Melkaantekening: waardevolle inligting vir die melkboer Vraag: Watter inligting kan ek as melkboer uit melkaantekening bekom en hoe gaan dit help om my inkomste te verhoog? Antwoord: Hieronder is n uiteensetting van die melkaantekening e-verslag wat aan boere wat aan die melkaantekening skema behoort, voorsien word. MELKAANTEKENING E- KUDDEVERSLAG Die Kuddeverslag is n unieke inligtingspakket. Soos deur die naam aangedui, is dit n volledige verslag van alle parameters in Lacto Lab gemeet. Die Sisteem 4000 instrument het die reeks ontledings uitgebrei en die akkuraatheid van melkontledings verhoog. Die produsent kan self n keuse doen t.o.v. die waarde toegevoegde parameters waarvoor ontleed moet word. By melkproduksie verg beide voeding en kuddegesondheid hoë insette t.o.v. kontantvloei en mannekrag. Klein aanpassings kan substansiële besparings of verhoogde produksie tot gevolg hê. Dit is dus belangrik om die situasie te monitor ten einde in staat te wees om op n vroeë stadium te kan ingryp, indien n negatiewe neiging ontstaan. Hierdie diens is van uitsonderlike waarde, aangesien die boodskappe grafies uitgedruk word. Hierdie konstante, statistiese aanbieding is vinnig en maklik verstaanbaar. Die doel is om produsente en hul konsultante attent te maak op areas waar aandag en/of aanpassing gepas is. Dit is nie die volmaakte diagnostiese instrument nie en die op-die-plaas interpretasie is steeds nodig. Die blote bevestiging van n verwagte resultaat met n sekere voedingstrategie is van noemenswaardige waarde. Die beste resultate kan in spanwerk verkry word deur ontledings met u veearts en/of voedingskundige te bespreek. n Voorvereiste vir hierdie verslag is dat melkaantekeninge noukeurig en volledig gedoen moet word. Akkurate monsterneming, identifikasie en volledige papierwerk is noodsaaklik vir akkurate prossesering. Dieselfde verhouding tussen melk- en voedingstye asook n vasgestelde roetine met elke toetsing is belangrik. Hierdie verslag word geproduseer met die vertroue dat aan hierdie voorvereiste voldoen is. Koeimelk se komponente het konstante koëffisiente van variasie wat aangeteken is t.o.v. ras, fisiologiese status, bestuurspraktyke en meer beduidend t.o.v. die effekte van voeding. Dit is dus belangrik dat soortgelykes met mekaar vergelyk word (binne n ras binne produksiestelsels). Dit is nuttig om die interaksie tussen parameters te verstaan, bv. SST (somatiese seltellings), laktose % en bottervet %. Indien n beduidende interaksie bestaan, sal die teks u wys op spesifieke interpretasie. Melkaantekeninge parameters: KUDDE OPSOMMING
Hierdie opsomming gee n aanduiding van die kudde se produksie op die dag wat die monsters geneem is. Groep gemidddeldes: Ons wil hê dat die verspreiding van diere in die verskillende stadium van laktasie soos volg lyk: o 1 tot 70 dae: 25% o 71 tot 200 dae: 40% o 201 en meer: 35% Die gemiddelde dae in melk moet tussen 150 en 160 dae wees. Hierdie gee n aanduiding van die kudde se tussen kalf periode (TKP). Die TKP kan soos volg bereken word: (DIM x 2) + gemiddelde dae droog (60 dae) = TKP Die gemiddelde kg melk geproduseer moet afneem soos wat die dae in melk (DIM) toeneem. Hierdie afname moet nie meer as 15% van een groep na die ander wees nie. o Indien die kg melk toeneem van die 1-70 d groep na die 71 200 d groep, dien dit as aanduiding dat die rumen mikroorganismes nie aangepas is by die kragvoer wat aangebied word nie. Die mikroorganismes neem tot 40 dae om aan te pas by n kragvoer, en daarom neem die kg produksie in hierdie geval eers toe waneer die rumen aangepas is. Die gemiddelde bottervet % neem toe namate die DIM toeneem. Die gemiddelde proteien % dien as n aanduiding van die beskikbaarhied van energie uit die rantsoen. Hierdie % styg ook namate DIM toeneem. o Holsteins: 3.2 %, o Jerseys: 3.7 %, o Kruisrasse: 3.5 % Die gemiddelde melk ureum stikstof (MUN) moet tussen 11,5 en 18 mg/dl wees. Hierdie waarde dien as n aanduiding van die kudde se reproduksie status. o As die MUN baie hoër is vir die laat lakterende diere as vir die vroeër laktasie groep, dien dit as n aanduiding daarvan dat n oormaat proteïene gevoer word. Melkaantekeninge parameters: PRODUKSIE KURWES
PRODUKSIE KURWES OPBRENGS 1 STE LAKTASIE Die gekleurde lyne gee n aanduiding van die kudde/groep se prestasie presies n jaar gelede, terwyl die swart lyne die gemiddeldes aandui. EERSTE en TWEEDE laktasies (eerste grafiek) Hierdie is n kykie na die kudde op die dag van toetsing. Ο Verteenwoordig koeie in hul eerste laktasie. X-as is Dae in Melk Verteenwoordig koeie in hul tweede laktasie. Y-as is die kg melk. Die kurwe vir eerste-kalf koeie is meer afgeplat en sluit ongeveer in mid-laktasie (150 dae) aan by die kurwe vir tweede-kalf koeie. Koeie wat onder die verwysingskurwe lê, wyk af van die verwagte produksiekurwe. Daag uself uit om redes vir hierdie swak prestasie te vind. Tweede kalf koeie behoort bo die eerste kalf koeie te lê vir die eerste helfte van hul laktasie. Indien hulle vermeng, moet u hierdie onder-prestasie bevraagteken en probeer vasstel wat die redes hiervoor is. Teoreties behoort hulle 15-20% beter te presteer as eerste-kalf koeie. Onder prestasie deur eerste-kalf koeie dui dikwels op onvoldoende ontwikkeling van die vers en dat sy nie op die gewenste gewig vir die ras gekalf het nie. n Lae kondisietelling aan die einde van die eerste laktasie, gedurende die droë periode en tot in die tweede laktasie mag die rede wees waarom tweede-kalf koeie nie beter presteer as die eerste-kalf koeie nie. Wanneer die produksie van die eerste laktasie koeie daal vanaf 150 DIM is dit n aanduiding daarvan dat die koeie aan sekere stres faktore blootgestel word op daardie tyd. o Dit kan insluit verskuiwing na groter voedingsgroepe of rantsoen veranderinge. o Wat dan lei daartoe dat hierdie koeie swakker sal presteer tydens hul tweede laktasie.
Waneer die individuele koeie wyd verspreid lê vanaf die gemiddelde opbrengs lyn (ver bo en onder die lyn) kan dit dui daarop dat daar n gebrek is aan voerspasie, of die teenwoordigheid van ouer, meer dominante koeie wat die ander koeie weghou van die voerbakke af. DERDE + laktasies ο Verteenwoordig Melk geproduseer binne 24 uur deur elke koei. Die gemiddeld waarteen koeie piek, is van spesiale belang aangesien dit die uiteindelike produksie oor die laktasie bepaal. Die grootste verskil tussen hoë produserende en gemiddelde kuddes word hier vasgelê. Teoreties behoort koeie tussen 60 en 80 dae te piek. n Te vroeë piek behoort as n probleem beskou te word. Soos deur die verwysingskurwes aangedui, is dit van uiterste ekonomiese belang dat produksie in mid- en laat laktasie volgehou moet word. Elke kilogram wat in hierdie stadium verloor word, word nooit weer ten volle verhaal nie. Probeer om u voedingsbronne so konstant moontlik te hou. Indien n groot persentasie van die koeie binne die eerste 100 dae na onder die verwysingskurwe afwyk, word die oorgang vanaf laat laktasie na die droë periode en terug na vars in melk nie na behore bestuur nie. n Swak begin van n nuwe laktasie, hetsy om gesondheids- of voedingsredes, sal die ekonomiese lewensvatbaarheid van u onderneming benadeel. Die data vir hierde tabel is so verander dat die X-as met dae in melk altyd konstant is. As n groot groep diere op die 300-dae merk groepeer, is daar n klomp diere langer as 300-dae in melk. Dit kan dui op n lang tussenkalfperiode (TKP). Melkaantekeninge parameters: GEMIDELDE KG VASTESTOWWE
Hierdie grafiek dui as n aanduiding daarvan of jou kudde aangepas is vir SA omstandighede (warm somers). Die kg vaststowwe val baie maal weg in die warmer maande (Okt tot Jan) omdat die diere nie genoeg energie uit die rantsoen kry in hierdie tyd nie. o As n koei warm kry, gebruik sy baie energie vir afkoeling (hyg) en minder energie gaan na vastestof produksie in die uier. Dit is baie belangrik om die energie wat gebruik word vir temperatuur regulering aan te vul in die somer maande. Melkaantekeninge parameters: KUDDE VASTESTOWWE KUDDE VASTESTOWWE
Hierdie parameter is die som van bottervet, proteïen en laktose vaste stowwe. Die * dui aan dat hierdie totaal nie die as fraksie insluit nie en daarom teoreties onvolledig is. Elke koei word verteenwoordig deur gegeplot te word op n grafiek met Vaste Stowwe*kg op Y-as en Dae in Melk op die X-as. n Regressielyn is by hierdie stippelgrafiek gevoeg om die kuddevlak teenoor n vaste as met n verspreiding van 0-8 kg te demonstreer. Die doel van hierdie kurwe is om behulpsaam te wees in die ontwikkeling van n gepaste telingsbeleid. Dit kan ook aan sommige produsente n bedingingsmag verleen om n redelike vergoeding vir die kwaliteit van hul produk te beding. Hierdie grafiek sal ook die eroderende effek van mastitis op vaste stowwe uitwys. Die grafiek sal na onder opbreek in kuddes waar dit n probleem is. Ons wil graag n reguit, horisontale lyn sien omdat die kg vastestowwe toeneem en kg melk geproduseer afneem soos wat DIM toeneem. As baie van die koeie in die kudde onder die reguit lyn lê onder 70 DIM is dit n aanduiding daarvan dat die rumen se mikroorganismes nie aangepas is aan die kragvoer wat aangebied word nie. Die opstoom program moet dus herevalueer word. o Ons stel voor dat die koei vir n tydperk van 4 weke voordat sy kalf blootgestel moet word aan die kragvoer rantsoen wat gevoer word tydens laktasie. Die volgende dien as riglyne vir die opstoom tydperk: Voer 1kg kragvoer vir die eerste week van die opstoom tydperk Voer 2kg kragvoer vir die tweede week van die opstoom tydperk Voer 3kg kragvoer vir die derde week van die opstoom tydperk Voer 4kg kragvoer vir die vierde week van die opstoom tydperk Melkaantekeninge parameters: DIE PROTEÏEN BOTTERVET VERHOUDING PROTEÏEN : BOTTERVET In hierdie uitbeelding word elke koei geplot. Hierdie verhouding word bereken deur die proteïen % te deel deur die bottervet %. X-as: Dae in melk, Y-as verteenwoordig gelyke verdelings van die verhouding. Onder optimale omstandighede toon die groepering op die kurwe n baie beperkte verspreiding. Alhoewel daar klein verskile binne rasse voorkom, behoort meeste van die koeie by 0.7, 0.8 & 0.9 groepeer te wees. Indien die verspreiding van hierdie verhouding wyd is kan beide uiterstes, vanuit n metaboliese oogpunt, ongewenste toestande verteenwoordig.
n Verspreiding wat na bo skeef is, is betreklik algemeen en die siptoom is Lae Bottervet%. Indien meer as 10% van die kudde n 1.1 verhouding oorskry (u %-syfers in die tabel net onder groepgemiddeldes) moet onderliggende oorsake opgespoor word. Die volgende is n kontrolelys van moontlike redes vir lae bottervet %: 1. Foutiewe monsterneming. 2. Foutiewe inskrywing op u toetspapier. 3. Koeie wat op welige weidings, met onvoldoende vesel, wei. 4. n Volledige rantsoen met n uitermate fyn tekstuur. 5. Asidose, gewoonlik subklinies. 6. Hitte-stres. 7. Mastitis. In die linker onderste hoek van die grafiek is n blok. Binne hierdie blok is verhoudings van 0.5 en kleiner en vroeë laktasie koeie (dag 1-70). Lae proteïen % in kombinasie met hoë bottervet % is n simptoom van ketose. Koeie wat gevaar loop hiervan sal binne hierdie blok val. Melkaantekeninge parameters: KUDDE PROTEÏEN KUDDE PROTEÏEN
Hierdie is n kykie na die kudde op die dag van toetsing en dui die Proteïen-persentasie aan, 31 dae en verder. Ο- Verteenwoordig elke koei. X- as: Dae in Melk. Y- as: % Proteïen in toetsmonster. Wanneer proteïen % op n stippelgrafiek teenoor dae in melk geplot word, lyk die natuurlike patroon wat gevorm word soos n groot regmerk ( ). Die inligting wat ons uit hierdie probeer haal, is die laagste punt van die trog asook die tempo waarteen hoër proteïen persentasies herstel word. Dit reflekteer die energie beskikbaarheid aan die koeie. U voedingskundige kan hierde waardes benut. Die afwaartse been van die regmerk vind binne die eerste 30 dae van laktasie plaas en is weggelaat uit die kurwe sodat n regressielyn betekenisvol op die res van die laktasie toegepas kan word. Normale proteïenwaardes kan verwag word indien n ten volle gebalanseerde rantsoen, waar meeste van die tyd in energiebehoeftes van meeste van die koeie voorsien word, gevoer word. Die doel van hierdie ontleding is om areas waar hierdie status nie bereik word nie, bloot te lê. Indien die regressielyn die rasgemiddeld voor die 150-dae lyn sny, word aanvaar dat die energie voosiening voldoende is. n Regressielyn werk goed in hierdie grafiek binne kuddes waar koeie deur die jaar kalf, maar kan misleiedend wees waar n groot aantal diere in n groep kalf (bv. Seisoenaal) en daar nie n egalige verspreiding oor die 300-dae is nie. Uit die komponente van melk, word die koëffisiënt van variasie vir proteïen persentasie as klein beskryf. Dit is normaal vir die proteïen % om gedurende die eerste 30-dae van laktasie te daal. n Sterk laagtepunt is egter onwenslik en kan deur effektiewe voedingstrategieë vermy word. Proteïen % is sensitief vir uitermate koue en wanneer melkaantekeninge tydens so n uiterste van klimaat gedoen word, sal die kudde laer as hul normale waarde toets. Die variasie in proteïen % is n belangrike aanduiding van die balans in voedingsenergie. Onvoldoende stysel as komponent van die rantsoen word deur n lae proteïen % weerspieël. Lae proteïen % tot en met mid-laktasie kan op n lae kondisietelling met kalwing dui. Koeie in laat-laktasie met hoë proteïen % loop gevaar van vetterige lewer sindroom en die daarmee gepaardgaande probleme met die aanvang van die volgende laktasie. Proteïen % en MUN ontledings moet altyd saam beoordeel word. Waneer daar baie diere is wat onder 70 DIM onder die regressie lyn lê is dit n aanduiding daarvan dat die rumen se mikroorganismes nie aangepas is aan die kragvoer wat aangebied word nie. Hierdie diere is dan in n negatiewe energie balans, wat kan lei tot besettingsprobleme. Waneer daar te veel variasie (afstand vanaf die regressie lyn) is vir n sekere DIM tydperk dien dit as aanduiding dat daar te min vreetspasie is of dat daar dominante koeie is wat die ander koeie wegjaag vanaf die voerbakke.
Melkaantekeninge parameters: KUDDE LAKTOSE Laktose is uniek tot die melkklier, met n normale vaste % van 5% of net minder. Hierdie % verlaag in die laaste derde van die laktasie, gevolglik sluit ons hierdie periode uit. n Grensvlak van 4.6% word reeds aanvaar vir hierdie parameter. Gedurende herfs en winter kan die bereknde % styg tot 15% in die kudde, alhoewel dit benadruk moet word dat die norm 5% is vir n kudde onder n hoë vlak van bestuur. Voor somatiese seltellings op inividuele koeie gemeet is, was laktose n konvensionele, indirekte metode om mastitis in kuddes op te spoor. Wanneer hierdie inligting oorweeg word, moet in gedagte gehou word dat die vlak van mastitis in die die betrokke kudde vir hierdie % diere met lae laktose verantwoordelik wees. Die stres waaraan melkkoeie tydens laktasie blootgestel word, het baie fasette. Gelukkig is meeste van hulle in staat om hiervoor te kompenseer en tog produktief te wees. n Hoë premie word in die dinamiese interaksie binne die koeie geplaas op glukose, n voorloper in die sintese van laktose. Lae laktose is n simptoom van stres bo en behalwe die normale en is n refleksie van die gesondheid en welsyn van die individuele koeie. Die melk vanaf n koei wat onder stres verkeer, sal n lae laktose ontleding hê. Die voordeel van laktose as n sensitiewe parameter is dat dit konstant is Wanneer daar baie diere is wat vroeg in laktasie lae laktose het kan dit n aanduiding wees daarvan dat
o o Die rumen nie aangepas is nie. Die droe koei behandeling nie voldoende is nie Melk ureum stikstof: KUDDE MUN Ureum Stikstof is nie n vreemde bestanddeel van melk nie. Dit verteenwoordig deel van die normale stikstof komponent in melkproteïene. Die volgende bespreking sal help om die hele proses te verduidelik. Die voer wat die koei inneem bestaan hoofsaaklik uit- Eerstens die ENERGIE gedeelte (hoofsaaklik Mieliemeel, ook goeie ruvoer) Tweedens PROTEÏEN. Hoëgraadse proteïene soos vismeel, maar ook effens laer proteïene soos gevind in kwaliteit lusern- of bonehooi, asook Nie-Proteïen-Stikstof komponente in die voer. Laasgenoemde word interessant genoeg ook kunsmatig voorsien deur die baie klein hoeveelheid voer-ureum wat soms in rantsoen ingesluit word. n Kleiner komponent van MINERALE, VITAMIENE, VETTE ENS n Gedeelte van die proteïene (meestal die hoëgraadse deel) glip deur die grootpens (verbyvloeiproteïen) en word as normale proteïene in die dunderm verteer. Meeste proteïene word egter in die grootpens afgebreek na ammoniak (NH ). Die groot aantal mikrobes in die grootpens teer op die ammoniak en verwerk hulself tot Mikrobiese Proteïene, wat ook soos die kwaliteitproteïene verder in die dunderm verteer word. Onthou hierdie proses benodig en gebruik heelwat Energie om te kan plaasvind. Ammoniak wat nie gebruik word om Mikrobiese Proteïene te vorm nie, hoop nou op en spoel deur in die bloedstroom. Ammoniak as sulks is uiters giftig, en word spoedig in die lewer omgesit na UREUM, wat nie giftig is nie, maar wel n afvalproduk van spysvertering is. Terwyl dit nog in die bloed is, en later in die bloed van die melkare, diffundeer dit in die uier deur na die melk, en Bloedureum is min of meer gelyk met Melkureum. Laasgenoemde is wat deur ons gemeet word. Uiteindelik raak die liggaam ontslae van die afvalproduk UREUM deur dit in die niere saam met die uriene uit te skei, of dit gaan saam met die melk uit. Die eindprodukte van vertering is dus uiteindelik hoëkwaliteit PROTEïENE, (natuurlik en mikrobies) wat as boustene vir die liggaam dien ten opsigte van groei, instandhouding, produksie en reproduksie, asook die benodigde ENERGIE om al hierdie prosesse te dryf. Uit voorafgaande vereenvoudigde beskrywing van metabolisme of spysvertering, kan nou twee baie belangrike gevolgtrekkings gemaak word: Indien n koei te veel Stikstof (dws proteïene) gevoer word, en die grootpensmikrobes dit nie alles na mikrobiese proteïene omsit nie, gaan die oortollige Ammoniak ophoop, in die bloedstroom oorspoel, na UREUM in die lewer omgesit word, in die melk beland, (waar ons dit maklik kan meet) en uiteindelik in die uriene en melk uitgeskei word. Al is daar genoeg proteïene, maar daar is ONVOLDOENDE ENERGIE in die rantsoen, gaan die mikrobes nie genoeg brandstof hê om hulle taak te verrig nie, en weereens, soos in die bogenoemde geval gaan die ammoniak ophoop, omgesit word na die afvalproduk UREUM ens ens. Weereens gaan ons hoë lesings van UREUM in die melk kry. Onthou dat omgewingsstres soos baie koue winternagte, of bloedige warm somerdae, trouens stres van enige aard, ook ENERGIE gaan vereis om die dier se liggaam in stand te hou. Dus is daar weer minder energie vir die metaboliese prosesse, produksie (melk) en reproduksie beskikbaar. Dit is wanneer ons begin sukkel om n koei weer beset te kry en sy ook meer vatbaar raak vir siektes ens. Alhoewel melkureumstikstof waardes n sensitiewe maatstaf is, moet versigtigheid aan die dag gelê word met vertolking daarvan. MOET NOOIT NA N ENKELE KOEI SE WAARDES ALLEEN KYK NIE. Daar is net te veel faktore wat n invloed mag uitoefen. Selekteer ten minste agt of verkieslik meer koeie uit n spesifieke voedingsgroep, kyk dat hulle gesond en vry van stres is, en verder so prakties vergelykbaar as moontlik. Moet byvoorbeeld nie eerste laktasieverse en volproduserende koeie in een groep plaas nie. Bereken dan die gemiddelde Melk Ureum Stikstofwaarde deur elek individuele koei in n sekere voedingsgroep se syfers bymekaar te tel en dan deur die aantal koeie te deel om sodoende die gemiddelde M.U.N waarde van die groep te kry.
Die vraag is nou egter, waar behoort die waarde te wees, en wat kan ons daarvanaflei? Twee baie belangrike punte moet hier genoem word: Raadpleeg u dierevoedingskundige. Hy sal op hoogte wees van hierdie nuwe en moderne hulpmiddel om rantsoene te fynstel. Gebruik melk UREUMWAARDES saam met die gemiddelde MELKPROTEïENEWAARDES om sinvolle verband te verkry soos in die boonste Tabel op die volgende bladsy aangetoon. Kyk ook na die histogram van u eie kudde soos in die voorbeeld vertoon. KUDDE MUN In pas met onlangse ontwikkelinge in die buiteland, is belê in addisionele instrumentasie ten einde te verseker dat hierdie parameter met groter akkuraatheid ontleed sal word. Dit behoort die vertroue in hierdie waarde, as n maatstaf van die balans tussen energie en proteïenvoorsiening, te versterk. Die koëffisiënt van variasie vir MUN is van so n aard dat die evaluasie op n groepbasis moet toegepas word en nie op n individuele dier basis nie. MUN = Melk Ureum Stikstof = stikstofkomponent van melkureum. Die eerste grafiek is n frekwensie histogram met indelings van 5-25 MUN mg/dl eenhede op die X-as. Die teiken area vir optimale resultate (12-18 mg/dl) is ook op hierdie as aangedui. Deur melkureum bepaling te doen word verseker dat die proteien- en energie inhoud van rantsoene gebalanseerd is. Die proteien- en energie inhoud van rantsoene is gewoontlik gebalanseerd in die winter. In die somer gebruik die koei baie energie om haar liggaamstemperatuur te reguleer en dit lei tot n energie tekort waar daar nie energie aanvullings gedoen word nie. n Verdere rede vir n proteien- energie wanabalans is waneer die energie bron in die rantsoen verander word (bv van mielies na chop). Die beskikbaarhied van energie verskil gewoonlik tussen die twee bronne en daar word nie voorsiening gemaak vir die gevolglike energie tekort, deur middel van ekstra aanvulling nie.
Die volgende grafiek in die verlag verskil in die sin dat MUN indelings op die Y-as aangedui word, terwyl die X-as Dae in Melk verteenwoordig. Die teiken area is aangedui tussen die twee horisontale stippellyne.
Dit is reeds deeglik bewys dat hoë MUN vlakke nadelige effek op kuddevrugbaarheid het, deurdat dit die baarmoeder omgewing se ph verander. o Dit lei daartoe dat n bevrugte eirsel, of embrio, nie kan vasheg aan die baarmoeder wand nie en resorbsie vind plaas. o Daar word dikwels gesien in kuddes wat hoë MUN waardes het, dat die koeie 21 dae nadat sy op geinsemineer was, weer op hitte kom. Dit is as gevolg van hierdie verskynsel. Suksesvolle paring is uiters belangrik in die eerste helfte van die laktasie (1-150 dae). Die blok links bo in die tweede grafiek is n aanduiding vir kuddes of groepe wat hierdie risiko loop. Indien ontleding ver buite die doelwitareas val kan dit n groot invloed op die winsgewendheid van melkproduksie. Die beste resultate kan deur spanwerk verkry word deur bogenoemde ontledings met u veearts en/of voedingskundige te bespreek. In die opsommingstabel word die gemiddelde vir elke groep aangedui. Indien die ontleding vir n kudde of groep minder as 12mg/dl is, mag dit dui op n ondervoorsiening van proteïen in die rantsoen. Die kwaliteit van proteïen mag ook verdag wees. Maatreëls om die probleem te korrigeer kan dan getref word. Indien die ontleding heelwat bo 18mg/dl vir die groep of kudde is, kan dit op verskeie probleme dui. Moontlikhede is n oormaat van ru-proteïen, wanbalans in die proteïen kwaliteit, ondervoorsiening van maklik verteerbare energie of n kombinasie van bogenoemde. MUN kan seisonaal bestuur word Die volgend egrafiek dui die MUN waardes oor die laaste paar toetse aan. Ons wil graag sien dat die MUN konstant bly oor seisoene.
WINS - MELK UREUM BEPALING Deur melkureumbepaling te doen word verseker dat die proteïen- en energie inhoud van rantsoene gebalanseerd is. n Wanbalans veroorsaak geldelike verliese en kan ook fisiologies nadelig vir diere wees. MUN-waardes word saam met die melkproteïen persentasies interpreteer sodat die regte besluite geneem kan word. Uiergesondheid Die SST van eerste laktasie diere moet almal onder 200 000 wees. Daar moet geen mastis wees in die eerste laktasie koeie nie want daar was nog nie tyd vir kruis kontaminasie nie.
Die bostaande grafiek dui net die diere aan wat n SST het van minder as 250 000. o Die ideaal dat 80% van die kudde <250 000 is o 80% van hierdie diere moet onder 100 000 wees.
23 % GRAFIEK 12% van hierdie kudde het n SST van 100 000. Hierdie is n tipese voorbeeld waar die problem le by die melkprosedure of by die melkmasjien. o Outomatiese kloustuk verwyderaars: Moet noukeurig gestel word 47 % GRAFIEK Werkers moet steeds dophou waneer melkvloei afneem Pype van die verwyderaars moet lank genoeg wees sodat die voorspene nie toegebuig word as hulle na agter getrek word nie. Die melkvoei van die agterspene is dan vinniger as die van die voorspene en dit lei daardoe dat die agterspene oormelk word. Slegs 25% van die diere het n SST onder 100 000. Dit is n aanduiding daarvan dat daar n problem is met die melkmasjien. o Maak seker dat die pulsasie reg is o Maak seker dat die vakuum nie te hoog gestel is nie.
o Vervang die kloustuk liner op n tydige basis. Uiergesondheid: SST GEMEETE VOORUITGANG Die blou en pers kolomme moet saam 80% wees. Waneer die totale area van die blou en pers kolomme te klein is, is die SST hoog o Kan wees as gevolg van rantsoen problem o Stresfaktore SCORE/ DAYS OPEN
n Tellig word toegeken aan interkalf periode en dae in melk Let daarop dat daar n 51 dae interval vir days open score 1 en dan n 20 dae intercal vir telling 2 tot 10 is. Die ideaal is dat meeste koeie in die kudde n telling het van tussen 3 en 6. Vir enige navrae oor Melkaantekenige of die bestuursverslag kan u gerus die konsultant in u area kontak. Taurus koöperasie: Bestuurder Dienste: Schalk Greyling 082 807 1538 W.Kaap Konsultant : Charlene Bailey 082 807 1538 O Kaap Konsultant ; Dale Borthwick 082 578 6547 Gauteng : Thalia Stavrinos 079 510 7420 Vrystaat: Hanita Labuschagne 082 807 1554 Kwazulu Natal: Shannon Pickering 082 807 1434 Inligting verskaf deur: Thalia Stavrinos, Melkaantekening konsultant, Taurus/Mbisi) (mbisi@taurus.co.za) 6 Januarie 2010