentrasie van die hidroksiedione (OH ) in die oplossing van hidrofluoorsuur (HF) by 25 C. (3) Skryf die uitdrukking neer vir die ewewigskonstante (K a ) vir reaksie (i). (2) Bereken die konsentrasie van die ongeïoniseerde hidrofluoorsuur (HF) in die oplossing by 25 C. (3) 5.4 11,2 g van 'n onsuiwer monster van kaliumhidroksied-korrels reageer met 600 cm 3 van 'n 0,15 mol.dm -3 swaelsuur-oplossing. Aanvaar dat die H 2 SO 4 volledig ioniseer. Dit reageer volgens die gebalanseerde chemiese vergelyking wat hieronder gegee word: H 2 SO 4 (aq) + 2KOH(s) K 2 SO 4 (aq) + 2H 2 O(l) 5.4.1 Bereken die aantal mol swaelsuur wat beskikbaar is om te reageer. (3) 5.4.2 Die persentasie suiwerheid van die kaliumhidroksied-korrels gebruik, is 80%. Bereken die aantal mol suiwer kaliumhidroksied wat met die suur reageer. (4) 5.4.3 Bepaal watter reaktant in oormaat is en sê nou of die finale oplossing suur, basies of neutraal is. (3) [38]

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 13 van 16 VRAAG 6 GALVANIESE SEL 'n Galvaniese sel word opgestel onder standaardtoestande deur gebruik te maak van aluminium en nikkel elektrodes soos aangetoon in die diagram hieronder. V Soutbrug Al anode - + Ni katode Al 3+ (aq) Netto selreaksie: 2Al(s) + 3Ni 2+ (aq) Ni 2+ (aq) 2Al 3+ (aq) + 3Ni(s) 6.1 Stel die energie-omskakeling wat plaasvind in hierdie sel. (2) 6.2 Skryf die selnotasie vir die sel. (Standaardtoestande hoef nie gewys te word nie.) (3) 6.3 Definieer: 6.3.1 Oksidasie. (1) 6.3.2 Oksideermiddel. (1) 6.4 Gee die simbool van die oksideermiddel in die sel. (1) 6.5 Bereken die aanvanklike emk van die sel onder standaardtoestande. (2) 6.6 Sê hoe elkeen van die volgende veranderinge die emk van die sel beïnvloed: (Antwoord slegs TOENEEM, AFNEEM of GEEN EFFEK.) 6.6.1 'n Oplosbare sout wat Al 3+ ione bevat, word bygevoeg by die anode halfsel. (1) 6.6.2 Die galvaniese sel benader chemiese ewewig. (1) 6.7 Die soutbrug word vervang met een wat wyer, korter en meer geleidend is as die een wat in die diagram getoon word. Sê hoe elkeen van die volgende beïnvloed sal word deur die verandering: (Antwoord slegs TOENEEM, AFNEEM of GEEN EFFEK.) 6.7.1 Die emk. (1) 6.7.2 Die interne weerstand. (1) 6.7.3 Die vermoë van die sel om stroom te lewer. (1) 6.8 Nadat die sel vir 'n sekere tyd gefunksioneer het, is die toename in massa van die nikkel-katode, 1,77 g. 6.8.1 Bereken die aantal mol nikkel wat op die katode neergeslaan het. (2) 6.8.2 Bereken die gevolglike verlies in massa van die aluminium-anode. (3) [20] BLAAI ASSEBLIEF OM

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 14 van 16 VRAAG 7 ELEKTROLISE 7.1 Jabulani en Jane voer 'n reeks kleinskaalse eksperimente in die laboratorium uit om die verhouding te bepaal tussen die stroom wat deur 'n versadigde CuCl 2 (aq)- oplossing vloei en die volume chloorgas wat by STD versamel word. Elke eksperiment word uitgevoer oor dieselfde tydsduur en met gebruik van dieselfde volume van dieselfde versadigde CuCl 2 (aq)-oplossing. Hulle gebruik die apparaat soos aangetoon in die diagram hieronder. Versadigde CuCl 2 (aq)-oplossing Chloorgas versamel by STD Grafiet-katode Grafiet-anode 7.1.1 Noem die opgeloste stof wat gebruik word om die versadigde CuCl 2 (aq)- oplossing te maak. (1) 7.1.2 Noem die oplosmiddel wat gebruik word om die versadigde CuCl 2 (aq)- oplossing te maak. (1) 7.1.3 Noem die spesifieke tipe aantrekkingskragte tussen die oplosmiddel en die opgeloste stof se deeltjies in die waterige oplossing van koper(ii)chloried (CuCl 2 ). (2) 7.1.4 Skryf 'n vergelyking neer om die halfreaksie te toon wat plaasvind by die (a) anode (2) (b) katode (2) Die resultate van die eksperimente uitgevoer deur Jabulani en Jane word hieronder getabuleer. Stroom deur die versadigde CuCl 2 (aq)-oplossing (A) Volume chloorgas versamel by STD (cm 3 ) Eksperiment 1 0,2 14,0 Eksperiment 2 0,5 34,8 Eksperiment 3 0,8 58,0 Eksperiment 4 1,2 82,8 Eksperiment 5 1,5 102,0 Eksperiment 6 2,0 139,3

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 15 van 16 7.1.5 Teken 'n beste pas-grafiek op die grafiekpapier verskaf op jou ANTWOORDBLAD om die verhouding aan te dui tussen die stroom deur die versadigde CuCl 2 (aq)-oplossing en die volume van die chloorgas by STD versamel. (7) 7.1.6 Stel 'n geskikte gevolgtrekking vir die eksperiment. (2) 7.1.7 Bereken die gradiënt van jou grafiek, en sluit gepaste eenhede in by jou antwoord. (3) 7.1.8 Bereken die volume chloorgas versamel by STD as 'n stroom van 25 A vloei deur dieselfde volume van dieselfde versadigde CuCl 2 (aq)-oplossing, wat gebruik is in die eksperimente vir dieselfde tydsduur. (2) 7.1.9 Die volume van die chloorgas versamel by STD wanneer 'n stroom van 2,0 A deur die versadigde CuCl 2 (aq)-oplossing gevloei het, was 139,3 cm 3 soos aangetoon in die tabel. (a) Bereken die aantal mol chloor in 139,3 cm 3 chloorgas by STD. Rond jou antwoord af tot 4 desimale plekke. (2) (b) Bereken die tyd geneem om 139,3 cm 3 chloorgas by STD te versamel. (5) 7.2 Chloorgas word op groot skaal in die industrie geproduseer deur die elektrolise van 'n versadigde oplossing van natriumchloried. Die diagram hieronder toon die membraansel gebruik in die chloor-alkali proses. Cl 2 (g) Kragbron H 2 (g) Versadigde NaCl Ioon-selektiewe poreuse membraan Anode Uitgeputte NaCl Katode NaOH [Vertaal van <www.fullmarks.org.za>] 7.2.1 Skryf 'n vergelyking neer vir die halfreaksie wat plaasvind by die katode. (2) 7.2.2 Verduidelik waarom natrium nie by die katode geproduseer word nie. (2) 7.2.3 Gee EEN rede waarom dit nodig is om die produkte van die reaksies wat by die elektrodes plaasvind, te skei. (2) [35] BLAAI ASSEBLIEF OM

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: FISIESE WETENSKAPPE: VRAESTEL II Bladsy 16 van 16 VRAAG 8 ORGANIESE CHEMIE Oorweeg die inligting gegee in die tabel hieronder voordat jy die vrae beantwoord wat daarna volg. Verbinding Naam Molekulêre formule Molêre massa ( g mol 1 ) Kookpunt ( C) X 2,3-dimetielbutaan C 6 H 14 86 57,9 Y Metielpropanoaat C 4 H 8 O 2 88 79,8 Z Pentan-1-ol C 5 H 12 O 88 138,5 8.1 Definieer homoloë reeks. (3) 8.2 Benoem die homoloë reeks waaraan verbinding X behoort. (1) 8.3 Teken die struktuurformule van verbinding Y. (2) 8.4 Gee die IUPAC-naam van die organiese reaktante benodig om verbinding Y te maak. (2) 8.5 Identifiseer die funksionele groep van verbinding Z. (1) 8.6 Watter een van die verbindings X, Y of Z kan geklassifiseer word as 'n versadigde koolwaterstof? (1) 8.7 Verbinding Z word gedehidreer deur hitte en 'n suur-katalisator te gebruik. 8.7.1 Gebruik die gekondenseerde struktuurformule om 'n gebalanseerde chemiese vergelyking te skryf vir die dehidrasie van verbinding Z. Dit is nie nodig om hitte en die suur-katalisator in jou vergelyking te toon nie. (3) 8.7.2 Gee die IUPAC-naam van die organiese produk in Vraag 8.7 gevorm. (2) 8.7.3 Stel watter tipe reaksie die dehidrasie van pentan-1-ol is. (1) 8.8 Skryf 'n gebalanseerde vergelyking deur molekulêre formules te gebruik, vir die volkome verbranding van verbinding X. (4) 8.9 Struktuurisomere van organiese verbindings kan bestaan as kettingisomere, funksionele isomere en posisionele isomere. 8.9.1 Definieer die term isomere. (2) 8.9.2 Gee die IUPAC naam van 'n reguit ketting isomeer van verbinding X. (2) 8.9.3 Gee die IUPAC naam van 'n funksionele isomeer van verbinding Y. (2) 8.9.4 TEKEN die struktuurformule van 'n posisionele isomeer van verbinding Z. (2) 8.10 Alhoewel verbindings X, Y en Z soortgelyke molêre massas het, het hulle beduidend verskillende kookpunte. Met verwysing na die relevante intermolekulêre kragte, verduidelik hierdie verskil in die kookpunte. (6) [34] Totaal: 200 punte